settings icon
share icon
Vraag

Hoe kan ek my gedagtes beheer?

Antwoord


Baie Christene sukkel met hierdie saak, veral in ons hoë tegnologiese wêreld, maar dit bly belangrik. Spreuke 4:23 stel dit so, “Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.” Die “hart” sluit die verstand en alles wat daaruit voortkom, in. Iemand het gesê dat elke sonde wat ons doen, doen ons twee keer, eers in ons gedagtes en weer as ons optree volgens daardie gedagtes. Dit is makliker om ontslae te raak van sonde in ons lewens, as ons dit by hierdie fundamentele gedagtevlak uitroei, eerder as om te wag dat dit wortelskiet in ons lewens, deur ons aksies en dit dan te probeer ontwortel.

Daar is ook ‘n verskil tussen: om versoek te word (‘n gedagte wat in die verstand inkom) en om te sondig (om stil te staan by ‘n bose gedagte en dit in te swelg). Dit is belangrik om te verstaan dat as ‘n gedagte in ons verstand kom, ons dit volgens God se Woord moet ondersoek en bepaal of ons op daardie pad moet aanloop of die gedagte verwep en dit met ‘n ander een vervang. Indien ons reeds ‘n gewoonte in ons gedagtewêreld toegelaat het om te vorm, raak dit al moeiliker om daardie pad te verander, soos dit ook moeilik is om ‘n motor uit ‘n diep sloot op ‘n nuwe spoor te kry. Hier is ‘n paar Bybelse voorstelle om ons gedagtes te beheer en ontslae te raak van verkeerde gedagtes:

Bly in God se Woord, sodat as ‘n sondige gedagte in jou opkom (‘n versoeking), sal ons dit kan herken vir wat dit is en weet watter rigting ons moet gaan. Jesus het in die woestyn (Matt 4) op elke versoeking van Satan met die Skrif gereageer en dit het Hom die rigting aangewys wat Hy moes volg, in plaas van die pad van sondige gedagtes. Toe Hy verlei is om na Sy fisiese behoefte om te sien (verander klippe in brood), het Hy die gedeelte aangehaal oor die belangrikheid om op God te vertrou. Toe Hy versoek is om Satan te dien, om sodoende die wêreld se eer te ontvang, het Hy gesê dat ons God alleen moet aanbid en dien en dat die eer Hom alleen toekom en hulle wat aan Hom behoort.

Toe Hy verlei was om God te toets (om te sien of God regtig daar was en Sy beloftes sou hou), het Jesus geantwoord met gedeeltes wat klem op die belangrikheid geplaas het om in God te glo, sonder om Hom teenwoordig te sien. Om die Skrif aan te haal in ‘n tyd van versoeking, is nie ‘n gelukbringer nie, maar dien eerder die doel om ons gedagtes op ‘n Bybelse spoor te bring, maar ons moet die Woord van God VOORUIT ken, om dit te kan bereik. Dus is dit belangrik om daagliks op betekenisvolle wyse tyd in die Woord te spandeer . Indien ons gedurig bewus is van konstante versoekings (bekommernis, vleeslike begeertes, woede, ens.) moet ons gedeeltes bestudeer en memoriseer wat met daardie dinge kan help. Om te kyk vir beide wat ons moet vermy (negatiewe) en hoe ons reg moet optree (positiewe) om verleidelike gedagtes en situasies nog voordat hulle ons aanval, vermy – sal ons help om oorwinning oor hulle te behaal.

Leef in afhanklikheid met die Heilige Gees, hoofsaaklik deur Sy sterkte te soek deur gebed (Matt 26:41). As ons op ons eie krag staatmaak, sal ons misluk (Spreuke 28:26; Jer 17:9; Matt 26:33).

Ons moenie ons verstand voed met dinge wat sondige gedagtes voortbring nie, Spreuke 4:23. Ons moet ons harte bewaak – wat ons daarin toelaat en wat ons toelaat, dat ons gedagtes moet oordink. Job 31:1 stel dit so, “Ek het my plegtig verbind om nie na ‘n meisie te kyk en haar te begeer nie.” Rom 13:14 sê, “Nee, julle moet lewe soos volgelinge van die Here Jesus Christus en nie voortdurend daarop uit wees om julle sondige begeertes te bevredig nie.” Dus moet ons tydskrifte, video’s, webtuistes, gesprekke en situasies vermy, wat ons tot ‘n val kan bring. Ons moet ook vermy om tyd saam met mense te spandeer, wat ons bemoedig om langs verkeerde paaie te loop.

Ons moet hard probeer om God te volg, om sondige gedagtes te vervang met goddelike navolging en gedagtegange. Dit is die belangrikste van vervanging. As ons versoek word om iemand te haat, vervang ons daardie haatgedagtes met goddelike optrede: ons doen goed aan hulle, praat goed van hulle en bid vir hulle (Matt 5:44). In plaas van om te steel, moet ons hard werk om geld te verdien en sodoende uitkyk vir geleenthede om vir ander in nood te gee (Ef 4:28). As ons verlei word om betrokke te raak by ‘n vrou, kyk ons weg, loof God vir die wyse waarop Hy ons as manlike en vroulike wesens geskep het en eer Hom vir die vrou, byvoorbeeld: “Here, help hierdie jong vrou om U te leer ken, indien sy nie en om die blydskap te ken om saam met U te stap.” Dink dan aan haar as ‘n suster (1 Tim 5:2). Die Bybel praat dikwels van “breek met” sondige handelinge en gedagtes, maar rig dan jul handelinge en gedagtes op God (Ef 4:22-24). Om sondermeer net met sondige gedagtes te breek, sonder om dit te vervang met goddelike gedagtes, laat ‘n oop veld vir Satan om te kom en sy saad te saai (Matt 12:43-45).

Ons kan ook gemeenskap met ander Christene gebruik, soos God dit bedoel het. Heb 10:24-25 sê, “Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom.” Mede Christene wat ons aanmoedig in die veranderinge wat ons begeer (dis die beste is as dit van dieselfde geslag is), wat vir ons sal bid en ook saam met ons, wat in liefde sal verneem na ons welstand en wat ons aanspreeklik sal hou om die ou maniere van doen te vermy, kan werklik waardevolle vriende wees.

Die laaste en belangrikste is dat hierdie metodes waardeloos sal wees, tensy ons ons geloof in Christus as Verlosser van sonde geplaas het. Dit is waar ons absoluut moet begin! Hier sonder kan daar geen oorwinning oor sondige gedagtes en versoekings wees nie en God se beloftes vir Sy kinders is dan ook nie vir ons nie, ook is die Heilige Gees se krag dan ook nie vir ons beskikbaar nie!

God sal hulle seën wat soek om Hom te eer met dit wat vir Hom die meeste saakmaak: wie ons van binne is en nie net hoe ons vir ander van buite lyk nie. Mag God Jesus se beskrywing van Natanael waar maak vir ons – ‘n man of vrou “in wie daar geen bedrog is nie” (Joh 1:47).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe kan ek my gedagtes beheer?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries