settings icon
share icon

Die boek 1 Konings

Skrywer: 1 Konings noem nie ‘n spesifieke skrywer nie. By oorlewering is dit deur die profeet Jeremia geskryf.

Datum van Skrywe: Die boek 1 Konings is blykbaar tussen 560 en 540 v C geskryf.

Doel van Skrywe: Hierdie boek is die vervolg op 1 en 2 Samuel en begin deur Salomo se styging tot koningskap, na die dood van Dawid, na te spoor. Die verhaal begin met ‘n verenigde koninkryk, maar eindig in verdeelde volk, in 2 koninkryke, naamlik Juda en Israel. 1 en 2 Konings is saamgevat in een boek in die Hebreeuse Bybel.

Sleutelverse:
1 Kon 1:30, “soos ek vir jou met ‘n eed voor die Here die God van Israel bevestig het dat jou seun Salomo ná my koning sal word en dat hy in my plek op die troon sal sit, so doen ek dit nou weer.”

1 Konings 9:3, “en vir hom gesê: ‘Ek het jou gebed en jou smeking wat jy tot my gerig het, verhoor. Ek heilig hierdie tempel wat jy gebou het, sodat my Naam altyd daar sal wees. Ek sal altyd daarvoor sorg en daaraan dink.’”

1 Kon 12:16, “Toe die Israeliete hoor dat die koning nie aan hulle versoek voldoen het nie, het hulle vir hom gesê: ‘Dawid is nie deel van ons nie; ons het niks aan Isai se seun nie! Elkeen terug na sy woonplek toe, Israel! Kyk nou maar na jou eie huis, Dawid!’”

1 Kon 12:28, “Koning Jerobeam het toe met sy raadgewers oorleg gepleeg en twee goue kalwerbeelde laat maak. Toe sê hy: ‘Julle het lank genoeg Jerusalem toe gegaan, Israel; hier is nou die beelde van julle God wat julle uit Egipte laat wegtrek het.’”

1 Kon 17:1, “Elia die Tisbiet was ‘n bywoner uit Gilead. Hy het vir Agab gesê: ‘So seker as die Here leef, die God van Israel in wie se diens ek staan, daar sal die volgende paar jaar geen dou of reën val nie, behalwe as ek so sê.’”

Kort Samevatting: 1 Konings begin met Salomo en eindig met Elia. Die verskil tussen die twee gee jou ‘n idee van wat tussenin gebeur. Salomo is gebore na ‘n paleisskandaal tussen Dawid en Batseba. Soos sy vader het hy ‘n swakheid vir vroue gehad, wat sy ondergang sou beteken. Salomo het aanvanklik goed gedoen deur vir wysheid te bid en ‘n tempel vir God te bou, wat sewe jaar geduur het. Daarna het hy 13 jaar gebruik om ‘n paleis vir homself te bou. Sy drang na baie vrouens het daartoe gelei dat hy hulle afgode aanbid en God versaak het. Na Salomo se dood, is Israel deur ‘n reeks konings regeer, waarvan die meeste boos en afgodsdienaars was. Hierdie het ook weer die volk van God vervreem en selfs Elia kon hulle nie terugbring nie. Van die sondigste konings was Agab en sy koningin Isebel, wat Israel verlei het met die aanbidding van Baäl. Elia het probeer om die Israeliete terug te bring na die aanbidding van Jehova. Hy het selfs die afgodspriesters van Baäl uitgedaag op die berg Karmel met sy God. Vanselfsprekend het God gewen. Dit het Isebel baie kwaad gemaak en sy wou Elia laat doodmaak, sodat hy moes wegkruip in die woestyn. Hy was mismoedig en uitgeput en het gesê: “Neem my lewe.” God het egter kos en bemoediging gestuur en met hom gepraat in ‘n fluistering. Sodoende is sy lewe gered vir verdere diens.

Voorspellings: Die Tempel in Jerusalem, waar God se Gees gewoon het in die Allerheiligste, is ‘n voorspelling van gelowiges in Christus, in wie die Heilige Gees inwoon, vanaf die oomblik van redding. Soos die Israeliete die afgodsdiens moes verwerp, so moet ons enigiets wat ons van God skei, verwerp. Ons is Sy mense, die tempel van die lewende God. 2 Kor 6:16 sê, “Hoe kan ‘n ooreenkoms tot stand kom tussen die tempel van God en afgode? Ons is immers die tempel van die lewende God. Dit is soos God gesê het: ‘Ek sal onder hulle woon en wandel, en Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees.’”

Elia, die profeet, was die voorloper van Christus en die apostels van die Nuwe Testament. God het vir Elia daartoe in staat gestel om wonderwerke te doen en sodoende te bewys dat hy waarlik ‘n man van God was. Hy het die seun van die weduwee van Sarfat uit die dood laat opstaan en dit het veroorsaak dat sy uitgeroep het, “Nou weet ek dat u ‘n man van God is en dat wat die Here deur u sê, die waarheid is.” Op dieselfde wyse het manne van God in die Nuwe Testament, wat deur Sy woorde en Sy krag gehandel het, bewys gelewer. Nie alleen het Jesus vir Lasarus uit die dood laat opstaan nie, maar ook die seun van die weduwee van Nain (Lukas 7:14-15) en die dogter van Jaïrus (Lukas 8:52-56). Die apostel Petrus het vir Dorkas opgewek (Hand 9:40) en Paulus vir Eutigus (Hand 20:9-12).

Praktiese Toepassing: Die boek 1 Konings het baie lesse vir gelowiges. Ons word gewaarsku oor die maatskappy wat ons besit en veral met betrekking tot nabye vennote en die huwelik. Die koning van Israel, soos Salomo, het buitelandse vrouens getrou en hulself en die mense oor wie hulle regeer het, blootgestel aan booshede. As gelowiges in Christus, moet ons baie versigtig wees wie ons as vriende kies, sowel as besigheidsvennote en lewensmaats. “Moet julle nie langer laat mislei nie: ‘Slegte geselskap bederf goeie sedes’” (1 Kor 15:33).

Elia se belewenis in die woestyn leer ook vir ons ‘n waardevolle les. Na sy ongelooflike oorwinning oor die 450 Baälprofete op die Karmelberg, het sy vreugde in rou verander toe Isebel hom agtervolg en hy vir sy lewe moes vlug. Sulke “bergtop”-ondervindings word dikwels gevolg deur ‘n laagtepunt en depressie en teleurstelling kan volg. Ons moet op ons hoede wees vir hierdie tipe van gebeure in die Christelike lewe. Ons God is egter getrou en sal ons nooit verlaat nie. Die sagte fluistering in die windstilte wat vir Elia bemoedig het, sal ons ook bemoedig.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Die boek 1 Konings
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries