settings icon
share icon
Vraag

Wat is amillennialisme?

Antwoord


Amillennialisme is die benaming wat gebruik word vir die mening dat daar nie ‘n letterlike 1000-jarige Christusbewind sal wees nie. Die mense wat dit glo, word amillennialiste genoem. Die voorvoegsel “a-“ beteken “nee” of “nie”, dus “geen millennium”. Dit verskil van die algemeen aanvaarde siening van premillennialisme ( die siening dat Christus se tweede koms Sy duisendjarige koninkryk sal voorafgaan en dat die duisendjarige koninkryk letterlik 1000 jaar sal regeer. Postmillennialisme is weer die siening dat Christus sal kom, nadat die Christene, nie Christus self nie, die koninkryk op die aarde gevestig het.

Nogtans, om toe te gee aan die amillennialisme, glo hulle nie dat daar geen millennium is nie. Hulle glo net nie in ‘n letterlike 1000-jarige Christusregering op aarde nie. In plaas daarvan glo hul dat Christus nou op die troon van Dawid sit en dat hierdie teenswoordige kerk-eeu die koninkryk is, waaroor Christus regeer. Daar bestaan geen twyfel dat Christus nou op ‘n troon sit nie, maar dit beteken nie dat dit die troon van Dawid is, waarna die Bybel verwys nie. Daar bestaan geen twyfel dat Christus nou regeer nie, want Hy is God, tog beteken dit nie dat Hy oor die duisendjarige koninkryk regeer nie.

Om dus vir God dit moontlik te maak om Sy beloftes teenoor Israel en Sy verbond met Dawid te hou (2 Sam 7:8-16, 23:5; Ps 89:3-4), moet daar ‘n letterlike, fisiese koninkryk op aarde wees. Om hieraan te twyfel, is om God se begeerte en/of Sy vermoë om Sy beloftes te hou, te bevraagteken en dit veroorsaak baie teologiese probleme. Byvoorbeeld, indien God nie Sy beloftes teenoor Israel nakom nie, nadat Hy dit as “ewig” bevestig het, hoe kan ons dan seker wees van enige van Sy beloftes, insluitend die beloftes van verlossing vir gelowiges deur die Here Jesus? Die enigste oplossing is om Hom op Sy woord te neem en te verstaan dat Sy beloftes letterlik vervul sal word.

Daar is duidelike Bybelse aanduidings dat die koninkryk ‘n letterlike, aardse koninkryk sal wees.

Sag 14:4,9: Die voete van Christus sal werklik die Olyfberg raak, voordat Hy Sy koninkryk sal vestig;

Jer 23:5-8: Tydens die koninkryk sal die Messias reg en regverdigheid op die aarde uitvoer;

Dan 7:13-14,27: Die koninkryk word beskryf as onder die hemel;

Hand 3:21, Jes 35:1-2, 11:6-9, 29:18, 65:20-22, Eseg 47:1-12; Amos 9:11-15: Die profete voorspel dramatiese aardse veranderinge tydens die koninkryk;

Openbaring 20: Die kronologiese gebeure in Openbaring dui die bestaan van ‘n aardse koninkryk aan, voor die afsluiting van die wêreld se geskiedenis.

Die uitdrukking, amillennium, vloei voort uit een interpretasie-metode vir onvervulde profesie en ‘n ander metode van nie-profetiese Skrif en vervulde profesie. Nie-profetiese Skrif en vervulde profesie word letterlik of normaal geïnterpreteer, maar volgens die amillennialis moet onvervulde profesie se “geestelike” vertolking van onvervulde profesie die normale een wees. Hier word gepraat van ‘n tweeledige skrifverklaring (uitlegkunde). Die amillennialis veronderstel dat die meeste of alle onvervulde profesie in simboliese, figuurlike, geestelike taal geskryf is. Dus, die amillennialis sal verskillende betekenisse aan daardie Skrifgedeeltes toeskryf, in plaas van die normale, kontekstuele betekenisse van daardie woorde.

Die probleem met die interpretering van onvervulde profesie op hierdie wyse, is dat dit ‘n wye reeks van betekenisse toelaat. Indien jy nie die Skrif op die normale wyse interpreteer nie, sal daar nie net een betekenis wees nie. Tog het God, die hoofskrywer van die hele Skrif een spesifieke betekenis in gedagte gehad, toe Hy die menslike skrywers geïnspireer het om te skryf. Alhoewel daar baie lewendige toepassings in ‘n Skrifgedeelte mag wees, is daar net een betekenis wat God veronderstel het dat dit moet wees. Ook die feit dat vervulde profesie letterlik vervul was, is die beste rede van almal die veronderstelling dat onvervulde profesie ook letterlik vervul sal word. Die profesieë oor Christus se eerste koms was almal letterlik vervul, dus die profesieë oor Christus se tweede koms moet ook letterlik vervul word. As gevolg van hierdie redes moet ‘n allegoriese (sinnebeeldige) interpretasie van onvervulde profesie verwerp word en ‘n letterlike of normale interpretasie of onvervulde profesie moet aanvaar word. Amillennialisme slaag dus nie, aangesien dit teenstrydige skrifverklarings gebruik, naamlik, dat dit onvervulde profesie anders as vervulde profesie interpreteer.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is amillennialisme?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries