Vraag
Is aborsie moord?’
Antwoord
Die onderwerp oor aborsie is miskien een van die belangrikste kwessies van ons dag. Om ‘n eerlike antwoord te vind op die vraag “is aborsie moord?” verg moed van hulle wat aborsies toegepas het of wat self aborsies ondergaan het. Die Bybel is duidelik oor die feit dat moord verkeerd is (Eks 20:13). In sommige gevalle egter verbied die Bybel nie doodmaak nie. Soldate verteenwoordig hul land en daar word van hulle verwag om soldate aan die teenoorgestelde kant dood te maak (Jos 11:20). Dit is nie moord nie, diere was doodgemaak vir kos en offerandes (Eks 24:5; Gen 9:3-4). Dit is ook nie moord nie.
Moord word gedefinieer as “die onwettige, met voorbedagte rade doodmaak van een menslike wese deur ‘n ander.” Moord is onwettige doodmaak – dit is, doodmaak as straf deur een menslike wese teenoor ‘n ander, vir persoonlike (eerder as nasionale) redes. Die Bybel veroordeel moord herhaaldelik as ‘n karaktertrek van ‘n slegte samelewing (Deut 5:17; Jes 1:21; Hosea 4:2; Matt 5:21). Om te bepaal of aborsie moord is of nie, sluit twee oorwegings in: óf ‘n fetus in die baarmoeder werklik ‘n menslike wese is óf nie en tweedens, indien ‘n fetus ‘n kind is, of aborsie volgens reg ‘n moord genoem kan word of nie, aangesien dit in die meeste lande gewettig is. As moord ‘n onwettige doodmaak is, sou dit wees dat ‘n wettige doodmaak, nie moord sou wees nie.
Een rede hoekom moord in baie plekke onwettig verklaar is, is dit omdat dit on-eties is vir ‘n persoon om eensydig te besluit oor ‘n ander se lot. Onder die Ou Testamentiese Wet was ‘n moordenaar nie doodgemaak, tensy daar veelvuldige getuienisse was: “Een getuie is nie genoeg om iemand met die dood te straf nie” (Num 35:30). In oorlog besluit soldate nie om vir hul eie doeleindes dood te maak nie; hulle tree op in nasionale belang – as hulle vir ‘n eerbare nasie veg, sal die nasionale belang wees om beskerming te bied teen sommige bedreigings vir onskuldige burgers. Aborsie is anders. Aborsie is die doodmaak gebaseer op ‘n moeder se eensydige oordeel en keuse. Sulke doodmaak van die weerlose op ‘n wyse sonder oorsaak is on-eties en dan moet aborsie gedefinieer word as moord in enige samelewing – tensy die fetus nie ‘n mens is nie. Indien die fetus slegs ‘n massa is of onpersoonlike weefsel of iets minder as ‘n mens, dan sou die beёindiging van lewe nie dieselfde etiese uitdaging in die gesig staar en as moord beskou word nie.
Dus, is ‘n fetus ‘n mens? Of is dit iets anders? Biologies gesproke begin menslike lewe by bevrugting. Wanneer die moeder se eiersel en die vader se sperm bymekaarkom, verbind hulle en skep ‘n nuwe string DNA, wat verpersoonlik word en heeltemal uniek is. DNA is gekodeerde inligting, die blouprint vir die nuwe menslike groei en ontwikkeling. Niks meer genetiese materiaal is nodig om bygevoeg te word nie; die sigoot in die moederskoot is so menslik as die moeder in wie se skoot dit gevestig is. Die verskil tussen ‘n fetus en enigeen van ons is ouderdom, ligging en vlak van afhanklikheid. As ‘n ma die proses van fetale ontwikkeling aborteer, vernietig sy ‘n unieke lewe.
Die Bybel verwys duidelik na bevrugting as die begin van menslike lewe. Simson het gesê, “ek is van my geboorte af aan God gewy” (“I have been a Nazirite to God from my mother’s womb”) (Rigters 16:17). Hy verwys na sy ongebore self asof hy reeds is wat God vir hom beplan het om te wees – ‘n Nasireёr. Dawid sê, “U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder” (Ps 139:13). Weer sien ons dat Dawid na homself verwys as ‘n persoon in die moederskoot. Dan sê hy, “U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is (Ps 139:16). Dawid sê dat God al sy dae vooruit beplan het vir hom, terwyl hy nog in die moederskoot was. Hierdie getuienis wys weer dat persoonlikheid by bevrugting begin, eerder as by die geboorte-oomblik. Ons sien God het ‘n soortgelyke plan vir die lewe van die ongebore Jeremia: “Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel” (Jer 1:5). Volgens die Bybel is ‘n fetus ‘n ongebore kind, ‘n beplande menslike wese wat God besig is om te vorm vir die oomblik van bevrugting. As dit die geval is, maak dit nie regtig saak wat menslike wetsgeleerdheid sê of hoe sosiaal of polities aanvaarbaar aborsie is nie. God se wet kry voorrang. ‘n Moeder wat besluit om haar kind te aborteer, maak ‘n eensydige besluit om ‘n einde te maak ten opsigte van ‘n ander persoon se lewe – en dit is en was nog altyd die definisie van moord.
English
Is aborsie moord?’