settings icon
share icon
Vraag

Is algehele heiligmaking/sondelose volmaaktheid moontlik in hierdie lewe?

Antwoord


Ef 4:13 sê dat die geestelike gawes gegee word om die liggaam van Christus op te bou “So sal ons uiteindelik almal kom tot die werklike eenheid in ons geloof en in ons kennis van die Seun van God. Dan sal ons, Sy kerk, soos ‘n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos Christus.” Sommige vertalings sê dat ons “volmaak” (i.p.v. “volgroei/volwasse”) sal word en as gevolg hiervan het mense verkeerdelik begin glo dat ons sondelose volmaaktheid in hierdie lewe kan bereik. Die Bybel leer dat, solank ons in die vlees is, ons altyd sal sukkel met ‘n sondige natuur (Rom 7:14-24). Niemand sal “volmaaktheid” bereik of sondeloos wees, voordat ons in die hemel kom nie.

Die woord “volgroei” in Ef 4:13 is vertaal vanuit die Griekse woord, “teleios.” Dit word gebruik regdeur die Nuwe Testament en beteken “volmaak,” “volkome,” “volgroei” en “volwasse.” Wat Ef 4 hier leer, is dat hoe meer ons in Christus groei, hoe sterker en meer samehorig ons as ‘n kerk sal wees. Die vers leer nie dat ons sal ophou om te sondig nie.

‘n Ander gedeelte wat mense soms verwar, is Kol 1:28, wat in sommige vertalings sê dat Paulus wil hê dat “elke mens tot geestelike volwassenheid in Christus” kan kom. Ook in Kol 4:12 bid Paulus dat ons “staande mag bly, geestelik volwasse en in alles volkome gehoorsaam aan die wil van God.” In beide verse moet die Griekse woord vir “volmaak” verstaan word as “volwasse/volgroei,” “sonder sonde.”

As menslike wesens is ons gebind onder Adam se natuur in hierdie wêreld. Dit maak nie saak hoe hard ons probeer om dit nie te doen nie, ons sal nog steeds teen God sondig. Hierdie waarheid geld vir almal. Paulus vermaan vir Petrus om mense voor te trek of te begunstig (Gal 2:11-13). Laat in sy bediening, noem Paulus homself die “grootste” sondaar (1 Tim 1:15). Petrus, Jakobus, Johannes en Paulus erken almal dat hulle onvolmaak was. Hoe kan jy of ek daarop aanspraak maak dat ons enigsins anders is?

Ware volmaaktheid sal nie kom voordat die wegraping van die kerk plaasvind nie, wanneer ons vir Jesus in die lug sal ontmoet (1 Tess 4:17). Daardie tyd sal dié wat in Christus gesterf het, opgewek word en die liggame van die lewendes sal verander word (Fil 3:20, 21; 1 Kor 15:54). Ons sal voor die Regterstoel van Christus verskyn (2 Kor 5:10), waar ons werke geoordeel sal word en ons beloon sal word (1 Kor 3:9-15). Ons verlossing sal dan volmaak wees en ons sonde vir ewig weg. Ons sal lewe en saam met Christus in sondelose volmaaktheid vir ewig regeer.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is algehele heiligmaking/sondelose volmaaktheid moontlik in hierdie lewe?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries