settings icon
share icon
Vraag

Wat is Arianisme?

Antwoord


Arianisme kom van die naam Arius, ‘n onderwyser in die vroeë 4de eeu nC. Een van die vroegste en waarskynlik die belangrikste debats-onderwerpe tussen vroeë Christene, was die onderwerp oor Christus se goddelikheid. Was Jesus waarlik God in die vlees of was Jesus ‘n geskape wese? Was Jesus God of netsoos God? Arius het geglo dat Jesus deur God geskep is as die eerste skeppingshandeling, dat Jesus die gekroonde Glorie van alle skepsels was. Arianisme is die siening dat Jesus ‘n geskape wese met goddelike eienskappe was, maar in Homself was Hy nie goddelik nie.

Arianisme het ‘n wanbegrip van die verwysings na Jesus toe Hy moeg was (Joh 4:6) en dat die datum van Sy herkoms onbekend is (Matt 24:36). Ja, dit is moeilik om te verstaan hoe God moeg kon wees en/of nie iets kon weet nie, maar om Jesus as ‘n geskape wese te verplaas, is nie die antwoord nie. Jesus was volledig God, maar Hy was ook volledig mens. Jesus het nie ‘n menslike wese geraak, tot tyd en wyl die inkarnasie plaasgevind het nie. Dus, het Jesus se beperkinge as menslike wese geen impak op Sy goddelike natuur of Sy ewigdurendheid nie.

‘n Tweede wan-interpretasie in Arianisme is die betekenis van “die Eerste” (Rom 8:29; Kol 1:15-20). Hulle verstaan ”die Eerste” in hierdie verse in die sin van dat Jesus “gebore” of “geskep” is, as die heel eerste skeppingshandeling. Dit is nie wat gebeur het nie. Jesus het self Sy selfbestaan en ewigdurendheid verklaar (Joh 8:58; 10:30). Joh 1:1-2 vertel vir ons dat Jesus reeds in die begin by God was. In Bybelse tye was die seun wat eerste gebore is in ‘n familie ‘n baie groot eer (Gen 49:3; Eks 11:5; 34:19; Numeri 3:40; Ps 89:27; Jer 31:9). Dit is in hierdie betekenis dat Jesus God se eersgeborene is. Jesus is die voortreflike lid van God se familie. Jesus is die Gesalfde, die “Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors (Jes 9:6).

Na bykans ‘n eeu van debattering by verskeie vroeë kerkvergaderings, het die Christelike kerk Arianisme amptelik afgemaak as ‘n valse leerstelling. Sedert daardie tyd is Arianisme nooit weer aanvaar as ‘n lewensvatbare leerstelling van die Christelike geloof nie. Arianisme is nie uitgewis nie, maar het tog aangegaan deur die eeue in variërende vorme. Die Jehova Getuienisse en Mormone van vandag behou ‘n erg Ariaanse tipe siening op Christus se natuur. Netsoos die vroeë kerk gedoen het, moet ons absoluut alle aanvalle op die godheid van ons Here en Verlosser, Jesus Christus weerlê. English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is Arianisme?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries