settings icon
share icon
Vraag

Is daar bewys vir die inspirasie van die Bybel?

Antwoord


Hier is 'n paar bewyse dat die Bybel geïnspireer is deur God, soos in 2 Tim 3:16 geskrywe staan:

Vervulling van profesie. God het met mense gepraat en vertel van dinge wat Hy in die toekoms sou doen. Sommige daarvan het reeds gebeur. Ander nog nie. Byvoorbeeld, die Ou Testament bevat meer as 300 profesieë in verband met Jesus se eerste koms. Daar bestaan geen twyfel dat hierdie God se profesieë is, as gevolg van manuskripte, gedateer voor Jesus se geboorte. Hierdie is nie daarna geskryf nie, maar vooraf.

Die eenheid van die Skrif. Die Bybel is deur ongeveer 40 menslike skrywers geskryf oor 'n periode van ongeveer 1,600 jaar. Hierdie mense was baie verskillend. Moses was 'n politieke leier; Josua 'n militêre leier; Dawid 'n skaapwagter; Salomo 'n koning; Amos 'n veewagter en vrugteplukker; Daniël 'n eerste minister; Matteus 'n belastinggaarder; Lukas 'n mediese dokter; Paulus 'n rabbie; en Petrus 'n visserman, onder andere. Die Bybel is ook onder 'n verskeidenheid van omstandighede geskryf. Dit is op 3 verskillende vastelande geskryf: Europa, Asië en Afrika. Tog is die groot temas van die Skrif in alle geskrifte behou. Die Bybel weerspreek homself nie. Daar is geen manier, sonder God en die Heilige Gees se toesig toe die Bybel geskryf is, dat dit moontlik kon wees nie.

In kontras met die Islamse Qur'an. Dit is saamgestel deur een individu, Zaid bin Thabit, onder toesig van Mohammed se skoonpa, Abu-Bekr. Toe in 650 A D, het 'n groep Arabiese studente 'n verenigde weergawe geproduseer en alle ander kopieë vernietig, om die eenheid van die Qur'an te bewaar. Die Bybel was eenvormig vanaf die tyd toe dit geskryf is. Die Qur'an het eenvormigheid gehad, wat daarop geforseer is deur menslike medewerkers.

Die Bybel stel sy helde in opregtheid bekend met al hul foute en swakhede. Dit vereer nie die mense soos ander godsdienste doen nie. Deur die Bybel te lees, besef 'n mens dat die mense wat daarin beskryf word, het probleme en doen ook verkeerde dinge netsoos ons. Wat die helde van die Bybel groot maak, is dat hulle op God vertrou het. Een voorbeeld is Dawid, wat beskryf is as "n man na Sy hart" (God se hart) (1 Sam 13:14). Tog het Dawid egbreuk gepleeg (2 Sam 11:1-5) en moord (2 Sam 11:14-26). Hierdie inligting kon van die Skrif weerhou geword het, maar die God van Waarheid het dit ingesluit.

Argeologiese bevindinge ondersteun die geskiedenis wat in die Skrif opgeneem is. Alhoewel baie ongelowiges regdeur die geskiedenis probeer het om argeologiese bewyse te vind om dit wat in die Bybel geskryf is, te weerspreek, het hulle misluk. Dit is maklik om te sê dat die Skrif onwaar is, maar om dit te bewys, is 'n ander saak. Dit is nog nie gedoen nie. In die verlede, elke keer as die Bybel 'n "wetenskaplike" teorie weerspreek het, was die Bybel later bewys as waar en die wetenskaplike teorie verkeerd. 'n Goeie voorbeeld is Jes 40:22. Die hele tyd wat die wetenskap verklaar het dat die aarde plat is, het die Bybel gesê dat "God het Sy troon bokant die hemelkoepel" van die aarde.

Die Bybel se aansprake as komende van God moet nie verstaan word as sirkulêre beredenering nie. Die getuienislewering van betroubare getuies – spesifiek Jesus, maar ook Moses, Josua, Dawid, Daniël en Nehemia in die Ou Testament en Johannes en Paulus in die Nuwe Testament – steun die outoriteit en verbale inspirasie van die Heilige Skrif. Let op die volgende gedeeltes: Eks 14:1; Lev 4:1; Numeri 4:1; Deut 4:2; 32:48; Jes 1:10, 24; Jer 1:11; Jer 11:1-3; Eseg 1:3; 1 Kor 14:37; 1 Tess 2:13; 2 Pet 1:16-21; 1 Joh 4:6.

Ook van belang is die skrywes van Titus Flavius Josephus, 'n Joodse historikus wat gedurende die eerste eeu A D geskryf het. Hy skryf oor 'n paar gebeure wat met die Skrif saamval. Inaggenome die gegewe getuienis, aanvaar ons die Bybel heelhartig as komende vanaf God (2 Tim 3:16).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is daar bewys vir die inspirasie van die Bybel?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries