settings icon
share icon
Vraag

Hoe kan ek weet om God op waardige wyse te aanbid?

Antwoord


Aanbidding kan gedefinieer word as die handeling van verering en ‘n liefdesbetoning aan ‘n godheid, afgod of ‘n persoon op ‘n onselfsugtige manier. Dit sluit die totale self in deur lofprysing, danksegging en eerbied te gee aan daardie godheid, persoon of materiële voorwerp. Dit is nie ‘n halfhartige aangeleentheid nie en dis slegs nadat ons onderskei het tussen wat aanbidding is en wat nie, met agting teenoor die goddelike voorwerp, dat ons kan begin om bostaande vraag ten volle te beantwoord. Ware, Bybelse aanbidding, soos deur A. W. Pink (1886 – 1952) gedefinieer is in sy uiteensetting van die Johannes-evangelie, sê hy die volgende: “It is a redeemed heart, occupied with God, expressing itself in adoration and thanksgiving.” A. W. Tozer het soortgelyke gesê, “True worship is to be so personally and hopelessly in love with God, that the idea of a transfer of affection never even remotely exists.”

Dus, word opregte aanbidding voor God deur die volgende kriteria onderskei: Eerstens kom dit van die verloste hart van ‘n man of vrou wat voor God geregverdig is deur geloof en wat op die Here Jesus Christus alleen, vir vergifnis van sondes vertrou. Hoe kan ons die God van die hemel aanbid as ons sondes nie vergewe is nie? Daardie aanbidding kan nooit aanvaarbaar wees, as dit voortvloei vanuit ‘n onwedergebore hart, waar Satan, die self en die wêreld heers nie (2 Tim 2:26; 1 Joh 2:15). Enige aanbidding wat nie vanuit ‘n “gewaste” hart kom nie, is tevergeefs.

Tweedens kom ware aanbidding tot God vanuit ‘n hart wat slegs Hom bewonder en begeer. Dit was presies hier waar die Samaritaanse mense gefouteer het; hulle het beide God en afgode aanbid (2 Kon 17:28-41) en dit is herbevestig deur die Here Jesus Christus toe Hy gesels het met die Samaritaanse vrou by die waterput, oor die onderwerp van opregte aanbidding. “Julle aanbid sonder om te weet wat julle aanbid” (Joh 4:22). Hierdie mense het God “halfhartig” aanbid, omdat hulle algehele gevoelens nie op God gevestig was nie. Dit is selfs vir ware gelowiges moontlik om in hierdie tweede fout te beland. Ons mag miskien nie instem dat ons fisiese afgode het nie, soos die Samaritane gehad het, maar wat neem ons wil, ons tyd, ons (geld)middele die meeste op? Is dit loopbane, materiële besittings, geld, gesondheid, selfs ons families? Kom ons roep uit soos koning Dawid in Ps 63:5,6, “Ek sal U my lewe lank loof, my hande ophef om U Naam te prys. Soos elke keer wanneer ek U goeie gawes geniet, sal ek U altyd roem met jubelende mond.” Niks minder as God moet die hart van ‘n wedergebore mens bly maak nie en sy antwoord op daardie goddelike tevredenheid, in vergelyking met die beste voedsel ooit, is die vrug van die lippe wat God lofprysinge besing (Heb 13:15).

Derdens is ware aanbidding die begeerte om aan te hou om ons kennis van God op te bou. Hoe het ons tog nie daardie hunkering in die moderne tyd verloor nie! Behalwe die Bybel wat ons daagliks moet lees, moet ons ons kennis aanvul deur ander goeie boeke ook te lees. Ons moet aanhoudend ons gedagtes vul met die dinge van God; God moet gedurig in ons gedagtes wees en alles wat ons doen, moet gedoen word met verwysing na Hom (Kol 3:17; 1 Kor 10:31). Dit is interessant dat die Griekse woord vir “aanbidding” ook “diensbaarheid” kan beteken (Rom 12:1). Dus moet ons daaglikse lewe beskou word as aanbidding. Elke dag moet ons onsself offer as lewende en heilige offers wat vir God aanneemlik is. Die kerk is veronderstel om ‘n impak op die wêreld te maak, deur aanbidding tot God. Baie dikwels is dit andersom.

Laat ons ons harte reinig as ons waarlik die drie-enige God in gees en waarheid wil aanbid. Ons God is heilig; Hy is geheel en al “Anders,” ‘n God wat ons nie kan deel met ander emosionele voorwerpe nie. Inderdaad ‘n God wat ons nie SAL deel nie, vir die belang van Sy heiligheid. Ons is geskep om skepsels van aanbidding te wees, maar die Val in Eden het ons vermink en geruïneer. Om te aanbid, is die natuurlikste ding vir die mens, maar eers wanneer ons versoen is met God, deur die offerande van Sy geliefde Seun, sal al ons aanbidding van geen waarde wees nie. Dit is soos “ongeoorloofde vuur” op die altaar (Lev 10:1).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe kan ek weet om God op waardige wyse te aanbid?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries