settings icon
share icon
Vraag

Voorspel Bybelprofesie dat daar ‘n Derde Wêreldoorlog voor die eindtyd sal wees?

Antwoord


Daar is geen twyfel dat Wêreldoorlog 3 deel van die toekoms gaan wees nie. Esegiël het die geveg van Gog en Magog voorspel, wat óf net voor die verdrukking sal plaasvind óf naby die middel daarvan (Eseg 38-39). Christus het geleer dat daar oorlog sou wees voor Sy wederkoms (Matt 24:4-31). Sommige meen dat Jesus van die Kerktydperk in die algemeen praat in verse 4-14 en van die verdrukkingsperiode (wat in die middel sal begin) in verse 15-31. Ander glo weer dat Christus slegs praat van die sewe jaar verdrukkingsperiode in dié gedeelte. Alhoewel verse 4-14 voorkom asof dit algemene beskrywings gee, hulle ooreenstem met die beskrywing, vroeër gegee in Openbaring 6:1-8, wat uitbrei oor die begin van die verdrukking. Matt 24: 6-7 sê daar sal “oorloë en gerugte van oorloë” wees. “Die een nasie sal teen die ander te staan kom en die een koninkryk teen die ander.”

Die toekoms sal ten minste nog een wêreldoorlog inhou. Daar is egter niks in die Skrif wat sê dat daar slegs ‘n sekere getal wêreldoorloë sal wees nie. Wêreldoorloë 1 en 11 word nie eksplisiet in die Skrif genoem nie, ook nie ‘n moontlike Derde Wêreldoorlog nie.Dit is slegs die laaste oorlog wat in besonderhede genoem word, wat plek maak vir enige ander voor daardie tyd.

Deur te begin in Openbaring 6, skryf die apostel Johannes wat hy gesien het rakende die toekoms. Oorlog word in hierdie hoofstuk gevind en gaan voort om deel te wees van die ontvouing van gebeure tot Christus se wederkoms in hoofstuk 19 (openbaring 6:2, 4; 11:7; 13:4, 7; 16:14; 19:11, 19).

Openbaring 19:11 sê, “….. Met regverdigheid oordeel Hy (Christus) en voer Hy oorlog.” In Openbaring 19:19 sê Johannes “Toe het ek gesien dat die dier en die konings van die aarde met hulle leërs bymekaargekom het om oorlog te maak teen die Ruiter (Christus) op die wit perd en teen sy leër.” Dit beskryf duidelik ‘n wêreldoorlog. Die oorwinnaar is Christus, wat die dier/Antichris en die valse profeet gryp en hulle in die vuurpoel gooi en die leërs vernietig wat hulle gevolg het (Openbaring 19:20-21). Daar is geen twyfel oor die uitkoms nie – geregtigheid sal heers as Christus, die Koning van konings en Heer van here veg, Hy oorwin almal wat Hom teenstaan.

Deur die duisendjarige ryk van Christus te volg, sal daar ‘n ander opstand wees wat soos ‘n wêreldoorlog kan lyk. Voorafgaande die duisendjarige ryk, sal Satan gebind word en dan, na die duisend jaar sal hy losgelaat word. Hy sal onmiddellik ‘n rebellie lei onder die mense op die aarde. Christus sal sy oproer stopsit en Satan permanent straf, deur hom in die vuurpoel te gooi soos Hy gedoen het met die dier/Antichris en die valse profeet (Openbaring 20:7-10)

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Voorspel Bybelprofesie dat daar ‘n Derde Wêreldoorlog voor die eindtyd sal wees?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries