settings icon
share icon
Vraag

Moet ek my egbreuk teenoor my eggenoot bely?

Antwoord


Om die sonde van egbreuk teenoor jou eggenoot te bely óf nie, is ‘n dilemma vir baie Christene, wat die ongelukkige ondervinding gehad het van egbreuk. Wêreldbekende “deskundiges” bemoedig gewoonlik egbrekers om stil te bly oor hul ontrou, want volgens hulle sal meer skade gedoen word deur belydenis. Die probleem hiermee is dat so iemand se gewete onderdruk word en dit laat nie herstel van verhoudings toe, wat veronderstel is om plaas te vind nie. Jak 5:16 sê, “Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word!”

Die apostel Paulus het in sy wysheid gesê, “Daarom doen ek ook my uiterste bes om altyd ‘n skoon gewete voor God en die mense te hê” (Hand 24:16). Alhoewel egbreuk ‘n sonde teenoor God is, hoofsaaklik, sê die Bybel ook dat ons liggame nie aan onsself behoort nie, maar ook aan die persoon met wie ons getroud is (1 Kor 7:4). Die fisiese handeling van die seksdaad is die simbool van hoe die getroude paartjie een vlees word, as God hulle in die huwelik saam verbind (1 Kor 6:15-15). Om hierdie redes moet iemand wat egbreuk gepleeg het, bid en toelaat dat die Heilige Gees hom/haar lei om die onttrou op die regte tyd te bely.

‘n Skuldige gewete sal nie sommer verdwyn deur te prober om dit te ignoreer nie. Dit kan egter lei tot psigologiese en selfs fisiese probleme. So moeilik as wat dit sou wees vir iemand om vir haar man of vrou te vertel dat hulle ontrou was, is dit nodig, nie alleenlik vir die integriteit van die huwelik nie, maar ook vir die verhouding tussen so iemand en God, sodat hul gewete skoon kan wees en hulle in staat sal wees om heilig en onberispelik te lewe.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Moet ek my egbreuk teenoor my eggenoot bely?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries