Is daar 'n argument vir die bestaan van God?



Vraag: "Is daar 'n argument vir die bestaan van God?"

Antwoord:
Die vraag of daar 'n onweerlegbare argument is vir God se bestaan word regdeur die geskiedenis gedebatteer, tesame met hoogs intelligente mense aan beide kante van die gesprek. In die huidige tye, het argumente teen die moontlikheid van God se bestaan 'n strydlustige gees aangeneem, wat enigeen wat waag om in God te glo, beskuldig van dwaling en irrasionalisme. Karl Marx het beweer dat enigeen wat in God glo 'n verstandelike afwyking het, wat onaanvaarbare denke veroorsaak. Die psigiater Sigmund Freud het geskryf dat iemand wat in 'n Skepper God geglo het, bedrieglik was en het daardie geloof gehad as gevolg van 'n "wensvervullingsfaktor", wat 'n onverdedigbare standpunt, soos Freud dit beskou het, opgelewer het. Die filosoof Frederick Nietzsche het onomwonde gesê dat geloof gelykmaak dit wat nie as waarheid geglo wil word nie. Die stemme van hierdie drie historiese figure (saam met andere) is eenvoudig tans nageboots deur 'n nuwe generasie van ateïste wat beweer dat geloof in God intellektueel ongegrond is.

Is dit werklik so? Is geloof in God 'n rasionele onaanvaarbare standpunt om te huldig? Is daar 'n logiese en redelike argument vir God se bestaan? Sonder om na die Bybel te verwys, kan 'n saak vir die bestaan van God uitgemaak word, wat die standpunte van beide die ou en die nuwe ateïste weerlê en genoegsame grond verskaf om in 'n Skepper te glo? Die antwoord is ja, dit kan. Meer nog, deur die geldigheid van 'n argument vir God se bestaan uit te maak, word die saak vir ateïsme as intellektueel swak afgemaak.

Om 'n argument vir God se bestaan uit te maak, moet ons begin deur die regte vrae te vra. Ons begin met die mees basiese metafisiese vraag: "Hoekom het ons iets, eerder as heeltemal niks nie?" Dit is die basiese vraag oor bestaan – hoekom is ons hier; hoekom is die aarde hier; hoekom is die heelal hier, eerder as niks? Een teoloog het op hierdie punt gereageer deur te sê, "'n Mens vra nie die vraag oor God nie, sy totale bestaan laat ontspring die vraag oor God."

Om te besin oor hierdie vraag, is daar vier moontlike vrae oor hoekom ons iets het, eerder as heeltemal niks nie:
1) Realiteit is 'n illusie.
2) Realiteit is/was 'n eie-skepping.
3) Realiteit is ewig.
4) Realiteit is geskep deur iets wat uit eiebestaan voortvloei.

Dus, wat is die mees aanvaarbare oplossing? Kom ons begin met realiteit wat eenvoudig 'n illusie is, die denkwyse van 'n klomp Oosterse gelowe. Hierdie opsie is eeue gelede verwerp deur die filosoof Rene Descartes, wat vir die volgende stelling beroemd is, "Ek dink en daarom bestaan ek." Descartes, 'n wiskundige, het geargumenteer dat as hy dink, dan moet hy "wees". Met ander woorde, "Ek dink en daarom is ek nie 'n illusie nie." Illusies vereis iets van om die illusie te beleef en meer nog, jy kan nie bestaan sonder om jou bestaan te bewys nie; dit is 'n selfvernietigende argument. Dus, die moontlikheid dat realiteit 'n illusie is, is verwerp.

Die volgende opsie van realiteit is dié van eie-skeppendheid. As ons filosofie bestudeer, leer ons van "analitiese valse" stellings vir die eenvoudige rede dat iets nie vooraf "ditself" kan wees nie. Indien jy jouself geskep het, dan moes jy vooraf bestaan het, om jouself te kon skep, maar dit kan eenvoudig nie plaasvind nie. In evolusie word daar soms na verwys as "spontane ontwikkeling" – iets kom vanaf niks – 'n standpunt wat min, indien enige redelike mense aan vashou, eenvoudig omdat jy nie iets van niks af kan kry nie. Selfs die ateïs David Hume het gesê, "Ek sal nooit so 'n absurde standpunt handhaaf dat enigiets kan ontstaan sonder 'n oorsaak nie." Aangesien iets nie van niks kan ontstaan nie, is die alternatief van realiteit wat self ontstaan, verwerp.

Nou bly daar slegs twee keuses oor – 'n ewige realiteit of 'n realiteit wat ontstaan deur iets wat ewig is: 'n ewige heelal of 'n ewige Skepper. Die 18de-eeuse teoloog, Jonathan Edwards het hierdie kruispaaie as volg opgesom:
Iets bestaan.
Niks kan nie iets skep nie.
Dus, 'n nodige en ewige "iets" bestaan.

Let op dat ons na "iets" ewigs toe moet teruggaan. Die ateïs wat die Godgelowige uitlag omdat hy in 'n ewige Skepper glo, moet omdraai en die ewige heelal omarm; dit is die enigste ander deur wat hy kan kies. Die vraag is egter nou, waarheen lei die bewyse? Wys dit na materie voor verstand of verstand voor materie?

Alle sleutel- wetenskaplike en filosofiese -getuienis wys weg van 'n ewige heelal en wys na 'n ewige Skepper. Vanaf 'n wetenskaplike standpunt, eerlike wetenskaplikes erken dat die heelal 'n begin gehad het en wat ookal 'n begin het, is nie ewig nie. Met ander woorde, wat ookal 'n begin het, het 'n oorsaak en indien die heelal 'n begin gehad het, het dit 'n oorsaak gehad. Die feit dat die heelal 'n begin gehad het, is onderstreep deur getuienis soos die tweede wet van termodinamika, die uitstralings- ego van die "big bang" wat in die vroeë 1900's ontdek is, die feit dat die heelal ontwikkel en uitbrei en na 'n enkelvoudige begin teruggeneem kan word, en Einstein se relatiwiteitsteorie. Alle is bewyse dat die heelal nie ewig is nie.

Verder, die wette van die oorsaaklikheidsleer weerspreek die heelal se bestaan as die hoofoorsaak van alles wat ons weet as gevolg van hierdie eenvoudige feit: 'n effek moet die oorsaak gestand doen. Na aanleiding van hierdie waarheid, kan geen ateïs verklaar hoe 'n onpersoonlike, doellose, betekenislose en amorele heelal per ongeluk wesens (ons) geskep het, wat gevul is met persoonlikheid en behep is met doelwitte, betekenis en moraliteit. So 'n ding, gesien vanuit die oorsaaklikheidsleer se standpunt, weerspreek total die idee van 'n geboorte van alles wat bestaan uit 'n natuurlike heelal. Dus op die ou einde is die idee van 'n ewige heelal verwerp.

Die filosoof, J.S. Mill (nie 'n Christen nie) het opgesom waartoe ons nou gekom het: "Die bewyse is daar dat net Verstand kan verstand skep." Die enigste rasionele en redelike gevolgtrekking is dat 'n ewige Skepper verantwoordelik is vir realiteit, soos ons dit ken. Of om dit logies te stel:
Iets bestaan.
Jy kry nie iets vanaf niks nie.
Dus bestaan 'n nodige en ewige "iets".
Die enigste twee opsies is 'n ewige heelal en 'n ewige Skepper.
Wetenskap en Filosofie het die konsep van 'n ewige heelal weerlê.
Daarom bestaan 'n ewige Skepper.

Lee Strobel, voormalige ateïs, wat baie jare gelede by hierdie punt uitgekom het, het gesê, "Ek het besef om 'n ateïs te bly, moet ek hoofsaaklik glo dat niks alles kan produseer nie; geen lewe bring lewe voort; ewekansigheid produseer fyn afwerking; chaos bring inligting mee; bewusteloosheid bring bewussyn mee; en redeloosheid bring rede en begrip. Daardie geloofstappe was eenvoudig vir my te groot om te neem, veral in die lig van die bevestigende saak vir God se bestaan…Met ander woorde, in my waardebepaling is die Christelike siening aangaande die heelal as die totale bewys , baie beter as dié van die ateïstiese wêreldbeskouing."

Die volgende vraag wat ons moet aanvat, is dit: indien 'n ewige Skepper bestaan (en ons het bewys dat Hy wel bestaan), watter soort Skepper is Hy? Kan ons dinge aflei aangaande Hom van wat Hy geskep het? Met ander woorde, kan ons die oorsaak verstaan as gevolg van die uitwerking? Die antwoord hierop is ja, ons kan, met die volgende eienskappe wat vermoed word:

Hy moet Bonatuurlik van aard wees (Hy het tyd en ruimte geskep).

Hy moet magtig wees (uitnemend).

Hy moet ewig wees (selfbestaan).

Hy moet alomteenwoordig wees (Hy het ruimte geskep en is nie daardeur beperk nie).

Hy moet tydloos en onveranderlik wees (Hy het tyd geskep).

Hy moet onliggaamlik wees, omdat Hy ruimte/fisies oortref).

Hy moet persoonlik wees (die onpersoonlike kan nie persoonlikheid skep nie).

Hy moet oneindig en enkelvoudig wees, aangesien jy nie twee oneindighede kan hê nie.

Hy moet divers wees, tog eenheid hê, want eenheid en diversiteit bestaan in die natuur.

Hy moet intelligent wees (hoogs). Net 'n kognitiewe wese kan 'n kognitiewe wese voortbting.

Hy moet doelgerig wees, omdat Hy alles met oorleg geskep het.

Hy moet moraal besit (geen morele wet kan sonder 'n gewer wees nie).

Hy moet omgee hê(of daar sou geen morele wette wees nie).

Na aanleiding van hierdie waarhede vra ons nou of enige godsdiens in die wêreld so 'n Skepper beskryf. Die antwoord hierop is ja: die God van die Bybel pas volkome in hierdie profiel. Hy is bonatuurlik (Gen 1:1), almagtig (Jer 32:17, ewig (Ps 90:2), alomteenwoordig (Ps 139:7), tydloos/onveranderlik (Mal 3:6), onliggaamlik/geestelik (Joh 5:24), persoonlik (Gen 3:9), nodig (Kol 1:17), oneindig/enkelvoudig (Jer 23:24, Deut 6:4), divers, maar tog met eenheid (Matt 28:19), intelligent (Ps 147:4-5), doelgerig (Jer 29:11) moreel (Dan 9:14) en vol omgee (1 Pet 5:6-7).

Die laaste onderwerp om aan te spreek rakende God se bestaan, is hoe verantwoordbaar die ateïs se siening werklik is. Aangesien die ateïs beweer dat die gelowige se standpunt onjuis is, is dit slegs geregverdig om die vraag om te draai en dit na hom terug te gooi. Die eerste ding om te verstaan is dat die bewering wat die ateïs maak –"geen god", dit is wat "ateïs" beteken – 'n verwerplike siening is om te hê, vanuit 'n filosofiese standpunt. Mortimer Adler, 'n wetlike geleerde en filosoof sê, "'n Bevestigende eksistensiële stelling kan bewys word, maar 'n negatiewe eksistensiële stelling – een wat die bestaan van iets ontken – kan nie bewys word nie." Byvoorbeeld, iemand kan beweer dat 'n rooi arend bestaan en iemand anders mag beweer dat rooi arende nie bestaan nie. Die eersgenoemde het net nodig om 'n enkele rooi arend te vind om sy bewering te bewys, terwyl laasgenoemde die totale heelal moet fynkam en letterlik op elke plek gelyktydig wees, om te verseker dat hy nie 'n rooi arend iewers op 'n bepaalde plek en tyd gemis het nie. Dit is onmoontlik om te doen. Dit is waarom intellektuele, eerlike ateïste sal erken dat hulle nie kan bewys dat God nie bestaan nie.

Vervolgens is dit belangrik om die gesprek rondom die ernstigheid van die ware stellings wat gemaak is, te verstaan en die hoeveelheid getuienis wat vereis word om sekere gevolgtrekkings te waarborg. Byvoorbeeld, iemand sit twee houers limonade voor jou neer en sê dat een dalk suurder kan wees as die ander: Die nadele om die suurder drank te vind,sou nie ernstig wees nie en jy sou nie 'n groot hoeveelheid bewyse benodig om jou keuse te maak nie. Sou die gas versoeter by die een glas voeg en rotgif by die ander, dan sou jy baie meer bewyse benodig, voordat jy jou keuse sou maak.

Dit is waar iemand homself bevind, wanneer hy tussen ateïsme en geloof in God moet besluit, aangesien geloof in ateïsme heel waarskynlik kan uitloop op onherstelbare en ewige gevolge. Dit sou wou voorkom asof die ateïs die mandaat het om gewigtige en kragtige getuienis te lewer om sy stelling te ondersteun, maar hy kan nie. Ateïsme kan eenvoudig nie die toets slaag om bewys te lewer vir die ernstigheid van die aantyging wat dit maak nie. In plaas daarvan, gly die ateïs en diegene wat hy oorreed met sy seining, die ewigheid in, met hul vingers gekruis en met die hoop dat hulle nie die hartseer waarheid gaan vind dat die ewigheid inderdaad bestaan nie. Soos Mortimer Adler sê, "Baie meer gevolge vir die lewe en optrede volg, as gevolg van die bevestiging of ontkenning van God, as van enige ander fundamentele vraag."

Dus, het geloof in God intellektuele waarborg? Is daar 'n rasionele, logiese en redelike argument vir die bestaan van God? Absoluut. Ateïste soos Freud beweer dat diegene wat in God glo, het 'n wensvervullende gegeerte, maar dalk is dit eerder Freud en sy volgelinge wat eintlik werklik aan hierdie begeerte ly: die hoop en wens dat daar geen God is nie, geen toerekenbaarheid en dus geen straf nie. Die God van die Bybel weerspreek Freud egter. Hy bevestig Sy bestaan en die feit dat daar wel veroordeling aan die kom is, vir diegene wat wel binne-in hulsef die waarheid weet dat Hy bestaan, maar dit opponeer (Rom 1:20). Vir diegene wat positief reageer op die getuienis dat 'n Skepper wel bestaan, dat Hy die weg van verlossing bied, wat deur Sy Seun, Jesus Christus, daargestel is: "Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van 'n mens of die besluit van 'n man nie, maar God is hulle Vader" (Joh 1:12-13).

English


Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is daar 'n argument vir die bestaan van God?