settings icon
share icon
Vraag

Is dit verkeerd om te wil sterf?

Antwoord


Baie mense wat ly aan terminale siektes, pynlike toestande of intense terneergedruktheid of emosionele pyn het gwonder of ons vir God kan vra om ons lewens te neem. Is dit ‘n vorm van selfmoord? Sal God ons hemel toe vat as ons vra om te sterf? Die vraag wat altyd opkom, is of so ‘n gebed sonde is.

Om te begeer om te ontsnap van lyding, emosioneel of fisies, is ‘n baie menslike toestand. Selfs die Here Jesus Christus het gebid, “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verbygaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil” (Matt 26:39). Hierdie was die menslikheid van Jesus wat gepraat het. Jesus het geweet wat vir Hom voorgelê het by die kruis, maar let op dat Hy Homself aan God se wil onderwerp het. In alle dinge het Jesus Homself aan die wil van die Vader onderwerp (Joh 5:30). In die Tuin het Jesus gestaaf dat daar tye is waar dit nodig is om te ly en Hy het gewilliglik gely, omdat dit Sy Vader se wil was.

As gelowiges moet ons altyd bid, “Laat u wil geskied.” Niemand van ons sal sterf, voordat dit ons tyd is nie. Dawid het die waarheid gestaaf dat al ons dae deur God beplan word en niks sal dit verkort buite God se wil nie: “al my lewensdae was in U boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is” (Ps 139:16). Eerder om te bid om dood te gaan, is dit beter om te bid vir God se krag en genade om vas te staan, in elke vorm van lyding wat ons ervaar en op God te vertrou om die tyd en die besonderhede van ons sterwe te bepaal.

Lyding is erg en soms is die moeilikste deel daarvan om te verstaan waarom. Lyding is nederigheid en ons hou nie daarvan om nederig of swak of afhanklik te wees nie. As ons egter vra, “Hoekom ek, Here?” dan mag die antwoord net wees “Hoekom nie jy nie?” As wedergebore kinders op hierdie aarde ly, het God ‘n doel met daardie lyding. Sy planne en doelwitte is volmaak en heilig, soos Hy ook volmaak en heilig is. Die Psalmis sê, “Wat God doen, is volmaak” (Ps 18:31). Indien God se weë volmaak is, dan kan ons vertrou op wat Hy doen – en wat Hy ookal toelaat – is ook volmaak. Dit mag dalk nie vir ons moontlik lyk nie, maar ons gedagtes is nie God se gedagtes nie, soos Hy ons in Jes 55:8-9 herinner.

Die apostel Paulus het gely as gevolg van ‘n “doring in sy vlees” – ‘n kwelling wat nie in die Bybel verduidelik word nie – en drie keer het hy tot die Here gebid om daardie “doring” te verwyder, maar God wat Paulus se lyding binne ‘n oomblik kon wegneem, het gekies om dit nie te doen nie. Hy het vir Paulus herinner dat dit hom moes beskerm teen verwaandheid , “vanweë die verhewenheid van die openbarings” wat aan hom gegee is. God het egter nie vir Paulus kragteloos gelaat om alleen te ly nie. God het hom verseker dat die genade wat Hy gegee het, “genoeg” is en dat God verheerlik sou word deurdat Paulus op Hom vertrou het vir krag. Paulus se optrede teenoor hierdie waarhede was om bly te wees oor sy swakheid en lydings, want daardeur is God verheerlik, met die wonderwerke waar Sy almag en krag vertoon is (2 Kor 12 :7-10). Dus, eerder om te vlug van lyding, van enige aard, deur die dood, moet ons van God afhanklik bly en in Hom rus vind. Sy doel in lyding sal altyd eer aan Hom bring en oorvloei vir ons tot seën.

Wanneer ons onder die intense druk van lyding is, voel ons soms dat ons nie meer langer kan aangaan nie. God herinner ons egter dat daar geen lyding of beproewing op ‘n gelowige sal kom wat iemand vóór ons nie al deurgemaak het nie. Ander gelowiges het pyn gely wat nie deur moderne medikasie verligting kon ontvang nie. Ander gelowiges het gely deur vervolging en afgryslike sterftes in die hande van haters van God. Ander gelowiges was alleen en uitgewerp; sommige was in gevangenskap as gevolg van hul getuienis. Dus is ons definitief nie alleen nie. God is egter altyd getrou en Hy sal nie toelaat dat ons ly of getoets word bokant ons vermoë nie en sal ook ‘n uitkoms gee, sodat ons dit kan verduur (1 Kor 10:13).

Ten slotte, om die vraag te beantwoord of dit werklik sonde is om te bid om te sterf, “enigiets wat ‘n mens nie uit geloofsoortuiging doen nie, is sonde” (Rom 14:23). Met ander woorde, indien ons binneste sê dat dit sonde is, dan is dit vir ons sonde. Daar is ook die Skrif wat sê, “As iemand weet wat die regte ding is om te doen en hy doen dit nie, is dit sonde” (Jak 4:17). Daar is slegs een sonde wat ons uit die hemel hou en dit is die sonde van verwerping van die Here Jesus Christus as ons Verlosser. Om egter tot God te bid om te sterf, kan sonde wees, omdat deur dit te doen, ‘n aanduiding is van ‘n gebrek aan geloof. ‘n Beter gebed sou wees, “God, U het beloof om my deur enige beproewing te dra. Ek smeek U om my lyding te versag of ‘n weg te voorsien om daaruit te ontsnap. Maar in alle dinge egter, nie my wil nie, maar laat U wil geskied. Amen.”

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is dit verkeerd om te wil sterf?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries