settings icon
share icon
Vraag

Wie het God geskape? Waar kom God vandaan?

Antwoord


Ateïste (Godelose) en skeptiese mense argumenteer gereeld dat indien alles ‘n oorsprong het dan moet God mos ook ’n oorsprong hê. Hulle sê dan indien God ‘n oorsprong het, dan kan God mos nie God wees nie. Mense sê mos “iets kan nie van niks afkom nie”. So, indien God “iets” is dan moet Hy mos ‘n oorsprong hê?

Hierdie vraag is moeilik om te beantwoord omrede die natuurlike denkrigting van mens sal altyd wonder waar God eintlik vandaan kom of waar Sy oorsprong was. Die antwoord is:- dat die vraag ook nie sin maak nie. Dit is soos om byvoorbeeld te vra “Hoe ruik blou”. Blou kan nie as ‘n reuk geklasifiseerd word nie, so die vraag maak geen sin nie. Op dieselfde manier kan God nie in dinge wat skeppend is geklasifiseerd word nie – Hy bestaan net.

En hoe weet ons die? Ons weet dat niks van niks kom, so indien daar ooit ‘n tyd was toe niks bestaan het dan sou niks mos van niks begin het. Maar die werklikheid is dat daar wel dinge is en dit vertel ons dan mos dat daar nooit niks kon wees nie en dat daar nog altyd iets was. Daardie “iets” is wat ons God noem. God is die “nie-oorsprong” wese wat alles laat begin het. God is die “nie-oorsprong” wat die heelal en alles daarin geskep het.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wie het God geskape? Waar kom God vandaan?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries