settings icon
share icon
Vraag

Wat is Arminianisme en is dit bybels?

Antwoord


Arminianisme is 'n geloofsisteem wat poog om die verhouding tussen God se soewereiniteit en die mensheid se vrye wil te verduidelik, veral in verhouding tot verlossing. Arminianisme is vernoem na Jacob Arminius (1560-1609), 'n Hollandse teoloog. Terwyl Calvinisme die soewereiniteit van God beklemtoon, vestig Arminianisme die aandag opdie verantwoordelikheid van die mens. As Arminianisme afgebreek word tot 5 punte, gelykstaande aan die Calvinisme se 5, sou hierdie die 5 punte wees:

Gedeeltelike Verdorwenheid – die mensheid is verdorwe, maar steeds by magte om na God te soek. Ons is gevalle en deur sonde besmet, maar nie in soverre dat ons nie kan kies om na God toe te kom en verlossing te aanvaar, met die hulp van voorafgaande genade van God nie. Gegewe sulke genade, is die menslike wil vry en het die krag om toe te gee aan die invloed van die Gees. Let daarop: baie Arminiane verwerp gedeeltelike verdorwenheid en behou 'n siening wat baie na-aan die Calvinistiese Algehele Verdowenheid is.

Voorwaardelike Uitverkiesing – God "kies" slegs diegene wat Hy weet wat sal kies om te glo. Niemand is vooraf bepaal vir hemel of hel nie.

Onbeperkte Versoening – Jesus het vir elkeen gesterf, selfs vir hulle wat nie uitgekies is en nie wil glo nie. Jesus se sterwe was vir die hele mensdom en enigeen kan gered word deur in Hom te glo.

Weerstandige Genade – God se oproep tot redding kan weerstaan en/of verwerp word. Ons kan God se trekking tot verlossing weerstaan as ons dit so kies.

Voorwaardelike Verlossing – Christene kan hul verlossing verloor, as hulle daadwerklik die Heilige Gees se invloed verwerp in hul lewens. Die behoud van verlossing word van 'n Christen vereis — om dit te behou. Let daarop dat baie Arminiane ontken "voorwaardelike verlossing" en hou in plaas daarvan vas aan "ewige sekerheid."

Die enigste punt van Arminianisme wat die Vierpunt Calviniste glo, bybels is, is punt #3 – Onbeperkte Versoening. 1 Joh 2:2 sê, "Hy is die versoening vir ons sondes; en nie net vir óns sondes nie, maar ook vir dié van die hele wêreld." 2 Pet 2:1 sê dat Jesus selfs die valse profete wat verdoem is, vrygekoop het: "Maar daar was ook vals profete onder die volk en so sal daar ook onder julle vals leraars kom. Hulle sal verderflike dwaalleer insmokkel en die Here wat hulle vrygekoop het, verloën. So sal hulle hulleself baie gou in die verderf stort." Jesus se verlossing is beskikbaar vir enigeen en enigeen wat in Hom wl glo. Jesus het nie net gesterf vir hulle wat gered wil word nie.

Vierpunt Calvinisme (die amptelike standpunt van Gotquestions Ministries) vind die ander vier punte van Arinianisme as onbybels, tot verskeie mate. Rom 3:10-18 argumenteer sterk ten gunste van Algehele Verdorwenheid. Voorwaardelike Uitverkiesing of uitverkiesing gebaseer op God se voorafkennis van die menslike optrede, onderbeklemtoon God se soewereiniteit (Rom 8:28-30). Weerstandige genade onderbeklemtoon die mag en vaste voorneme van God. Voorwaardelike Verlossing maak van verlossing 'n beloning vir werk, eerder as 'n genadegawe (Ef 2:8-10). Daar is probleme met beide sisteme, maar Calvinisme is by verre meer bybelgebaseer as Arinianisme. Beide sisteme egter misluk om die verhouding tussen God se soewereiniteit en die mensheid se vrye wil voldoende te verduidelik – as gevolg van die feit dat dit onmoontlik is vir die beperkte menslike verstand om 'n konsep te onderskei, wat slegs God ten volle kan verstaan.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is Arminianisme en is dit bybels?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries