settings icon
share icon
Vraag

Wat is die betekenis van 666?

Antwoord


Aan die einde van Openbaring 13, wat die dier (die antichrist) bespreek en sy vals profeet, lees ons, “Hier is wysheid nodig. Wie verstand het, kan die getal van die dier ontsyfer, want dit is ‘n mens se getal. Sy getal is seshonderd ses en sestig” (Openbaring 13:18). Op een of ander manier is die nommer 666 ‘n aanduiding ten opsigte van die identiteit van die dier. Openbaring 13 praat ook van “die merk” (verse 16-17), en die populêre gedagte is om dikwels die 666 met die merk te verbind; die merk van die dier en 666 kom egter voor as twee verskillende dinge. Die merk van die dier is iets wat mense moet ontvang om te kan koop en verkoop. Die nommer 666 is op ‘n manier geassosieer met die dier/antichris as “sy” nommer. Die betekenis van 666 is ‘n geheim en dit blyk dat die apostel Johannes wat onder die inspirasie van die Heilige Gees geskryf het, bedoel het dat dit so moet bly. Om dit te ontsyfer, word volgens Johannes “wysheid” benodig. Sommige maak gebruik van getalleleer (gematria) (deur ‘n nommerwaarde aan elke letter of ‘n naam of woord toe te ken en dan die nommerwaarde te kombineer om by die totale nommer uit te kom) en sodoende die antichris te identifiseer met verskeie mense in die wêreld se geskiedenis. Sommige van die populêre teikens was “Caesar Nero,” “Ronald Wilson Reagan,” Mikhail Gorbachev,” en verskeie pouse in die Romeinse Katolieke geskiedenis. Dis verbasend hoe ver sommige gaan soos om selfs ‘n persoon se naam by te las tot 666. Feitlik enige naam kan bygevoeg word tot 666 indien genoeg wiskundige gimnastiek gebruik word.

666 sal op ‘n manier die dier identifiseer, maar presies “hoe” 666 aan die dier gekoppel is, is nie die hoofgedagte in Openbaring 13:18 nie. Die Bybel gebruik dikwels die nommer 7 om na God en Sy volmaaktheid te verwys. Tradisioneel is 6 die nommer van die mens, wat op die sesde dag geskep was en altyd “tekort skiet” ten opsigte van God. Die dier/antichris sal streef om soos God te wees. Hy sal waarskynlik selfs soos God wil wees. Maar, netsoos die nommer 6 ‘n tekortkoming van die nommer 7 is, so sal die dier/antichris, met sy “drietal” van 6’e, uiteindelik misluk in sy poging om God te verslaan.

Addendum: Dis interessant dat in sommige Griekse manuskripte van die boek Openbaring, die nommer 616 gegee word, in plaas van 666. Die manuskripbewyse is sterk ten gunste van 666, maar die plaasvervangende lees van 616 laat ons nadink, voordat ons begin berekeninge maak op die rekenmasjiene.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die betekenis van 666?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries