settings icon
share icon
Vraag

Hoe moet Christene opstaan vir hul geloof in so ‘n anti-Christelike wêreld?

Antwoord


As Christene, is daar twee dinge wat ons kan doen om op te staan vir Christus: Om te lewe volgens Sy Woord en ons eie kennis aangaande Hom te kweek. Christus het gesê, “Laat julle lig so voor die mense skyn….” (Matt 5:16). Dit beteken dat ons moet lewe en optree op ‘n wyse dat dit die evangelie ondersteun. Ons moet ook onsself met kennis bemeester, beide aangaande die evangelie (Ef 6:10-17) en van die wêeld rondom ons. 1 Pet 3:15 sê, “In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om ‘n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ‘n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe. Maar doen dit met beskeidenheid en met eerbied vir God”. Al wat ons kan doen, is om te lewe en te onderrig soos Christus sou doen en laat die res aan Hom oor.

Kritiek teenoor die Christendom het tans meer hoorbaar geword. Dit is deels omdat daar baie mense is wat nie in God glo nie of nie die waarheid oor Hom verstaan nie. Tog is die klaarblyklike vermeerdering van anti-Christene toe te skryf aan aannames. Soos met baie onderwerpe, is hulle wat die Christendom werklik ondermyn, die luidste en mees hoorbare van die ongelowiges. Die oorgrote meerderheid van hulle wat nie glo nie, gee nie genoeg om, om met gelowiges te lol nie. Die paar, hoorbare, bittere ongelowiges maak genoeg lawaai om baie meer talryk te lyk as wat hulle is.

Die tipiese beskuldiging van die nie-gelowige groep is om na gelowiges te verwys as “onkundig,” “dom,” gebreinspoel,” of om andersins te suggereer dat hulle wat geloof het, minder intelligent is as diegene wat nie het nie. As ‘n Christen op intelligente wyse opstaan vir sy geloof, verander die terme na “dweper,” “ekstremis,” of “fanatikus.” As mense wat weet dat die gelowige goed en liefdevol is, dit hoor, dan begin die ateïs lyk na die dwaas wat hy of sy is (Ps 53:1). Die meeste ongelowiges het geen persoonlike rede om negatief na Christene te kyk nie, maar hulle hoor soms so baie van die luide anti-Christene dat hulle aanvaar dit is so. Hulle benodig voorbeelde van lewens wat getuig van Christus, om die waarheid te sien.

As iemand beweer dat hy of sy ‘n Christen is of iets doen wat nie “Christ-like” is nie, dan is die luide massa daar om hom of haar met woede te identifiseer as “tipiese godsdienstige skynheilige”. Dit is iets waarteen ons gewaarsku word om te verwag, in Rom 1:28-30 en Matt 5:11. Die beste ding om te doen is om ‘n gedeelte uit die Bybel aan te haal, wat daarteen spreek wat die persoon gedoen het. Herinner dan die ateïste dat al sê die persoon hy is ‘n Christen en dink selfs dat hy een is, beteken nie dat hy wel is nie. Matt 7:16, 20 sê dat ware Christene deur hul optrede geken sal word, nie deur hul belydenis nie. En herinner kritici dat absoluut niemand lewe sonder om te sondig nie (Rom 3:23).

‘n Belangrike ding om te onthou is dat niemand, maak nie saak hoe oorredend, kan enigiemand dryf om enigiets te glo wat hy nie wil glo nie. Dit maak nie saak wat die getuienis of argument is nie, mense glo wat hulle wil glo (Luk 12:54-56). Oortuiging is nie ‘n Christen se taak nie. Die Heilige Gees oortuig mense (Joh 14:16-17) en hulle kies om te glo of nie. Wat ons kan doen, is om onsself uit te leef op ‘n manier wat so na as moontlik aan Christus is. Dit is hartseer dat daar baie ateïste is wat die hele Bybel deurgelees het , op soek na ammunisie teen Christene en dat daar baie Christene is wat kwalik die Bybel al gelees het.

Dit is moeilik vir die verwoede massa om ‘n Christen te beskuldig van haatdraendheid en dweper as daardie persoon ‘n lewe van goedheid, nederigheid en omgee voer. As ‘n Christen ‘n sekulêre argument akkuraat kan bespreek, debatteer of ontmasker, pas die etiket van “onkundigheid” nie meer nie. ‘n Christen wat die sekulêre argument gelees het en hul foute beskaafd kan ontbloot, help om die stereotipes wat die ateïste aanvoer, af te koel. Kennis is die wapen en is onoorwinlik as ons toelaat dat Christus ons daarin lei en leer hoe om dit te gebruik.

English


Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe moet Christene opstaan vir hul geloof in so ‘n anti-Christelike wêreld?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries