settings icon
share icon
Vraag

Het God die “Big Bang” gebruik om die heelal te skep?

Antwoord


Voor die twintigste eeu, voordat die “Big Bang Teorie” ontwikkel het, het filosowe en wetenskaplikes gedebatteer of die heelal ‘n begin gehad het. Sommige het geargumenteer dat dit altyd bestaan het: dat dit “oneindig oud” was. Dit het ooreengestem met die wêreldsiening van antieke filosowe en toe hedendaagse ateïsme. Aan die ander kant was daar logiese redes om te dink dat die heelal nie “oneindig oud” kon wees nie, soos oorsaaklikheidsleer. Vir die grootste deel van die geskiedenis, was daar geen empiriese getuienis om te bewys dat die heelal ‘n objektiewe “begin” gehad het nie. Ateïsme op sigself het vasgeklou aan die idee van ‘n “oneindig oue” heelal: ‘n rede om God te verwerp as: onnodig.

Hierdie situasie het drasties verander in die eerste helfte van die twintigste eeu, toe verskeie ontdekkings gemaak is, wat gelei het na die vorming van die Oerknalteorie. Oor verskillende dekades het diegene wat die idee van ‘n ewige heelal aangehang het, baie pogings aangewend om harde bewyse weg te beredeneer, maar met geen sukses nie. Die resultaat was sekulêre wetenskap, wat enorme steun verleen het aan die skepping volgens die Bybelse weergawe.

Einstein se teorie van algemene relatiwiteit, gepubliseer in 1916, het voorgestel dat die heelal óf konstant uitgebrei het óf konstant ingekrimp het. Dus, het Einstein ‘n “kosmologiese konstante” tot sy vergelykings bygevoeg, om geen ander rede as om die moontlikheid van ‘n statiese, ewige heelal te behou nie.Einstein het later hierdie die “biggest blunder” (grootste mistasting) van sy loopbaan genoem.

Die werk van Edwin Hubble in die 1920’s het bewys dat die heelal uitgebrei het. Hierdie bevinding het Einstein se kosmologiese konstante weerlê en het nie-gelowige astrofisikusse ongelukkig gemaak. Hul ongemaklikheid was selfs erger met die bydraes van Georges Lemaître, ‘n Roomse Katolieke priester en astroloog. Hy het waargeneem dat die kombinasie van algemene relatiwiteitsteorie en Hubble se ontdekkings ‘n begin geïmpliseer het. Indien die heelal deurlopend uitbrei, dan iewers op ‘n tydstip in die verlede, sou die totale heelal in ‘n soort infinitesimale (oneindige) klein puntjie ingesluit word. Hierdie siening vorm die grondslag van die “Big Bang Teorie.”

Oor die volgende verskillende dekades, het die fisikusse geprobeer om die ewigheidsduur van die heelal te red/herwin deur alles vanuit die Milne-model (1935) voor te stel aan die ewigheidstoestand-teorie (1948). In baie gevalle, indien nie die meeste, was hierdie modelle eksplisiet voorgestel, omdat die implikasies van ‘n nie-ewige heelal “té godsdienstig” was.

Die jaar 1964 het die Nobelprys-wenner na vore gebring: die ontdekking van kosmiese mikrogolf agtergrondse radiasie – iets wat deur die vroegste Oerknal-teoretikusse in die 1940’s voorspel is. Vir alle oogmerke en bedoelings het daardie ontdekking die “begin” van die heelal ‘n onvermydelike feit van die moderne wetenskap gemaak. Die vraag was nie meer “het die heelal ‘n begin gehad nie,” maar “hoé het die heelal begin?”

Klaarblyklike bewys vir die “Big Bang,” ongeag van hoe ‘n mens dit interpreteer, is dit ‘n wonderlike voorbeeld van hoe wetenskap en teologie met mekaar kruis. Ten opsigte van objektiewe, empiriese wetenskap, alle ruimte, tyd en energie het saam ontstaan in ‘n enkele oomblik: ‘n “begin.” Voor hierdie gebeurtenis, wat dit ookal was, was daar geen tyd nie. Daar was geen ruimte nie. Toe, skielik het ‘n uitermate digte, ongelooflike warm, infinitesimal bal van iets – alles – iewers verskyn, om sekere onbekende redes en het begin om vinnig uit te brei, met ons hele heelal daar binne-in. Indien dit waar is, alles van die Oerknalteorie, mis dit die bevestiging van die siening wat vir duisende jare deur die “Judeo-Christianity” aangehang word.

Astrofisikus, dr Robert Jastrow, het dit in sy boek “God and the Astronomers” (New York: W.W. Norton, 1978, p 116) op die volgende wyse gestel: “For the scientist who has lived by his faith in the power of reason, the story ends like a bad dream. He has scaled the mountains of ignorance; he is about to conquer the highest peak; as he pulls himself over the final rock, he is greeted by a band of theologians who have been sitting there for centuries.”

Waarom? Jastrow het in ‘n onderhoud verduidelik, “Astronomers now find they have painted themselves into a corner because they have proven, by their own methods, that the world began abruptly in an act of creation to which you can trace the seeds of every star, every planet, every living thing in this cosmos and on the earth……That there are what I or anyone would call supernatural forces at work is now, I think, a scientifically proven fact” (“A Scientist Caught Between Two Faiths: Interview with Robert Jastrow, “ Christianity Today, August 6, 1982, pp 15,18).

Dit is belangrik om op te let dat, voorafgaande hierdie ontdekkings, was ongeloof in God styf vasgeknoop aan die gedagte van ‘n ewige, onveroorsaakte en nie-geskape heelal. Daarna egter het ongelowiges begin beweer dat hierdie vooruitgange in die wetenskap eintlik God se bestaan weerlê het. Wat altyd gesien is as duidelike steun ten gunste van ‘n Skepper – en teengestaan is om daardie spesifieke rede – het feitlik oornag omgedraai in die bewering dat ateïste al die tyd reg was.

Hierdie ingesteldheid het ongelukkig gelei na ‘n ooreenstemmende reaksie van die kant van die kreasionistiese gemeenskap. Soos baie astrofisikusse gevoel het dat die uitbreidingsteorie van die heelal ‘n metode was om godsdiens in wetenskap in te dwing, het baie Christene begin voel dat die Big Bang-teorie ‘n poging is om die Bybelse opgawe van die skepping te ondermyn. Ander Christene voel egter dat die Big Bang –teorie in lyn is met die Bybel en verwelkom sulke noodsaaklike getuienis vir die skepping van die heelal.

Dit is dus nou belangrik om te verstaan dat die Big Bang-teorie net ‘n teorie is. Die presiese aard of oorsaak van daardie “begin” is nie eksplisiet deur empiriese wetenskap bewys nie en dit kan ook nie.

Het God die “Big Bang” gebruik om die heelal te skep? Die gedagte op sigself dat die heelal begin ontstaan het met ‘n skielike uitbreiding vanaf ‘n oneindige klein puntjie –is verenigbaar met ‘n ortodokse siening van die skepping. Die Skrif sê slegs dat God die hemel en die aarde geskep het (Gen 1:1), deur die heelal met woorde te laat ontstaan (Ps 33:6; Heb 11:3). Kon sommige van die bewyse wat waarskynlik verwys na die Big Bang eintlik verwys na God se aanvanklike skeppingshandeling? Moontlik.

Terselfdertyd, die Oerknalteorie, soos dit in die algemeen deur die wetenskaplike gemeenskap voorgestel word, bevat ateïstiese voorveronderstellings en teenstrydighede teenoor die Bybelse skeppingsverhaal. Na aanleiding van laasgenoemde, nee, God het nie die “Big Bang” gebruik om die heelal te skep nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Het God die “Big Bang” gebruik om die heelal te skep?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries