settings icon
share icon
Vraag

Is 'n afvallige Christen steeds nog gered?

Antwoord


Dit is 'n vraag wat oneindig baie deur die jare heen, oor gedebatteer is. Die woord "afvallige" of "afvalligheid" verskyn nie in die Nuwe Testament nie en in die Ou Testament is dit hoofsaaklik ten opsigte van Israel gebruik. Alhoewel die Jode God se uitverkore volk was, het hulle aanhoudend hul rûe op Hom gedraai en teen Sy Woord gerebelleer (Jer 8:9). Dit is waarom hulle geforseer is om offerandes vir sondes oor en oor te bring, om sodoende hul verhouding met die God wat hulle beledig het, te herstel. Die Christen egter baat as gevolg van die volmaakte, eens en vir almal-offerande wat Christus gebring het en hulle benodig geen verdere offer vir hul sonde nie. God self het ons verlossing vir ons verkry (2 Kor 5:21) en omdat ons deur Hom gered is, kan 'n ware Christen nie so ver afvallig word, dat hy/sy nie weer kan omdraai na God toe nie.

Christene doen sonde (1 Joh 1:8), maar die Christen se lewe word nie gekenmerk deur 'n lewe van sonde nie. Gelowiges is nuwe skepsels (2 Kor 5:17). Ons het die Heilige Gees in ons, wat goeie vrug voortbring (Gal 5:22-23). 'n Christen se lewe behoort te vernuwe, te verander. Christene word vergewe, maak nie saak hoe baie hulle sondig nie, maar terselfdertyd moet hulle voortdurend meer heilig lewe, soos hulle nader groei na God toe en meer soos Christus word. Ons moet baie twyfelvrae hê oor 'n persoon wat voorgee dat hy/sy 'n gelowige is, maar tog 'n lewe lei wat iets anders vertel. Ja, 'n ware Christen wat tydelik terugval in sonde, is nog steeds gered, maar terselfdertyd is iemand wat 'n lewe lei wat deur sonde beheer word, nie 'n ware Christen nie.

Wat van 'n persoon wat Christus ontken? Die Bybel sê dat as iemand Christus verloën, hy/sy van die begin af nie vir Christus geken het nie. "Hulle het wel uit ons geledere voortgekom, maar niemand van hulle was ooit werklik een van ons nie, want as hulle werklik van ons was, sou hulle by ons gebly het" (1 Joh 2:19). 'n Persoon wat Christus verwerp en sy/haar rug op die geloof draai, is besig om te demonstreer dat hy/sy nooit aan Christus behoort het nie. Diegene wat aan Christus behoort, bly in Christus. Hulle wat hul geloof ontken, het dit van die begin af nooit gehad nie. "Dit is 'n betroubare woord: As ons saam met Hom gesterf het, sal ons ook saam met Hom lewe; as ons in die geloof volhard, sal ons saam met Hom regeer; as ons Hom verloën, sal Hy ons ook verloën; as ons ontrou is – Hy bly getrou: Hy kan Homself nie verloën nie" (2 Tim 2:11-13).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is 'n afvallige Christen steeds nog gered?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries