Wat is Boeddhisme en wat glo Boeddhiste?



Vraag: "Wat is Boeddhisme en wat glo Boeddhiste?"

Antwoord:
Boeddhisme is een van die wêreld se vernaamste godsdienste in terme van aanhangers, geografiese verspreiding en sosio-kulturele invloed. Alhoewel dit hoofsaaklik ‘n Oosterse godsdiens is, raak dit aansienlik populêr en het groot invloed op die Westerse wêreld. Dit is ‘n unieke wêreldgodsdiens in eie reg, tog het dit baie in gemeen met Hindoeïsme, aangesien beide Karma (oorsaak en gevolg etiek), Maya (die denkbeeldige natuur van die wêreld) en Samsara ( die siklus van reïnkarnasie) as lering het. Boeddhiste glo die hoogste doel in die lewe om te bereik, is “verligting”, soos hulle dit beleef.

Siddhartha Guatama, die stigter van Boeddhisme, is as koninklike gebore in Indië om en by 600 v C. Daar word vertel dat hy luuks geleef het, met min blootstelling aan die buitewêreld. Sy ouers wou hom beskerm teen die invloed van godsdiens en pyn en lyding. Dit was egter nie lank voordat sy skuiling binnegedring is en hy visioene van ‘n ou man, ‘n siek man en ‘n dooie liggaam gehad het nie. Sy vierde visioen was van ‘n vreedsame asketiese monnik ( een wat gerief en luuksheid ontken het). So besluit hy toe om self ‘n askeet te raak. Hy het sy welgestelde lewe van oorvloed vaarwel toegeroep en verligting nagejaag, deur nougeset te leef. Hy was opgelei in hierdie soort van selfkastyding en intense meditasie. Hy was ‘n leier onder sy vriende. Uiteindelik het sy pogings ‘n toppunt bereik, as gevolg van een finale gebaar. Hy het homself oorgegee aan ‘n bak rys en onder ‘n vyeboom (ook bekend as Bodhi-boom) gaan sit, totdat hy verligting ontvang het of tot die dood toe probeer het. Ten spyte van sy afmatting en versoekings het hy die volgende oggend verligting bereik. Toe het hy bekend geraak as die “verligte een” of die “Buddha”. Deur middel van sy nuwe besef het hy sy mede-monnike begin leer, aangesien hy reeds groot invloed gewen het. Vyf van sy vriende het sy eerste dissipels geraak.

Wat het Gautama ontdek? Verligting is die middeweg, nie die luukse inskiklikheid of selfkastyding nie. Hy het ook die “Four Noble Truths” ontdek: om te lewe, is om te ly (Dukha), lyding word deur begeerte veroorsaak (Tanha of “band”), ‘n mens kan lyding vermy deur alle bande uit te skakel en dit word bereik deur die “noble eightfold path” te volg. Hierdie “pad” bestaan uit die volgende: uitkyk, intensie, redevoering, handeling, lewensonderhoud (om ‘n monnik te wees), poging (om jou energie behoorlik in te span), gedagtegang (meditasie) en die agste een is konsentrasie (fokus). Die Buddha-leerstellings is saamgevat in die Tripitaka of “drie mandjies”.

Agter hierdie onderskeie leringe is daar ook leringe wat algemeen in Hindoeïsme voorkom, soos reïnkarnasie, Karma, Maya en ‘n tendens om realiteit te verstaan as panteïsties van oorsprong. Boeddhisme bied ook ‘n noukeurige teologie van gode en verhewe wesens. Soos Hindoeïsme kan Boeddhisme moeilik gekoppel word aan die siening dat God bestaan. Sommige strominge van Boeddhisme kan wettiglik gesien word as ateïsties, terwyl ander panteïsties genoem kan word en nog ander teïsties, soos “Pure Land Buddhism”. Klassieke Boeddhisme is gewoonlik stil oor die realiteit van ‘n opperste wese en word dus beskou as ateïsties.

Boeddhisme is vandag redelik uiteenlopend. Dit kan rofweg in twee breë kategorieë van Theravada (klein houer) en Mahayana (groot houer) verdeel word. Theravada is die monnikvorm en dit bevat uiterste verligting en Nirvana vir monnike, terwyl Mahayana as vorm van Boeddhisme brei hierdie doelwit van verligting ook na nie-monnike toe uit. Binne hierdie kategorieë word verskeie take gevestig: Tendai, Vajrayana, Nichiren, Shingon, Pure Land, Zen en Ryobu onder andere. Dit is dus belangrik vir buitestaanders wat Boeddhisme wil verstaan om nie te veronderstel dat hulle al die besonderhede van ‘n spesifieke Boeddhistiese skool ken, wanneer hulle net van die klassieke, historiese Boeddhisme geleer het nie.

Die Boeddha ag homself nooit as ‘n god of enige ander tipe goddelike wese nie. Hy sien homself eerder as ‘n “weg-aanwyser” vir ander. Eers na sy dood is hy tot god-status deur sommige van sy volgelinge verhef, alhoewel nie alle volgelinge hom so gesien het nie. Die Christendom egter stel dit baie duidelik in die Bybel dat Jesus die Seun van God was (Matt 3:17, “Daar was ook ‘n stem uit die hemel wat gesê het: “Dit is my geliefde Seun. Oor Hom verheug Ek My.”) en dat Hy en God een is (Joh 10:30, “Ek en die Vader is een.”) ‘n Mens kan nie homself of haarself wettig as ‘n Christen beskou, sonder om geloof in Jesus as God te bely nie.

Jesus het geleer dat Hy die Weg is en nie net die een wat die weg aanwys nie: Joh 14:6 bevestig dit, “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.” Teen die tyd toe Guatama dood is, het Boeddhisme ‘n belangrike invloed in Indië geraak; driehonderd jaar later het Boeddhisme die grootste deel van Asië omvat. Die geskrifte wat aan die Boeddha opgedra is, is ongeveer vierhonderd jaar na sy dood geskryf.

In Boeddhisme word sonde hoofsaaklik verstaan as onkunde. Terwyl sonde dus as “morele fout” gesien word, is die konteks waarin “sleg” en “goed” verstaan word, amoreel. Karma word verstaan as natuurlike balans en word nie persoonlik afgedwing nie. Natuur is nie moreel nie en dus is Karma nie ‘n morele kode nie en is sonde nie totaal immoreel nie. Dus kan ons sê, volgens die Boeddhistiese gedagte, dat ons fout nie ‘n morele saak is nie, aangesien dit ‘n onpersoonlike fout is, en nie ‘n interpersoonlike ontheiliging nie. Die gevolg van hierdie gedagte is vernietigend. Vir die Boeddhis is sonde meer verwant aan ‘n misstap as ‘n oortreding teenoor die heilige natuur van God. Hierdie beskouing van sonde stem nie ooreen met die aangebore morele gewete, dat die mens voor ‘n heilige God veroordeel word as gevolg van hul sonde nie (Rom 1-2).

Boeddhisme stem nie met die leerstelling van sedeloosheid en ontaarding, ‘n basiese leerstelling van Christenskap, saam nie, aangesien sonde vir hulle ‘n onpersoonlike en herstelbare fout is. Volgens die Bybel is die mens se sonde ‘n probleem van ‘n ewige en finale gevolg. In Boeddhisme bestaan daar geen nodigheid vir ‘n Verlosser om mense te red van hul vernietigende sondes nie. Vir die Christen is Jesus die enigste Redder van ewige verdoemenis. Vir die Boeddhis is daar net etiese leefwyse en om voor die verhewe wesens te mediteer, met die hoop om verligting en uiterste Nirvana te bekom. ‘n Mens moet deur ‘n hele reeks reïnkarnasies gaan om sy/haar opgehoopte Karmiese skuld af te betaal. Vir die ware navolgers van Boeddhisme, is die godsdiens een van morele en etiese filosofie, binne ‘n lewe van die aflê van die ego-self. In Boeddhisme is realiteit onpersoonlik en staan buite ‘n verhouding; dus is daar nie liefde ter sprake nie. God word nie net gesien as denkbeeldig nie, maar deur sonde op te los in nie-morele fout en deur alle materiële realiteit as Maya (illusie) te verwerp, verloor onsself ons “selwe.” Persoonlikheid raak ook ‘n illusie.

Wanneer daar gevra word wie/wat die heelal geskep het, word die Boeddha geleer om stil te bly, omdat in Boeddhisme daar geen begin of einde is nie. In plek daarvan, is daar net ‘n eindelose sirkel van geboorte en dood. ‘n Mens moet tog vra watter soort Wese het ons geskep om te lewe, so baie pyn en lyding verduur en dan weer oor en oor doodgegaan? Dit mag daartoe lei dat mens wonder, wat is die punt, waaroor gaan dit? Christene weet dat God Sy Seun gestuur het om vir ons te sterf, net een maal, sodat ons nie tot in ewigheid hoef te ly nie. Hy het Sy Seun gestuur om vir ons die kennis te gee dat ons nie alleen is nie en dat ons geliefd is. Christene weet dat daar meer in die lewe is as net lyding en sterwe, “Hierdie genade is nou aan ons geopenbaar deur die koms van ons Verlosser, Christus Jesus: Hy het die mag van die dood gebreek en deur die evangelie die onverganklike lewe aan die lig gebring” (2 Tim 1:10).

Boeddhisme leer dat Nirvana die hoogste bestaanstoestand is, ‘n suiwer toestand en dit word bekom deur die individu. Nirvana daag rasionele verduideliking en logiese uiteensetting uit en kan dus nie geleer word nie, net tot die besef gebring word. Jesus se lering oor die hemel, daarteenoor, was baie spesifiek. Hy het ons geleer dat ons fisiese liggame sterf, maar ons siele gaan woon by Hom in die hemel (Mark 12:25). Die Boeddha het die mense geleer dat hulle nie individuele siele het nie, want die individuele self of ego is ‘n illusie. Vir Boeddhiste is daar geen genadige Vader in die hemel wat Sy Seun vir ons siele, vir ons redding gestuur het, om die weg vir ons te berei, om saam met Hom in heerlikheid te woon nie. Sonder twyfel, dit is waarom Boeddhisme verwerp moet word.


Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is Boeddhisme en wat glo Boeddhiste?