settings icon
share icon
Vraag

Wat is Wicca? Is Wicca towerkuns/heksery?

Antwoord


Wicca is “neo-pagan” godsdiens wat in populariteit gegroei het, asook aanvaarding gevind het in die Verenigde State en Europa. Daar is baie webtuistes en boeke wat beweer dat hulle “real” Wicca verkondig, maar die waarheid is dat daar geen konsensus tussen Wiccans is, waaroor die godsdiens gaan nie. Die rede hiervoor is, dat Wicca, soos dit nou beoefen word, net ongeveer 50 jaar oud is. Wicca is ‘n geloofsisteem wat Briton Gerald Gardner saamgestel het in die 1940’s en 1950’s van ‘n verskeidenheid godsdienstige tradisies en oortuigings, sowel as Vrymesselaar-rituele. Sedert Gardner verskeie boeke gepubliseer het, wat sy sisteem van aanbidding bepleit het, het baie sytakke en variasies van Wicca na vore gekom. Sommige Wiccans is politeïsties en aanbid meer as een godheid, terwyl ander slegs die “God” of die “Godin” aanbid. Daar is ook ander wat die natuur aanbid en dit Gaea noem, na die Griekse aardsgodin. Sommige Wiccans kies en keur om dele van die Christelike doktrine aan te hang, terwyl ander die Christendom heeltemal verwerp. Die meeste beoefenaars van Wicca glo in reïnkarnasie.

Die meesteWiccans sal vurig ontken dat Satan deel van hul godewêreld is, deur te motiveer dat groot doktrinale verskille bestaan tussen hulself en die Sataniste. Wiccans verkondig gewoonlik morele relativiteit, deur “goed” en “kwaad” en “reg” en “verkeerd” te verontagsaam. Wicca het een wet of reël, genoem die “Rede”: “Do what ye will, harm ye none.” Met die eerste oogopslag lyk die “Rede” kompleet soos ongebonde persoonlike bandeloosheid. Jy kan doen, wat jy ookal wil, solank niemand seerkry nie; tog is die Wiccans vinnig om uit te wys dat die rimpel-effek van jou aksies verreikende gevolge kan hê. Hulle artikuleer hierdie beginsel in die “Three-fold Law,” wat sê, “All good that a person does to another returns three-fold in this life; harm is also returned three-fold.”

Een belangrike faktor wat bydra tot die blywende bekoring van Wicca, is die beweerde gebruik van towerspreuke en towery (‘n opsetlike wanspelling met die intensie om Wiccans te verdeel tussen towenaars en goëlaars). Nuuskierige soekers, sowel as spirituele neofiete, is uiters gretig om in hierdie misteries te delf. Nie alle Wiccans beoefen heksery nie, maar wel hulle wat beweer dat towerkrag vir hulle is, wat gebed vir ‘n Christen is. Die verskil tussen die twee is dat Wiccans beweer dat towerkrag is om eenvoudig hul verstand te gebruik om materie te beheer, of hulle verskyn aan hul geliefde godheid om vir hul ‘n guns te doen, terwyl Christene ‘n almagtige, alomteenwoordige God aanroep, om mense te genees en om in hul lewens in te gryp en te werk. Aangesien die “Rede” nie hekse toelaat om ander seer te maak nie en die “Three-fold Law” die gevolge uitspel vir “Rede”-verbrekers, verkies hekse wat towerkrag beoefen om hulself “natuurhekse” of “wit hekse” te noem, om hulle sodoende verder van Sataniste te distansieer.

Wicca is basies ‘n godsdiens wat daaroor gaan dat jy jou met jou eie sake moet bemoei en in vrede met jou bure en omgewing moet saam leef. Wiccans is gretig om parallelle tussen hulself en bybelse Christene te trek om geloofwaardigheid te verdien, maar wat is die Bybel se siening oor godsdiens? Jy sal nie die woord “wicca” in die Bybel vind nie, dus evalueer ons die gelowe in die lig van wat God daaroor sê.

Wiccan se towery is afgodediens – Rom 1:25 sê, “Dit is hulle wat die waarheid van God verruil vir die leuen. Hulle dien en vereer die skepsel in plaas van die Skepper, aan wie die lof toekom vir ewig. Amen.” In Jes 40 gee God ‘n beeld van hoeveel groter die Skepper as Sy Skepping is. Indien jy enigiets buiten die Skepper aanbid, is jy skuldig aan afgodery.

Wiccan se towerspreuke bring valse hoop. Heb 9:27 sê, “’n Mens is bestem om net een maal te sterf, en daarna kom die oordeel.” God sê dat ons net een kans in die lewe kry. Daar is nie tweede kanse in ‘n ander lewe nie. As ons nie God se geskenk van Jesus in ons leeftyd aanvaar nie, veroordeel Hy ons as onwillig, om in Sy teenwoordigheid te wil wees en ons gaan hel toe.

Wiccan bring ontnugtering. Mark 7:8 sê, “Julle laat die gebod van God los en hou aan die oorgelewerde gebruik van mense vas.” God is God en ons is nie. Ons moet ‘n besluit neem. Gaan ons God vertrou en Sy wêreldsiening aanneem of gaan ons nie? Om God te ken, vra baie dissipline. Wicca is ‘n godsdiens van leuens, gemik op vasbeslote, maar liggelowige mense.

Deut 18:10-12 sê, “Daar mag nie iemand by jou wees wat sy seun of dogter as offer laat verbrand nie. Daar mag nie ‘n besweerder by jou wees nie en ook nie ‘n towenaar of iemand wat voortekens lees of ‘n goëlaar of ‘n slangbesweerder of iemand wat geeste om inligting vra en dooies raadpleeg nie. Die Here het ‘n afsku van elkeen wat hierdie soort ding doen.” Wicca-heksery is ‘n sonde en God haat dit. Hoekom? Omdat dit ‘n poging is om ons afhanklikheid van God weg te gooi en antwoorde weg van Hom af te kry.

Sonde is nie net ‘n sosiale, onaangename aksie nie. Sonde is ons besluit om met God te verskil oor enige onderwerp – om teenoor Hom te rebelleer. Sonde is om te sê, “God, ek wil my lewe op mý manier leef.” Rom 3:23 sê, “Almal het gesondig en is ver van God af.” Rom 6:23 sê, “Die loon wat die sonde gee, is die dood….” Dit beteken nie liggaamlike dood nie, maar geestelike dood: ewige skeiding van God en al die seëninge wat Sy teenwoordigheid bring. Dit is die definisie van hel: die afwesigheid van God se teenwoordigheid. Dit is wat ons sonde vir ons as wins gee.

Gelukkig eindig Rom 6:23 nie daar nie. Dit gaan voort, “die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.” God het geweet dat ons almal op een of ander wyse sou rebelleer en Hy het ‘n weg vir ons berei om daardie skeiding te kan vermy – deur geloof in Jesus Christus. Wicca se towery en heksery is niks meer as ‘n ander leuen van Satan nie, die vyand van ons siele, wat rondloop “soos ‘n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind” (1 Pet 5:8).



English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is Wicca? Is Wicca towerkuns/heksery?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries