settings icon
share icon
Vraag

Indien God geweet het dat Adam en Eva sou sondig, waarom het Hy hulle geskep?

Antwoord


Die Bybel sê dat God alle dinge geskep het – insluitende ons – vir Homself. Hy word verheerlik in Sy skepping. “Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid! Amen” (Rom 11:36).

Dit moes moeilik gewees het om te sien hoedat Adam en Eva se sondeval eer aan God kon bring. Sommige mag selfs wonder hoekom, indien God vooraf geweet het van al die moeilikheid wat hulle sou veroorsaak, Hy hulle in die eerste plek gemaak het.

God is alwetend (Ps 139:1-6) en Hy ken die toekoms (Jes 46:10). Dus het Hy definitief geweet dat Adam en Eva sou sondig. Maar Hy het hulle in elk geval geskep en aan hulle ‘n vye wil gegee, waarmee hulle gekies het om te sondig.

Ons moet versigtig daarop let dat Adam en Eva se sondeval nie beteken dat God die outeur van sonde is nie of dat Hy hulle versoek het om te sondig nie (Jak 1:13). Die val dien eerder die doel van God se algehele plan vir die skepping en die mensdom.

Indien ons in ag neem wat sommige teoloё die “meta-narrative” (of oorkoepelende storielyn) van die Skrif noem, dan sien ons dat bybelse geskiedenis rofweg in drie hoof-afdelings verdeel kan word: 1) paradys (Gen 1-2); 2) paradys verlore (Gen 3 – Openbaring 20); en 3) paradys herwin (Openbaring 21-22). By verre is die grootste gedeelte van die verhaal gewy aan die oorskakeling van paradys verlore tot paradys herwin. In die sentrum van hierdie “meta-narrative” staan die kruis, wat van heel die begin af beplan was (Hand 2:23).

Deur die Skrif noukeurig te lees, word ons na die volgende slotsomme gelei:

Die val van die mensdom was vooraf deur God geken.

Die kruisiging van Christus, die versoening vir God se uitverkorenes, was vooraf reeds deur God beplan.

Alle mense sal eendag God verheerlik (Ps 86:9) en God se doelwit is “om alles met Sy teenwoordigheid te vul” (Ef 1:10).

God se plan was om ‘n wêreld te skep, waarin Sy heerlikheid in “alles” in volheid kan manifesteer. Die heerlikheid van God is die oorkoepelende doel van die skepping. Dit is die oorkoepelende doel van alles wat Hy doen. Die heelal was geskep om God se heerlikheid te vertoon (Ps 19:1) en die vloek van God word geopenbaar aan hulle wat misluk om God te verheerlik (Rom 1:18-25). Die wêreld wat God se heerlikheid die beste uitbeeld, is die wêreld wat ons het – ‘n wêreld wat toegelaat was om te val, ‘n wêreld wat verlos was, ‘n wêreld wat herstel sal word tot die oorspronklike volmaaktheid.

God se wraak en God se genade vertoon die rykdom van Sy heerlikheid, maar ons kan nie een van die twee sien, sonder die val van die mensdom nie. Ons sou nooit kon weet van genade as ons nooit genade nodig gehad het nie. Dus, alles in God se plan – insluitende die val, uitverkiesing, verlossing en versoening van die mens – dien die doel om God te verheerlik. Toe die mens in sonde verval het, was God se genade onmiddellik uitgebeeld, deurdat God hom nie op die plek doodgemaak het nie. God se genade was oombliklik sigbaar in die bedekking wat Hy voorsien het vir hul skaamte (Gen 3:21). God se geduld en verdraagsaamheid word later uitgebeeld toe die mensdom dieper en dieper in die sonde geval het. God se oordeel en wraak word getoon toe Hy die Vloed gestuur het en God se genade en barmhartigheid word weer gedemonstreer toe Hy Noag en Sy familie gered het. God se heilige wraak en volmaakte oordeel sal gesien word in die toekoms, wanneer Hy met Satan vir eens en vir altyd sal afreken (Openbaring 20:7-10).

God se heerlikheid word in Sy liefde geopenbaar (1 Joh 4:16). Ons kennis van God se liefde kom vanaf die Persoon en verlossingswerk van Jesus Christus in hierdie gevalle wêreld. “Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar: Sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur, sodat ons deur Hom die lewe kan hê” (1 Joh 4:9). Sou God besluit het om Adam en Eva nie te skep nie, gebaseer op Sy kennis van hul val – of het Hy hulle outomate gemaak sonder enige wilsbesluit – sou ons nooit werklik geweet het wat liefde is nie.

Die uiterste vertoon van God se heerlikheid was aan die kruis waar Sy wraak, oordeel en genade mekaar ontmoet het. Die regverdige oordeel oor alle sonde was volbring aan die kruis en God se genade was getoon in Sy Seun se woorde, “Vader, vergeef hulle” (Luk 23:34). God se liefde en genade word gemanifesteer in hulle wat Hy gered het (Joh 3:16; Ef 2:8-10). Aan die einde sal God verheerlik word wanneer Sy uitverkore mense Hom aanbid tot in alle ewigheid, saam met die engele en die goddelose sal God ook vereer as Sy regverdigheid uitloop op ewige straf van onbelyde sondaars (Fil 2:11). Sonder die val van Adam en Eva, sou ons nooit God se straf, genade, barmhartigheid of liefde geken het nie.

Sommige huldig die siening dat God se voorafkennis en voorafbeplanning van die val die mens se vryheid benadeel het. Met ander woorde, indien God die mensdom met volle kennis geskep het aangaande die naderende sondeval, hoe kan die mens verantwoordelik gehou word vir sy sonde? Die beste antwoord op daardie vraag word gevind in die Westminster Confession of Faith:

“God, from all eternity, did, by the most wise and holy counsel of his own will, freely and unchangeably ordain whatsoever come to pass; yet so, as thereby neither is God the author of sin, nor is violence offered to the will of the creatures; nor is the liberty or contingency of second causes taken away, but rather established” (WFC, lll.1).

Met ander woorde, God bepaal toekomstige gebeure op so ‘n wyse dat ons vryheid en die werking van sekondêre oorsake (bv, natuurwette) bewaar word. Teoloё noem dit “meewerking” (“concurrence”). God se soewereine wil vloei meewerkend met ons vrye keuses op so n manier dat ons vrye keuses altyd uitspeel in die uitspeel van God se wil (deur “vrye” bedoel ons dat ons keuses nie afgedwing word deur invloede van buite nie). Dit is ‘n komplekse interaksie van wilsbesluite en keuses, maar die Skepper God kan enige hoeveelheid van kompleksiteit hanteer.

God het Adam en Eva se val vooruitgesien. Hy het hulle in elk geval gemaak, geskep na Sy eie beeld, om eer aan Homself te bring. Hulle het vryheid gekry om keuses te maak. Selfs het hulle tóg gekies om ongehoorsaam te wees, hul keuse het die middel geraak waardeur God se uiteindelike wil uitgevoer was en waardeur Sy heerlikheid gesien sal word.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Indien God geweet het dat Adam en Eva sou sondig, waarom het Hy hulle geskep?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries