settings icon
share icon
Vraag

Wat is die samestelling van 'n ware Bybelse aanbiddingsdiens?

Antwoord


Mense is instinktiewelik aanbiddingswesens. Die Psalmis druk dit dit so uit, "Soos 'n wildsbok smag na waterstrome, so smag ek na U, o God" (Ps 42:1). Cicero in die eerste eeu v C, het waargeneem dat godsdiens, ongeag die vorm daarvan, 'n universele eienskap van die mens was. Aangesien mense iets of iemand gaan aanbid, moet ons dan vra wat aanbidding is? Vir wie en hoe sal ons aanbid? Wat is die voorskrifte vir 'n Bybelse aanbiddingsdiens en die belangrikste: sal ons "ware aanbidders" (Joh 4:23) of "valse aanbidders" wees?

Christus se opdrag was dat ware aanbidders deur die Gees en in waarheid moet aanbid (Joh 4:24). Die apostel Paulus het verduidelik dat ons deur die Gees van God (Fil 3:3) moet aanbid: dit beteken dat ware aanbidding slegs van diegene kom wat deur geloof in die Here Jesus Christus gered is en die Heilige Gees in hul harte het. Om deur die Gees te aanbid, verwys daarna om die opregte hartsgesindheid te hê en nie net deel te neem aan rituele en gebruike nie. Om in waarheid te aanbid, beteken om te aanbid volgens wat God oor Homself in die Skrif geopenbaar het. Om volgens die Bybel te aanbid, moet dit ooreenstem met die lering van Christus (2 Joh 1:9; ook Deut 4:12; 12:32; Openbaring 22:18-19)> Opregte aanbidding is gebaseer op die instruksies in die Bybel en kan gedoen word met of sonder 'n Belydenisboek, Reëls vir Orde of ander mensgemaakte boek, bevattende instruksies of leiding.

Die eerste-eeuse kerk het verskeie toewydingsaksies in hul aanbiddingsdiens, waarvan ons kan aflei wat 'n ware Bybelse aanbiddingsdiens bevat: die Heilige Nagmaal was waargeneem (Hand 20:7), gebede was gebid (1 Kor 14:15-16), die Skrif was gelees (Kol 4:16) en die Woord van God was verkondig (Hand 20:7).

Die Heilige Nagmaal vier Jesus se dood totdat Hy weer kom (1 Kor 11:25-26). Gebed moet slegs tot God gerig word (Neh 4:9; Matt 6:9), nooit tot enige dooie persoon soos in die Katolieke praktyk nie. Ons word nie toegelaat om apparate soos die rosekrans/krale of Boedhistiese "bidwiele" te gebruik in ons aanbidding nie. Die belangrikste is dat ons gebede in harmonie met God se wil moet wees (1 Joh 5:14).

Ons moet sing in ons aanbidding. Die apostel Paulus beveel ons om onder mekaar "psalms, lofgesange en ander geestelike liedere" te sing – "sing met julle hele hart tot eer van die Here. Dank God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus" (Ef 5:19-20). "Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing" (Kol 3:16). Deur tot die Here en tot mekaar te sing, dra ons die waarheid oor wat daar in musiek is.

'n Deel van ware Bybelse aanbidding is om 'n offer te gee, soos Paulus aan die kerk in Korinte opdrag gee: "Wat die kollekte vir die gelowiges in Jerusalem betref, moet julleook maak soos ek dit in die gemeentes van Galasië gereël het. Elke Sondag moet elkeen van julle na sy vermoë tuis iets opsy sit en dit opspaar, sodat die geldinsameling nie eers plaasvind as ek kom nie" (1 Kor 16:1-2). Ons gereelde kollekte vir die ondersteuning van die werk van die Here is 'n baie ernstige verantwoordelikheid. Die geleentheid om te gee, moet gesien word as 'n groot seën, nie as 'n las om oor te kla nie (2 Kor 9:7). Daarbenewens is om te gee uit vrye wil, die enigste eksplisiete Bybelse metode om die kerk se werk te finansier. Die kerk is nie toegelaat om besighede te bedryf, gelukspartye te hou, betaal by die deur konserte te hou nie, ens. Die kerk van Christus is nie bedoel om 'n handelsbesigheid te wees nie (Matt 21:12-13).

Laastens, prediking en lering is noodsaaklike aktiwiteite van ware Bybelse aanbidding. Ons lering moet slegs uit die Skrif kom – die enigste manier om gelowiges toe te rus vir die lewe en godvresendheid (2 Tim 3:16-17). Die godvresende prediker of leraar sal net vanuit die Woord onderrig gee en op die Gees van God steun om te werk in die harte en gedagtes van die luisteraars. Soos Paulus Timoteus herinner het, "verkondig die Woord; hou daarmee vol, tydig en ontydig; weerlê, bestraf, bemoedig deur met alle geduld onderrig te gee" (2 Tim 4:2). 'n Kerkbyeenkoms wat nie die Woord van God as hoofkomponent insluit nie, is nie 'n Bybelse aanbiddingsdiens nie.

Soos ons die patroon van ware aanbidding in die Skrif volg, laat ons God aanbid met groot passie. Ons moenie aan die wêreld laat blyk dat die aanbidding van ons God 'n vervelige, lewelose ritueel is nie. Ons is verlos van sonde. Laat ons dus ons Skepper prys, as kinders wat dankbaar is vir Sy oorvloedige seëninge. "Laat ons wat 'n onwankelbare koninkryk ontvang het, dan nou dankbaar wees. Laat ons God dankbaar dien met eerbied en ontsag, soos Hy dit wil, want ons God is 'n verterende vuur" (Heb 12:28-29).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die samestelling van 'n ware Bybelse aanbiddingsdiens?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries