settings icon
share icon
Vraag

Moet ons die Heilige Gees aanbid?

Antwoord


Ons weet dat net God alleen aanbid moet word (Eks 34:14 en Openbaring 22:9). Net God alleen verdien aanbidding. Die vraag of ons die Heilige Gees moet aanbid, word eenvoudig beantwoord deur te bepaal of die Gees God is. Indien die Heilige Gees God is, dan moet Hy aanbid word.

Die Skrif verteenwoordig die Heilige Gees nie as 'n "krag" nie, maar as 'n Persoon. Johannes verwys na die Gees in persoonlike terme (Joh 15:26; 16:7-8, 13-14). Hy praat (1 Tim 4:1), Hy het lief (Rom 15:30), Hy maak keuses (Hand 13:2), Hy onderrig (Joh 14:26) en Hy lei (Hand 16:7). Vir Hom kan gelieg word (Hand 5:3-4) en Hy kan bedroef word (Ef 4:30).

Die Heilige Gees besit die natuur van godheid – Hy het deel aan die eienskappe van God. Hy is ewig (Heb 9:14). Hy is alomteenwoordig (Ps 139:7-10) en alwetend (1 Kor 2:10-11). Hy was betrokke in die skepping van die wêreld (Gen 1:2). Die Heilige Gees geniet intieme verbintenis met beide die Vader en die Seun (Matt 28:19; Joh 14:16). Wanneer ons Eks 16:7 met Heb 3:7-9 vergelyk, sien ons dat die Heilige Gees en Jahwe dieselfde is (sien ook Jes 6:8 in vergelyking met Hand 28:25).

Aangesien die Heilige Gees God is en God waardig is om geëer te word (Ps 18), dan is die Gees waardig om aanbid te word. Jesus, die Seun van God ontvang aanbidding (Matt 28:9) en dus is dit dan so dat die Gees van God ook aanbidding moet ontvang. Fil 3:3 vertel dat ons as gelowiges "wat ons op Christus Jesus beroem en nie op uiterlike dinge vertrou nie," dat ons God deur Sy Gees dien. Daar is een God wat tot in ewigheid bestaan in drie Persone. As ons God aanbid, aanbid ons outomaties al drie Persone van die Godheid.

Hoe aanbid ons die Heilige Gees? Op dieselfde wyse as die Vader en die Seun. Christelike aanbidding is geestelik en vloei van binne af, van die werkinge van die Heilige Gees, teenoor Wie ons antwoord deur ons lewens tot offer te bring aan Hom (Rom 12:1). Ons aanbid die Gees deur Sy opdragte te gehoorsaam. Die apostel Johannes verduidelik, deur na Christus te verwys, dat "Wie Sy gebooie gehoorsaam, bly in God en God in hom. Hieraan weet ons dat Hy in ons bly: Hy het ons Sy Gees gegee (1 Joh 3:24). Ons sien hier die verband tussen gehoorsaamheid aan Christus en die Heilige Gees, wat binne-in ons woon en by ons die behoefte opwek om uit gehoorsaamheid Hom te aanbid en Hy bemagtig ons ook vir aanbidding.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Moet ons die Heilige Gees aanbid?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries