settings icon
share icon
Vraag

Wat is bevrydingsteologie?

Antwoord


"Wat is bevrydingsteologie?"

Eenvoudig gestel, is bevrydingsteologie 'n beweging wat poog om die Skrif te interpreter deur die verbintenis met die armes. Opregte volgelinge van Jesus, volgens die bevrydingsteologie, moet na 'n regverdige samelewing streef en sodoende sosiale en politieke verandering meebring en hulself met die werkersklas in lyn bring. Jesus wat Self ook arm was, het gefokus op die armes en die verdruktes en enige regmatige kerk sal voorkeur gee aan hulle wat deur die geskiedenis heen naelskraap geleef het of van hul regte ontneem is. Alle kerkleerstellinge moet groei vanuit die perspektief van die armes. Om die regte van die armes te verdedig, word gesien as die sentrale aspek van die evangelie.

Hier is 'n voorbeeld van hoe die vryheidsteologie die Skrif sien deur die lens van die armes en behoeftiges: in Luk 1:52-53, prys Maria die Here, "maghebbers het Hy van trone afgeruk en geringes verhoog; behoeftiges het Hy oorlaai met goeie gawes en rykes met leë hande weggestuur." Volgens die bevrydingsteologie, besing Maria haar vreugde dat God die materialistiese armes bevry het en die wat geestelik honger was gevoed het, terwyl die materialistiese rykes afgebring is. Hy is 'n God, met ander woorde, wat die verdruktes bevoordeel, bokant hulle wat ryk is.

Bevrydingsteologie het sy oorsprong in Latyns Amerikaanse Katolisisme. Die opkoms daarvan is gesien as 'n respons op die wydverspreide armoede en die mishandeling van groot segmente van die Latyns Amerikaanse samelewing. 'n Invloedryke boek wat die bevrydingsteologie ondersteun, is Fr, Gustavo Gutiérrez'sA Theology of Liberation (1971).

Ondersteuners van die bevrydingsteologie beroep hul op die Oud Testamentiese profete ter ondersteuning. Byvoorbeeld, in Maleagie 3:5 word gewaarsku aangaande God se straf oor diegene wat die werkersklas onderdruk: "Dan sal Ek na julle toe kom as regter: Ek sal sonder versuim regspreek teen dié wat hulle met toordery ophou, teen die egbrekers en dié wat vals ede aflê, teen dié wat die dagloner te kort doen, die weduwee en die weeskind verontreg en die vreemdeling verdring, teen dié wat nie vir My eerbied het nie, sê die Here die Almagtige" (sien ook Jes 58:6-7; Jer 7:6; Sag 7:10). Ook wys Jesus se woorde in Luk 4:18 Sy medelye teenoor die verdruktes: "Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, om die genadejaar van die Here aan te kondig" (vergelyk Jes 61:1).

Vryheidsteoloë gebruik ook Jesus se woorde in Matt 10:34 om die idee uit te dra dat die kerk in aktivisme betrokke moet raak: "Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard." Volgens hulle staan Jesus nie vir sosiale stabiliteit nie, maar vir sosiale onrus.

Kritici van die vryheidsteologie assosieer dit met Marxisme en sien dit as 'n religieuse vorm van mislukte sosialistiese beleide. Vatikaanbeamptes, insluitende verskeie pouse, het kant gekies teen bevrydingsteologie. Die redes vir die Katolieke opposisie sluit in die klem wat die bervrydingsteologie geplaas het op die praktyk, rakende doktrine en hul verwerping van kerklike hiërargiese struktuur – bevrydingsteologie verkondig "basisgemeenskappe" wat buite die grense van die kerk ontmoet, deur effektiewelik van die Katolieke geestelikes weg te skram.

Die bevrydingsteologie het onder die arm boere in Suid- en Sentraal-Amerika beweeg. Haiti en Suid-Afrika vestig ook vorms daarvan. In die Verenigde State, word swart bevrydingsteologie in sommige kerke gepredik, soos Jeremiah Wright's Trinity United Church of Christ. 'n Verwante teologiese beweging is die feministiese bevrydingsteologie,wat vroue sien as die verdrukte groep, wat bevry moet word.

Die Bybel leer volgelinge van Christus om vir die armes om te gee (Gal 2:10; Jakobus 2:15-16; 1 Joh 3:17) en ons moet opstaan teen onregverdigheid. Ja, die Bybel waarsku herhaaldelik teen die verleidelikheid van rykdom (Mark 4:19). Tog is die bevrydingsteologie verkeerd in 'n paar opsigte: dit plaas sosiale aksie op gelyke voet met die evangelieboodskap. So belangrik soos dit is om die honger mense te voed, kan dit nie die plek van Christus se boodskap inneem nie (sien Hand 3:6). Die mensdom se primêre behoefte is geestelik, nie sosiaal. Ook die evangelie is vir alle mense, insluitend die rykes (Luk 2:10). Besoekers aan die Christuskind sluit beide herders en sterrekykers in; beide groepe was welkom. Om spesiale status aan enige groep toe te ken, soos deur God verkies kon word, sou diskriminasie wees, iets wat God nie doen nie (Hand 10:34-35). Christus bring eenheid na Sy kerk, nie verdeeldheid onder sosio-ekonomiese, rasse- of geslagsgroepe nie (Ef 4:15).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is bevrydingsteologie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries