settings icon
share icon
Vraag

Wat is die oorsaak van al die anti-Semitisme in die wêreld?

Antwoord


Hoekom haat die wêreld die Jode? Hoekom is anti-Semitisme so buitensporig onder so baie verskillende nasies? Wat is so sleg betreffende die Jode? Geskiedenis het bewys dat op verskeie tye oor die laaste 1700 jare, die Jode verdryf is regoor 80 verskillende lande. Historici en deskundiges het gevind dat daar ten minste 6 verskillende redes daarvoor is:

Rasseteorie — die Jode word gehaat,omdat hulle 'n ondergeskikte ras is.

Ekonomiese Teorie — die Jode word gehaat, omdat hulle te veel rykdom en mag besit.

Buitestaanderteorie — die Jode word gehaat, omdat hulle verskil van al die ander.

Sondebokteorie — die Jode word gehaat, omdat hulle die oorsaak is vir al die probleme in die wêreld.

Godsmoordteorie — die Jode word gehaat, omdat hulle Jesus Christus doodgemaak het.

Uitverkore volksteorie — die Jode word gehaat, omdat hulle aanmatigend verklaar dat hulle die uitverkore volk van God is.

Is daar enige waarheid in hierdie teorieë?

Met respek teenoor die Rasseteorie, is die waarheid dat die Jode nie 'n ras is nie. Enige mens in die wêreld van enige kleur, afkoms of ras kan 'n Jood word.

Die Ekonomiese teorie van die Joodse rykdom dra nie veel gewig nie. Geskiedenis het bewys dat gedurende die 17de eeu regdeur tot die 20ste eeu, spesifiek in Pole en Rusland, die Jode uiters arm was en baie min, indien enige invloed op besigheid- of politieke sisteme gehad het.

Wat betref die Buitestaanderteorie: Gedurende die 18de eeu het die Jode met alle mag probeer om saam met die res van Europa opgeneem te word. Hulle het gehoop dat die assimilasie sou veroorsaak dat anti-Seminisme sou verdwyn. Tog is hulle selfs meer gehaat deur diegene wat gemeen het dat die Jode hul eie ras met minderwaardige gene sou besmet. Dit was veral waar in Duitsland voor die Tweede Wêreldoorlog.

Betreffende die Sondebokteorie, is die feit egter so, dat die Jode altyd gehaat was en dit maak hulle 'n baie gerieflike teiken.

Die Godsmoordteorie: Die Bybel maak dit duidelik dat die Romeine die mense was wat Jesus eintlik doodgemaak het, alhoewel die Jode medepligtig was. Dit is eers sedert 'n paar jare later dat die Jode beskuldig word as Jesus se moordenaars. 'n Mens kan wonder waarom die Romeine nie die gehate persone is nie. Jesus het Self die Jode vergewe (Luk 23:34). Selfs die Vatikaan het in 1963 die Jode van Jesus se dood kwytgeskeld. Desnieteenstaande, het enige stelling ant-Semitisme verminder nie.

Rakende die aanspraak van "uitverkore volk van God" het die Jode in Duitsland hul "uitverkore" status verwerp, gedurende die laaste gedeelte van die 19de eeu, om beter opgeneem te word in die Duitse kultuur. Hulle het egter die Holocaust-lyding ondergaan. Sommige Christene en Moslems maak deesdae aanspraak op die "uitverkore mense" van God. Dis egter so dat die grootste deel van die wêreld hulle verdra en steeds die Jode haat.

Dit bring ons by die ware rede uit hoekom die wêreld die Jode haat. Die apostel Paulus sê vir ons, "Ek sou self vervloek wou wees, afgesny van Christus, as dit tot hulle voordeel kon wees. Hulle is tog Israeliete; vir hulle het God as Sy kinders aangeneem en in Sy heerlikheid laat deel; met hulle het Hy die verbonde gesluit en aan hulle die wet van Moses gegee, asook die tempeldiens en die beloftes; hulle stam van die aartsvaders af en uit hulle is die Christus as mens gebore — Hy wat God is, verhewe bo alles en lofwaardig vir ewig! Amen. Die waarheid is dat die wêreld die Jode haat, omdat die wêreld God haat. Die Jode was God se eersgeborenes, Sy uitverkore volk (Deut 14:2). Deur die Joodse patriarge, die profete en die tempel het God die Jode gebruik om Sy Woord uit te dra, asook die Wet en moraliteit aan 'n sondige wêreld. Hy het Sy Seun gestuur, Jesus Christus, in 'n Joodse liggaam om die wêreld van sonde te verlos. Satan, die owerste van die aarde (Joh 14:30; Ef 2:2) het die mense se verstand vergiftig met sy haat teenoor die Jode. Lees Openbaring 12 waar Satan (die draak) se haat teenoor die Joodse nasie (die vrou) uitgebeeld word.

Satan het probeer om die Jode uit te wis deur middel van die Babiloniërs, die Persiërs, Assiriërs, Egiptenare, Hetiete en die Nazi's, maar het elke keer misluk. God is nie klaar met Israel nie. Rom 11:26 vertel ons dat Israel nog op 'n dag gered sal word en dit kan nie gebeur, indien Israel nie langer bestaan nie. Dus sal God die Jode vir die toekoms bewaar, netsoos Hy hul oorblywende deeltjie regdeur die geskiedenis bewaar het, tot Sy finale plan uitgevoer is. Niks kan God se plan vir Israel en die Joodse mense dwarsboom nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die oorsaak van al die anti-Semitisme in die wêreld?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries