settings icon
share icon
Vraag

Mag ‘n Christen anti-depressante of ander geestesgesondheids-medikasie gebruik?

Antwoord


Paniek-aanvalle, angs-ongesteldhede, fobies en depressie affekteer miljoene mense. Alhoewel die medici glo dat die voorafgenoemde kwale baiekeer binne ‘n persoon se psige ontstaan, is daar ook tye wanneer ‘n chemiese wanbalans die oorsaak is – of tye wanneer ‘n probleem wat in die psige begin het, tot die chemiese wanbalans bygedra het en nou die probleem vererger. Indien dit die geval is, word medikasie dikwels voorgeskryf om die wanbalans om te keer, wat dan weer op sy beurt die simptome van die psigologiese kwaal behandel. Is dit sonde? Nee, God het toegelaat dat die mens in mediese kennis kan groei, wat Hy dan ook dikwels in die genesingsproses gebruik. Het God mensgemaakte medisyne nodig om te genees? Natuurlik nie! God het egter gekies om die medisyne-praktyk te laat groei en daar is geen Bybelse rede waarom ons nie daarby kan baat vind nie.

Daar is egter ‘n fyn lyn tussen die gebruik van medisyne vir genesingsdoeleindes en aanhoudende gebruik vir daaglikse oorlewing. Ons moet God erken as die Groot Geneesheer en weet dat Hy alleen die krag tot ware genesing het (Joh 4:14). Ons het nodig om eerste na God te kyk en veral vir ons genesing. Byvoorbeeld, medisyne wat gebruik word in die geval van ‘n paniek-aanval moet net gebruik word, in soverre dit die persoon toelaat om die oorsaak van die angs te hanteer. Tog gebruik baie lyers medisyne as voorkomende middel om die ware oorsaak van hul siekte te vermy; dit is om verantwoordelikheid te ontken, God se genesing te ontken en moontlik om ander die vryheid of afsluiting van vergiffenis van iets wat in die verlede gebeur het, te misgun, wat ook weer kan bydra tot heling. Dit is sonde, wanneer dit op selfsug gebaseer is.

Deur medisyne op ‘n beperkte basis te gebruik om die simptome te behandel en dan op die Woord van God te steun, asook wyse raad om verandering van hart en verstand te weeg te bring, sal gewoonlik die drang na die medikasie verminder. ( Sommige mense se liggame het langtermyn gebruik van anti-depressante nodig om die simptome te beheer. Ook sekere ander psigologiese versteurings soos skisofrenie en bipolêre steurnisse, vereis langtermyn farmaseutiese gebruik, byna soos insulien vir diabetes.) Die gelowige se posisie in Christus is versterk en God bring genesing in daardie probleem-areas van die hart en verstand, wat die oorsaak van die siekte is. Byvoorbeeld, wanneer daar angs is, kan ons na God se Woord gaan om te sien wat dit aangaande vrees sê en die plek van vrees in n gelowige se lewe. Om die volgende skrifgedeeltes te lees en daarop te mediteer, kan genesing bring, aangesien dit vertroue skep en lig werp op die waarheid en uitspel wat dit beteken om kind van God te wees: Spreuke 29:25; Matt 6:34; Joh 8:32; Rom 8:28-39; 12:1-2; 1 Kor 10:13; 2 Kor 10:5; Fil 4:4-9; Kol 3:1-2; 2 Tim 1:6-8; Heb 13:5-6; Jak 1:2-4; 1 Pet 1:3-4; 1 Joh 1:9; 4:18-19.

God kan bonatuurlik en wonderbaarlik genees. Ons moet daarvolgens bid. God genees ook deur medikasie en dokters. Daarvoor moet ons ook bid. Ongeag watter rigting God beplan, ons volste vertroue moet in Hom alleen wees (Matt 9:22). English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Mag ‘n Christen anti-depressante of ander geestesgesondheids-medikasie gebruik?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries