settings icon
share icon
Vraag

Is dit nodig om ons sondes te bely teenoor hulle teen wie ons gesondig het?

Antwoord


Ons weet dat ons ons sondes teenoor God moet bely, maar baie Christene wonder of dit nodig is om te bely teenoor hulle teen wie ons gesondig het. Is dit nodig om jammer te sê? “in die lig lewe” (1 Joh 1:7) beteken dat ons in gehoorsaamheid aan God se gebooie lewe. In dieselfde vers is daar verwysings na vergifnis deur Christus en “het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap.” Dus is daar ‘n verband tussen ‘n “skoon begin” en ons verhouding met ander mense.

Elke sonde is uiteindelik teen God gepleeg (Ps 51:4). Die Bybel beklemtoon gedurig dat ons ons sondes voor Hom moet bely (Ps 41:4; 130:4; Hand 8:22; 1 Joh 1:9). Betreffende die belydenis van ons sondes teenoor mense, gee die Bybel geen algemene opdrag nie. Ons word baie keer gesê om ons sondes voor die Here te bely, maar die enigste direkte opdrag om teenoor iemand anders te bely, is in die konteks van ouderlinge van die kerk wat in belang van die sieke bid (Jak 5:16).

Dit beteken nie dat ons nooit ander persone se vergifnis moet soek nie. Die Bybel gee voorbeelde van mense se belydenis teenoor ander. Een daarvan is Josef se broers wat hom om vergifnis vra in Gen 50:17-18 en persoon-tot-persoon belydenis kom voor in gedeeltes soos Luk 17:3-4; Ef 4:32 en Kol 3:13.

Die beginsels hier lyk so: 1) Ons moet vergifnis by die Here soek vir elke sonde. Hy verlang “opregtheid diep in ‘n mens se hart” (Ps 51:8). 2) Indien ons verhouding met die Here reg is, dan sal ons verhoudings met ander mense ook in plek wees. Ons sal ander met genade behandel, met regverdigheid en eerlikheid (Ps 15). Om teenoor iemand te sondig en geen poging aanwend om dit reg te stel nie, sal ondenkbaar wees. 3) Die omvang van die apologie vir ‘n sonde, stem ooreen met die impak van die sonde. Met ander woorde, ons moet vergifnis soek van wie ookal direk betrokke was, om sodoende genesing te bewerkstellig.

Byvoorbeeld, as ‘n man met wellus na ‘n vrou kyk, moet hy onmiddellik die sonde voor die Here bely. Dit sou nie nodig wees of van toepassing wees om daardie sonde teenoor die vrou te bely nie. Daardie sonde is tussen die man en die Here. Indien ‘n man egter ‘n belofte breek of iets doen wat ‘n direkte impak op die vrou het, moet hy dit teenoor haar bely en vergifnis by haar soek. As ‘n sonde ‘n groot getal mense insluit, soos ‘n kerk, moet ‘n man of vrou die belydenis uitbrei na die lidmate van die kerk. Dus moet die belydenis en apologie die impak ewenaar. Hulle wat deur die sonde geraak word, moet die belydenis hoor.

Aangesien ons vergifnis met God nie afhang van ons belydenis teenoor ander en/of hulle ons vergewe nie, verwag God van ons eerlikheid en tegemoetkomendheid teenoor andere, betreffende hul foute, veral waar ons foute hul insluit. Waar ons te na gekom het, seergemaak het, of teenoor ander gesondig het, moet ons probeer om ‘n ernstige verskoning en belydenis aan te bied en om vergifnis te vra. Die vergifnis-vergunning hang af van diegene teenoor wie bely is. Ons verantwoordelikheid is om opreg te bely, die sonde te bely en om vergifnis te vra.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is dit nodig om ons sondes te bely teenoor hulle teen wie ons gesondig het?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries