settings icon
share icon
Vraag

Hoekom raak so baie jongmense afvallig van die geloof?

Antwoord


'n Onlangse ondersoek onder leiding van die Barna Group, 'n leidende navorsings-organisasie wat fokus op die verhouding van geloof en kultuur, het gevind dat minder as 1% van die jong volwasse populasie in die Verenige State 'n bybelse wêreldsiening het. Selfs meer uit die staanspoor, wys die data dat minder as een helfte van 1% van Christene tussen die ouderdomme van 18 en 23 'n bybelse wêreldsiening het.

Die Barna Group het hulle met 'n bybelse wêreldsiening gedefinieer, as sou hulle geglo het:
• dat volkome morele waarhede bestaan,
• dat die Bybel heeltemal foutloos is,
• dat Satan regtig bestaan en nie simbolies nie,
• dat iemand nie sy weg in God se Koninkryk kan verkry deur goeie werke nie,
• dat Jesus Christus sonder sonde op aarde geleef het, en
• dat God die opperste Skepper van die hemele en die aarde is en vandag oor die hele heelal regeer.

'n Ander studie deur Fuller Seminary het bepaal dat die belangrikste faktor wanneer jongmense die kerk verlaat of vas bly staan in hul geloof, was, of hulle 'n veilige hawe het om hul twyfelvrae en onsekerheid aangaande die Skrif en hul geloof uit te spreek, voordat hulle die huis verlaat. Wat krities is, is dat ons jeug volwassenes moet hê om hulle te voorsien van rigting en leiding in verband met die besorgdheid oor hul geloof, wat hulle mag hê. So 'n skuiling word in twee plekke gevind: in hul ouers en in hul kerk se jeugprogramme.

Tog het die Fuller-studie ook gevind dat die meeste kerkjeugprogramme probeer fokus om hul energie te gebruik om vermaak en pizza te voorsien, eerder as om te fokus om die jongmense in hul geloof op te bou. Die gevolg is dat ons tieners verkeerdelik toegerus word om die uitdagings in die gesig te staar, wat die wêreld na hul kant toe kan gooi, nadat hulle die huis verlaat het.

Daarbenewens het twee studies, beide deur die Barna Group en USA Today gevind dat bykans 75% van Christen-jongmense die kerk na hoërskool verlaat. Een van die hoofredes is intellektuele skeptisisme. Dit is as gevolg van die feit dat ons jeug nie uit die Bybel geleer word in hul huise of in die kerk nie. Statistiek wys dat ons kinders 'n gemiddeld van 30 ure per week in openbare skole deurbring, waar hulle kennis opdoen wat lynreg in teenstelling met bybelse waarhede staan, bv. evolusie, die aanvaarding van homoseksualiteit, ens. Dan kom hulle huis toe met nog 'n 30 ure per week voor die televisie, waar hulle gebombardeer word deur wellustige advertensies en morsige sitcoms of "skakeling" met vriende op Facebook, vir ure besig om met mekaar te praat of speletjies te speel. Terwyl die tyd wat weekliks in die kerk se Bybelklas gespandeer word, slegs 45 minute is. Dit is geen wonder nie dat ons jongmense die huis verlaat sonder 'n Christelike wêreldsiening. Hulle is nie net swak geanker in die geloof nie, maar is ook nie geleer om op 'n intelligente wyse die sienings te ondersoek van die skeptici, wat hulle geloof onvermydelik uitdaag. Die meeste van hierdie studente is nie voorbereid om die naskoolse kollege-klaskamer, waar meer as die helfte van die professore Christelike sienings vyandiggesind is en elke geleentheid gebruik om hulle en hul geloof te verkleineer, te verdedig nie.

Daar is geen twyfel dat 'n sleutelfaktor 'n rol speel in jongmense se lewe om vas te hou aan hul Christelike geloof of dit verwerp nie: die invloed van hul ouers. Soos Spreuke dit stel, "Gee leiding aan 'n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie" (Spreuke 22:6). Een spesifieke studie het bevind dat waar beide ouers gelowig is en aktief in die kerk, 93% van hul kinders gelowig bly. Waar net een ouer gelowig is, is die persentasie slegs 73%. Waar geen van die ouers gelowig is nie, is dit slegs 53%. In daardie omstandighede waar beide ouers geensins aktief is en net af en toe kerkbywoning beoefen, daal die persentasie met 6%.

Die hedendaagse tieners debatteer met hulself hoe Christelikheid vergelyk met die wêreld se kompeterende gelowe. Uitsprake soos, "Jy het jou waarheid en ek het myne," of "Jesus was maar net een van baie geestelike leiers," word aanvaarbaar in ons samelewing. Ons tieners behoort opgelei te word in die huis, hoe om teenoor hul sekulêre vriende op te tree. Hulle moet volkome voorbereid wees om 'n rede aan te voer vir die hoop wat binne hulle is (1 Pet 3:15): Bestaan God werklik? Hoekom laat Hy pyn en lyding toe in die wêreld om voort te gaan? Is die Bybel regtig waar? Is daar volkome waarheid?

Ons jongmense moet beter toegerus wees, wetende hoekom hulle die eise van Christenskap glo, eerder as dié van 'n ander geloofsisteem. En dit is nie net vir hulself alleen nie, maar ook vir die mense wat navraag doen oor hul geloof. Christenskap is 'n werklikheid; dit is waar en die waarhede moet in die harte van ons jeug ingegraveer wees. Ons jeug moet voorbereid wees vir die intellektuele uitdagings en vrae en geestelike konfrontasies wat op hul pad sal kom in hul naskoolse lewe. 'n Vaste program verontskuldigings, die studie van verdediging van waarhede is uiters belangrik in voorbereiding van die jeug om te ken en ook die verdediging van die geloofwaardigheid van die Skrif en die egtheid van hul Christelike geloof.

Die kerk moet ernstig kyk na sy jeugprogramme. In plaas daarvan om hulle te vermaak met komedies, musiek en videos, het ons nodig om hulle in die Skrif te onderrig met logika, waarheid en 'n Christelike wêreldsiening. Frank Turek, welbekende Christenskrywer en lektor in apologie, waar die probleem van afvalligheid van die geloof onder die jeug aangespreek word, stel dit so: "We've failed to recognize that what we win them with….we win them to."

Christelike ouers en ons kerke het nodig om beter te doen deur die harte en gedagtes van ons jeug te ontwikkel deur middel van die Woord van God (1 Pet 3:15; 2 Kor 10:5).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoekom raak so baie jongmense afvallig van die geloof?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries