settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor die onderwerp, om tot die dooies te bid of met hulle te praat?

Antwoord


Om tot die dooies te bid, is streng verbode in die Bybel. Deut 18 sê dat enigeen wat die dooies raadpleeg, vir die Here ‘n afsku is. Die storie van Saul wat ‘n medium raadpleeg om die gees van die dooie Samuel op te roep, het tot sy dood gelei, want hy het nie die bevel van die Here gehoorsaam nie “en ook deurdat hy raad gevra het by ‘n gees in plaas van die Here te raadpleeg” (1 Sam 28:1-25; 1 Kron 10:13-14). God het duidelik verklaar dat sulke dinge nie gedoen mag word nie.

Let op die karaktertrekke van God. God is alomteenwoordig – oral terselfdertyd – en Hy is by magte om elke gebed oor die wêreld te hoor (Ps 139:7-12). ‘n Menslike wese, aan die ander kant, besit nie hierdie eienskap nie. God is ook die enigste Een met die mag om gebed te verhoor. God is almagtig – alle mag en krag (Openbaring 19:6). Dit is sekerlik ‘n eienskap wat ‘n menslike wese - dood of lewend – nie het nie. Laastens, God is alwetend – Hy weet alles (Ps 147:4-5). Selfs voordat ons bid, weet God ons werklike behoeftes en ken hulle beter as ons. Hy weet nie slegs ons behoeftes nie, maar Hy antwoord ons gebede volgens Sy perfekte wil.

Dus, vir ‘n dooie persoon om gebede te ontvang, moet die dooie individu die gebed hoor, die mag hê om dit te antwoord en weet hoe om dit te antwoord, op ‘n manier wat die beste is vir die individu wat bid. Net God hoor en antwoord gebed, as gevolg van Sy volmaakte wese en as gevolg van wat sommige teoloë “immanensie” noem. Dit is ‘n kwaliteit van God wat veroorsaak dat Hy direk betrokke is by menslike dinge (1 Tim 6:14-15); dit sluit gebedsverhoring in.

Selfs na ‘n persoon se sterfte, is God steeds betrokke by daardie persoon en sy bestemming. Heb 9:27 sê: “’n Mens is bestem om net een maal te sterf, en daarna kom die oordeel.” Indien iemand in Christus sterf, gaan hy hemel toe om by die Here te wees (2 Kor 5:1-9, veral vers 8); as iemand in sy sonde sterf, gaan hy hel toe en uiteindelik sal elkeen in die hel, in die vuurpoel gegooi word (Openbaring 20:15-15).

God het Sy Seun, Jesus Christus gestuur, om tussen die mens en God op te tree as bemiddelaar (1 Tim 2:5). Met Jesus Christus as ons bemiddelaar, kan ons deur Jesus na God gaan. Hoekom sal ons deur ‘n sondige, dooie individu wil gaan, en deur dit te doen, die wraak van God as risiko hê?

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor die onderwerp, om tot die dooies te bid of met hulle te praat?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries