settings icon
share icon
Vraag

Hoekom het God vir Abraham beveel om vir Isak te offer?

Antwoord


Abraham was baiekeer, toe hy die pad saam met God gestap het, aan Hom gehoorsaam, maar nie een van die toetse kon erger wees as die een in Gen 22 nie. God het vir hom gesê, “Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer daar op een van die berge wat Ek vir jou sal aanwys” (Gen 22:2). Dit was ‘n verstommende versoek, aangesien Isak die beloofde seun was. Hoe het Abraham opgetree? In onmiddellike gehoorsaamheid; vroeg die volgende more het Abraham en twee van sy dienaars die reis begin. Isak, sy geliefde seun, ‘n donkie en hout vir die brandoffer, is saamgeneem. Sy gehoorsaamheid aan God, sonder om vrae te vra, het die eer aan God gegee, wat Hy verdien en is ‘n voorbeeld vir ons hoe om God te vereer. As ons soos Abraham in gehoorsaamheid optree, in vertroue dat God se plan die beste is, lofprys ons Hom en Sy hoedanighede. Abraham se gehoorsaamheid ten opsigte van hierdie verdoemende opdrag, verhoog God se soewereine liefde, Sy geloofwaardigheid, Sy barmhartigheid en dit is vir ons ‘n navolgenswaardige voorbeeld. Sy geloof in die God wat hy geken en liefgehad het, het Abraham se naam op die galery van geloofshelde in Heb 11 laat seëvier.

God gebruik Abraham se geloof as voorbeeld vir sy navolgers as die enigste wyse tot verlossing. Gen 15:6 sê, “Abram het toe in die Here geglo en die Here het dit goedgevind dat Abram so volgens die wil van die Here gehandel het.”Hierdie waarheid is die basis van die Christelike geloof, soos in Rom 4:3 en Jak 2:23 herhaal word. Die regverdigheid wat aan Abraham toegesê was, is dieselfde regverdigheid wat aan ons toegeken word, wanneer ons in geloof God se offer vir ons sondes, Jesus Christus, aanvaar. “Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel, sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees” (2 Kor 5:21).

Die Oud -Testamentiese storie van Abraham is die basis van die Nuwe Testamentiese lering van versoening, die soenoffer van die Here Jesus aan die kruis vir die mensdom se sondes. Jesus het baie eeue later gesê, “Abraham, julle voorvader, het hom daaroor verheug dat hy die dag van My koms sou sien en hy het dit gesien en was bly” (Joh 8:56). Hier volg ‘n paar vergelykings tussen die twee Bybelse weergawes:

“Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet” (Gen 22:2); “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het…”(Joh 3:16).

“en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer…” (v 2); “Daarom het Jesus ook buitekant die stadspoort gely om die volk deur Sy eie bloed van hulle sonde te reinig” (Heb 13:12).

“offer jou seun as brandoffer daar…” (v 2); “Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte” (1 Kor 15:3).

“Abraham het die hout vir die brandoffer op sy seun Isak se rug getel…” (v 6); Jesus het self Sy kruis gedra….” (Joh 19:17).

“maar waar is die lam om te offer?” (v 7); “Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!” (Joh 1:29).

“Hy het die hout reggesit en sy seun Isak vasgebind en op die altaar neergesit, bo-op die hout” (v 9); “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verbygaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil” (Matt 26:39).

Opstanding – Isak (figuurlik) en Jesus in realiteit: “Omdat Abraham geglo het, het hy, toe hy op die proef gestel is, Isak as offer afgestaan. Ja, hy wat die belofte ontvang het en aan wie gesê is: ‘Uit Isak sal jou nageslag gebore word,’ het gereed gestaan om sy enigste seun te offer. Hy was daarvan oortuig dat God by magte is om uit die dood op te wek, waaruit Abraham vir Isak ook, om dit so te stel, terug ontvang het.” (Heb 11:17-19); “Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte” (1 Kor 15:4). English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoekom het God vir Abraham beveel om vir Isak te offer?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries