settings icon
share icon
Vraag

Wat is aartsengele?

Antwoord


Die woord “aartsengel” kom net in twee verse in die Bybel voor. Eerstens in Tess 4:16, “Wanneer die bevel gegee word en die stem van die aartsengel en die trompet van God weerklink, sal die Here self uit die hemel neerdaal.” Judas vers 9 verklaar, “Nie eers die aartsengel Migael het so iets gedoen nie. Toe hy met die duiwel gestry het oor die liggaam van Moses, het hy hom dit nie veroorloof om die duiwel te beledig en te veroordeel nie, maar hy het vir hom gesê: ‘Die Here sal jou straf’.” Die woord ‘aartsengel’ kom van die Griekse word wat “hoofengel” beteken. Dit verwys na ‘n engel wat leier van die ander engele is.

Judas vers 9 gebruik die bepaalde lidwoord “die aartsengel Migael”, wat heel moontlik kan aandui dat Migael die enigste aartsengel is. In Dan 10:13 word Migael egter as “een van die vernaamste engele” beskryf. Dit kan moontlik aandui dat daar meer is een aartsengel is, omdat dit Migael op dieselfde vlak plaas as die ander “hoofengele’. Dus, aangesien daar veelvuldige aartsengele is, is dit die beste om nie die aanname volgens die Woord van God te maak, dat ander engele ook aartsengele is nie. Dan 10:21 beskryf Migael die aartsengel as “julle engel” en Dan 12:1 identifiseer Migael as “die groot engel wat oor die lede van jou volk waghou.” Selfs al is daar ‘n menigte aartsengele, wil dit voorkom asof Migael die hoofleier onder hulle is.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is aartsengele?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries