settings icon
share icon
Vraag

Wat beteken dit om sonder ophou te bid?

Antwoord


Paulus se opdrag in 1 Tess 5:17 “Bid sonder ophou” kan verwarrend wees. Dit kan tog nie beteken dat ons die hele dag in ‘n geboë, biddende posisie moet wees nie. Paulus verwys nie na aanhoudende gepraat nie, maar eerder ‘n houding van bewus wees van God en oorgee aan God en waar ons Hom die hele tyd ervaar. Elke oomblik moet geleef word in die bewustheid dat God met ons is en dat Hy aktief betrokke en besig is in ons gedagtes en handelinge.

Wanneer ons gedagtes omsit in bekommernis, vrees, teleurstelling en woede, dan moet ons bewustelik en vinnig elke gedagte in gebed oorgee en elke gebed in danksegging. In hierdie brief aan die Filippyne, gee Paulus ons opdrag om op te hou om angstig te raak en liewer “in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend” te maak (Fil 4:6). Hy het die gelowiges in Kolossense aangemoedig om hulself oor te gee en te” volhard in gebed! Wees daarby waaksaam en dankbaar” (Kol 4:2). Paulus het die gelowiges in Efese gemaan om gebed as ‘n wapen te sien en daardeur geestelike oorlog te voer (Ef 6:18). Soos ons deur die dag gaan, moet gebed ons eerste reaksie wees in elke vreesagtige situasie, elke angstige gedagte en elke ongewenste taak wat van God af kom. ‘n Gebrek aan gebed maak dat ons op onsself staatmaak, in plaas van op God se genade. Aanhoudende gebed is belangrik, want dit lei tot gedurige afhanklikheid van God en gemeenskap met die Vader.

Gebed moet vir Christene soos asemhaal wees. Jy hoef nie te dink om asem te haal nie, aangesien die atmosfeer drukking op die longe plaas en jou hoofsaaklik vors om asem te haal. Daarom is dit moeiliker om jou asem in te hou, as om asem te haal. Dieselfde gebeur wanneer ons in God se familie ingebore is: ons gaan in ‘n geestelike atmosfeer waar God se teenwoordigheid en genade druk uitoefen of ons lewens beïnvloed. Gebed is die normale reaksie op daardie druk. As gelowiges is ons almal omring deur die goddelike atmosfeer, waar ons die lug van gebed inasem.

Ongelukkig is dit so, dat baie gelowiges hulle “geestelike asem” vir lang periodes inhou en sodoende dink dat kort tydjies saam met God voldoende is om te oorleef. Sulke inperkings van geestelike inname word veroorsaak deur sondige begeertes. Die feit van die saak is dat elke gelowige voortdurend in God se teenwoordigheid moet wees om aanhoudend Sy waarhede in te asem en dus ten volle kan funksioneer.

Dit is makliker vir Christene om veilig te voel, deur te vermoed dat hul onder God se genade staan, in plaas daarvan om afhanklik te wees van Sy genade. Te veel Christene is tevrede met fisiese seëninge en het min begeerte vir die geestelike. Wanneer programme, metodes en geld goeie resultate lewer, is daar ‘n neiging om menslike sukses met goddelike seën te verwar. As dit gebeur, is daar ‘n tekort aan vurige verlange na God en die begeerte vir Sy hulp. Aanhoudende, vasberade, onafgebroke gebed is ‘n belangrike deel van die Christelike lewe en vloei voort vanuit nederigheid en afhanklikheid van God. English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat beteken dit om sonder ophou te bid?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries