settings icon
share icon
Vraag

Wat beteken dit om in die Gees te bid?

Antwoord


Om in die Gees te bid, word drie maal in die Skrif genoem. 1 Kor 14:15 stel dit so, “Hoe moet dit dan wees? So dat ek met die gees moet bid, maar ook met die verstand. Ek moet met die gees die lof van die Here sing, maar ook met die verstand.” Ef 6:18, “ Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.” Judas vers 20, “Julle, geliefdes, moet egter voortgaan om julle lewe te bou op julle allerheiligste geloof. Bid altyd deur die krag van die Heilige Gees.” Wat presies beteken dit dus om in die Gees te bid?

Die Grieks word vertaal as “bid in” en kan verskeie betekenisse hê: “deur middel van” of “met behulp van” of “in die omgewing van” en “in verbinding met”. Om in die Gees te bid, verwys nie na die woorde wat ons sê nie. Dit verwys eerder na hoe ons bid. Om in die Gees te bid, beteken dat die Gees jou lei in jou gebed. Ons bid vir dinge waarvoor die Gees ons lei om te bid. Rom 8:26, “Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie”.

Gebaseer op 1 Kor 14:15, vergelyk sommige bid in die Gees, met spreek in tale. Waar Paulus die gawe van “spreek in tale”bespreek, praat hy van “dan bid my gees”. 1 Kor 14:14 sê dat wanneer ‘n persoon in tale spreek, hy nie weet wat hy sê nie, aangesien dit in ‘n onbekende taal gespraat word. Verder weet niemand anders wat gesê is nie, tensy daar ‘n interpreteerder is (1 Kor 14:27-28). In Ef 6:18 beveel Paulus ons “Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges”. Hoe kan ons met allerhande gebede en versoeke vir die gelowiges bid, as niemand, insluitend die bidder, nie eens kan verstaan nie? Dus, om in die Gees te bid, moet verstaan word dat daar in die krag van die Gees gebid word, deur die leiding van die Gees en ooreenkomstig Sy wil en nie soos om in tale te praat nie. English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat beteken dit om in die Gees te bid?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries