settings icon
share icon
Vraag

Is daar enige afdoende bewys van God?

Antwoord


Die antwoord op hierdie vraag hang grootliks af van wat bedoel word met "afdoende/onweerlegbare" bewys. Kan ons uitreik na God en aan Hom raak of Hom sien op dieselfde wyse waarop ons mense aanraak en sien? Nee,maar daar is tallose maniere dat jy vir seker kan weet dat God bestaan, dat Hy eg is en dat Hy is wie Hy sê Hy is. Ons kyk kortliks na drie maniere as bewys van Sy bestaan, deur gebruik te maak van wetenskap en die Bybel.

Die Wet van Oorsaak en Gevolg. Hierdie wet van die wetenskap sê dat elke oorsaak 'n gevolg het en elke gevolg het 'n oorsaak. Hierdie wet is gebaseer op alle wetenskap. Hierdie wet staan in verhouding met die oorsprong van die hemel en die aarde. Wetenskaplikes stem saam dat die heelal nie vir ewig bestaan het nie, maar dit het iewers 'n begin gehad.

Die teorie van relatiwiteit, wat feitlik universeel aanvaar word onder wetenskaplikes, het sekere implikasies vir hierdie Wet van Oorsaak en Gevolg. Een daarvan is dat die heelal, gedefinieer as tyd, ruimte, materie en fisiese energie het 'n begin gehad wat nie ewig is nie. En dit is deur Einstein se vergelykings moontlik dat wetenskaplikes die ontwikkeling van die heelal kan naspeur, terug tot die by oorsprong, terug tot wat genoem word die "singularity event", toe dit eintlik begin ontstaan het. Wetenskap het bewys dat die heelal werklik 'n begin gehad het. Dit beteken dat as die heelal 'n beginpunt in die geskiedenis gehad het, dan het dit klaarblyklik begin om te bestaan en dit moet 'n oorsaak hê vir die bestaan.

Dus, indien die heelal 'n oorsaak benodig vir die "begin ontstaan" daarvan, dan moet daardie oorsaak buite die heelal wees – en dit is tyd, ruimte, materie en fisiese energie. Daardie oorsaak moet iets soortgelyks wees aan wat Christene "God" noem. Selfs Richard Dawkins, waarskynlik die mees prominente proponent vir ateïsme in ons tyd, erken in 'n artikel in TIME tydskrif dat "there could be something incredibly grand and incomprehensible and beyond our present understanding. 'Yes, and that is God!'"

Ons kan hierdie kosmologiese bewys opsom met die volgende stellings:
Wat ookal begin om te ontstaan, moet 'n oorsaak hê vir die bestaan.
Die heelal het begin om te bestaan.
Dus moes die heelal 'n oorsaak vir sy bestaan hê.
Die eienskappe vir die oorsaak van die heelal (tydloos, bestaan buite die ruimte ens.) is die eienskappe van God.
Dus, die oorsaak van die heelal moet God wees (Gen 1:1).

Die Wet van Teleologie. Dit is die studie of ontwerp of doel in natuurlike fenomeen. Hierdie wet van wetenskap beteken hoofsaaklik dat as 'n objek 'n plan, doelwit of ontwerp reflekteer, moet dit 'n ontwerper hê. Eenvoudig gestel, dinge ontwerp nie hulself nie.Dit is waar vir die dinge in die heelal wat bewys toon dat dit 'n Ontwerper nodig gehad het.

Byvoorbeeld, die aarde wentel om die son en wyk af vanaf 'n reguit lyn teen net een negende van 'n duim, elke 18 myl – 'n baie reguit lyn in menslike terme. Indien die wenteling sou verander deur een tiende van 'n duim elke 18 myl af te wyk, sou die afwyking baie groter wees en ons sou almal dood gevries het. Indien dit verander het deur een agste van 'n duim af te wyk,, sou ons veras het. Die son brand teen ongeveer 20 miljoen grade Celsius in sy middelpunt. Indien die aarde 10% verder weg was, sou ons dood gevries het. Sou dit 10% nader wees, sou on veras het. Moet ons glo dat hierdie presisie "net gebeur" het? Dink daaroor na: die son is 93 miljoen myl van die aarde af, wat net reg gebeur het. Het dit per ongeluk gebeur of is dit so ontwerp? Dit is geen klein wonder dat die Psalmis God aanhaal as die wonderlike ontwerper nie: "Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van Sy hande bekend. Die een dag gee die berig deur aan die ander en die een nag deel die kennis aan die volgende mee" (Ps 19:1-30).

Die Wette van Waarskynlikheid en Vervulde Profesie. Daar is 1,093 profesieë in die Bybel wat na Jesus en Sy Kerk verwys en elkeen van daardie is vervul! Die Ou Testament bevat 48 profesieë wat verwys na die kruisiging van Jesus. As die wette van waarskynlikheid toegepas word om die waarskynlikheid van verskeie gebeure,wat terselfdertyd plaasgevind het of na-aan mekaar gebeur het, te bereken, moet alle waarskynlikhede tesame vermenigvuldig word. Byvoorbeeld, as die waarskynlikheid van 'n enkele gebeurtenis lukraak gebeur, is dit 1 kans uit 5 en die waarskynlikheid van 'n aparte gebeurtenis wat 1 uit 10 kanse gebeur, dan die waarskynlikheid dat beide gebeure saam sal gebeur of opeenvolgend is, 1 uit 5 vermenigvuldig met 1 uit 10, wat 1 uit 50 oplewer.

Deur die feit in ag te neem dat verskeie verskillende profete wat in aparte gemeenskappe gewoon het oor 'n tydperk van 1000 jaar en voorspellings oor Christus gemaak het 500 jaar voor Sy geboorte en die kanse dat daardie profesieë sou waar word, is eenvoudig ver bokant ons wildste begrip. Byvoorbeeld, die kanse van een mens (Jesus) dat net 8 profesieë oor Hom vervul sou word, is een uit 10 tot die mag 17 (dit is 'n getal 1 met 17 nulle).

Let op die volgende: Stel jou voor die hele staat Texas word met silwer dollars bedek, tot 'n hoogte van twee voet diep. Die getal van silwer dollars wat nodig is om die hele staat te bedek sou wees 10 tot die mag 17. Merk een silwer dollar met 'n "X" en gooi dit uit 'n vliegtuig. Roer dan al die silwer dollars deeglik oor die hele staat deurmekaar. Blinddoek dan 'n mens en sê hy kan enige plek reis waar hy wil in die staat Texas. Dan iewers op die pad moet hy stop en tussen die twee voet diep silwer dollars grawe en die een uithaal wat met die "X" gemerk is. Wat is sy kanse om dit te kan doen? Dieselfde kanse het die profete gehad dat 8 van hul profesieë vervul sou word in die toekoms, geprofeteer oor enige mens.

Die Bybel met die vervulde profesieë getuig van die bestaan van God. Deur die wet van waarskynlikheid en die wiskundige hulp wat help met profesieë wat vervul is, kan ons nou met sekerheid weet daar was 'n goddelike Ontwerper en Outeur van die Bybel. Dieselfde Een wat die heelal in bestaan gebring het. "Wanneer jy jou afvra: Hoe sal ek die woorde kan uitken wat die Here nie met die profete gepraat het nie? Moet jy weet: as 'n profeet iets in die Naam van die Here aankondig en dit kom nie uit nie en dit gebeur nie so nie, dan het die Here nie met die profeet gepraat nie. Dan het die profeet hom dit aangematig en hoef jy jou nie aan hom te steur nie" (Deut 18:21-22).

Laastens, God, die Skepper van die heelal en Outeur van ons velossing sê vir ons, "Dink aan wat vroeër gebeur het, lank gelede; Ek is God, daar is geen ander nie; Ek is God, daar is niemand soos Ek nie. Ek kondig vantevore aan wat later sal kom, lank tevore al wat nog nie gebeur het nie. Ek sê wat Ek besluit het en dit gebeur, wat Ek wil, doen Ek" (Jes 46:9-10).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is daar enige afdoende bewys van God?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries