settings icon
share icon
Vraag

Waarom is dit nodig om ons sondes te bely, aangesien dit alreeds vergewe is (1 John 1:9)?

Antwoord


Die apostel Paulus het geskryf, “Daarom moet ons God prys vir sy groot genade wat Hy in Sy geliefde Seun vrylik aan ons geskenk het. Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God wat Hy in al sy wysheid en insig so oorvloedig aan ons geskenk het” (Ef 1:6-8). Die vergifnis verwys na verlossing, toe God ons sondes van ons weggeneem het “So ver as die ooste van die weste af is” (Ps 103:12). Dit is die geregtelike vergifnis wat God ons gegee het as ons Jesus Christus as Verlosser ontvang. Al ons verlede, teenswoordige en toekomstige sondes is vergewe op ‘n geregtelike basis en dit beteken dat ons nie ewige straf vir ons sondes hoef te kry nie. Ons ly nog soms onder die gevolge van sonde hier op aarde, wat ons dan by die bogenoemde vraag uitbring.

Die verskil tussen Ef 1:6-8 en 1 Joh 1:9 is dat Johannes hier van “verwante” of “familiale” vergifnis praat – soos dié van ‘n vader en ‘n seun. Byvoorbeeld, indien ‘n seun iets verkeerds teenoor sy vader doen – sy verwagtinge of reëls verontagsaam – skend die seun sy vriendskap met sy pa. Hy bly die seun van sy pa, maar die verhouding ly daaronder. Hulle vriendskap is aangetas, totdat die seun teenoor sy pa erken dat hy verkeerd gehandel het. Dis dieselfde met God; ons vriendskap met Hom is vertroebel, totdat ons ons sonde bely. Indien ons ons sonde teenoor God bely, is die verhouding herstel. Dit is “familiale” vergifnis.

“Posisionele” vergifnis of geregtelike vergifnis is wat elke gelowige in Christus verkry. In ons posisie as deel van die liggaam van Christus, is elke sonde wat ons ooit gedoen het of nog sal doen, vergewe. Die prys wat aan die kruis betaal is deur Christus, het God se vloek teen die sonde bevredig en geen verdere offer of betaling is meer nodig nie. Toe Jesus gesê het “Dit is volbring”, het Hy dit bedoel. Ons posisionele vergifnis is daar en dan verkry.

Belydenis van sonde sal ons help om te ontkom aan die dissipline van die Here. As ons misluk om te bely, sal die Here se dissipline sekerlik kom, totdat ons dit bely het. Soos vroeër genoem, ons sondes is vergewe toe ons verlos is (posisionele vergifnis), maar ons daaglikse vriendskap met God moet in goeie toestand bly (familiare vergifnis). Behoorlike vriendskap met God kan nie plaasvind as daar onbelyde sonde in ons lewens is nie. Dus is dit nodig om ons sondes teenoor God te bely, so gou as wat ons daarvan bewus raak, om sodoende ‘n intieme verhouding met God te behou. English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Waarom is dit nodig om ons sondes te bely, aangesien dit alreeds vergewe is (1 John 1:9)?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries