settings icon
share icon
Vraag

Wat is die Watchtower Bible and Tract Society?

Antwoord


Die Watchtower Bible and Tract Society is ‘n organisasie wat deur die leiers van die Jehovagetuies bestuur word. Dit is in 1886 gestig en is tans in Brooklyn, New York gelokaliseer. The Watchtower besit grootskaalse beheer oor sy lede en het so ver gegaan om sy eie vertaling van die Byebel te doen en dit genoem “New World Translation.” Die Society het deur verskillende presidente gegaan, sedert die stigting en is geposisioneer as ‘n belangrike mededinger met die evangeliese Christendom. Hulle verkondig dat hulle die enigste wetlike volgelinge van Jehova God is, maar ontken en opponeer selfs verskeie van die fundamentele doktrines van die historiese Christelike geloof.

Om mee te begin is die Watchtower verkeerd in een van die belangrikste van alle godsdienstige vrae: Wie is Jesus Christus? Die Watchtower Society verkondig dat Jesus Christus eintlik die eerste skepping van Jehova God is en nie God geïnkarneer, soos die Bybel duidelik leer nie (Titus 2:13; Kol 2:9). Deur so te doen, sien hulle Christus as skepsel, eerder deur Sy regmatige plek as Skepper van alle dinge te erken (Kol 1:16-17; Joh 1:1-3). Hulle het die fout van Arianisme herhaal, wat as kettery veroordeel is deur die Christelike Kerk by die “Coucil of Nicea” en is maklik weerlê deur ‘n onpartydige lees van die Skrif.

Sedert die ontstaan, het die Watchtower die bybelse lering van die Drie-eenheid van God ontken (een Wese wat bestaan as drie gelykwaardige, mede-ewige Persone) en sê dat die God van die Christendom ‘n sataniese namaaksel is. Charles Taze Russell, die stigter van die Jehovagetuies en ‘n voormalige president van die Society, het selfs na die Christelike konsep van God as “die duiwel homself” verwys. Die God van die Watchtower is nie die bybelse God nie en is dus nie by magte om mense van hul sonde te verlos nie.

In ‘n poging om hul leerstellings te regverdig deur bybelse verklarings, het die Society hul eie vertaling van die Skrif in 1961 geproduseer. Hierdie vertaling, bekend as die ”New World Translation” word deur die Jehovagetuies beskou as die enigste betroubare vertolking van die bybelse teks. Die NWT is uniek deurdat dit die eerste intensionele, sistematiese poging is om ‘n volledige weergawe van die Bybel te redigeer en te hersien vir die spesifieke doel om met ‘n groep se doktrine saam te stem. Griekse geleerdes van oor die teologiese spektrum het herhaaldelik die NWT gekritiseer as ‘n onakkurate vertolking van sleutelgedeeltes van die Bybel.

Die oorlede dr Bruce Metzger, voormalige professor van New Testament Language by Princeton Theological Seminary en skrywer van verskeie goedgekeurde boeke oor tekstuele kritisisme, het beweer, “The Jehovah’s Witnesses have incorporated in their translations of the New Testament several quite erroneous renderings of the Greek.” Dr Robert Countess, wat sy Ph.D. tesis voltooi het oor die New World Translation , sê dat die Watchtower se vertaling “has been sharply unsuccessful in keeping doctrinal considerations from influencing the actual translation. It must be viewed as a radically biased piece of work. At some points it is actually dishonest.”

‘n Verdere rede om die eise van die Watchtower te verwerp, is hul lang geskiedenis van valse profesieë wat gemaak is. Die Watchtower Society het op talryke geleenthede die einde van die wêreld voorspel, die mees onlangse datums in 1946, 1950 en 1975. Hul valse voorspellings is klaarblyklik leuens, gegewe hul verklaring as “the true prophetic mouthpiece for God on earth at this time.” Die Society se geskiedenis van valse profesie staan in sterk kontras teenoor die standaard vir ‘n ware profeet: “as ‘n profeet iets in die Naam van die Here aankondig en dit kom nie uit nie en dit gebeur nie so nie, dan het die Here nie met die profeet gepraat nie. Dan het die profeet hom dit aangematig en hoef jy jou nie aan hom te steur nie” (Deut 18:22).

Verder, die Watchtower verbied militêre diens, die viering van vakansiedae en die saluering van die landsvlag. Die stukrag vir hierdie beperkinge kom vanuit hul valse bewering van die eksklusiewe georganiseerde groep van Jehova se mense. Die Watchtower beskou hierdie praktyke as middele van Satan om mense van Jehova af weg te lei. Die Watchtower sien die totale “wêreldstelsel” (enige aktiwiteit nie gekoppel aan die Watchtower) as verbind aan Satan en is dus verbode. Dit sluit in die praktyk van bloedoortappings, wat die Watchtower verkeerdelik glo deur die Skrif verbied word. Die Watchtower het dit so gestel dat ‘n bloedoortapping “may result in the immediate and very temporary prolongation of life, but at the cost of eternal life for a dedicated Christian.” Die Society vermoed verkeerdelik dat die bybelse verbod om bloed te “eet” (Gen 9:4; Hand 15:28-29) uitbrei tot die moderne praktyk van bloedoortappings, ‘n verbod wat, in praktyk, die lewe van baie Jehovagetuies en selfs hul kinders se lewens gekos het.

Ten spyte van herhaalde valse profesieë, ‘n kultiese isolasie van hul eie mense en ‘n skreiende verkeerde vertaling van die Bybel om hul eie teologie te regverdig, gaan die Watchtower Bible and Tract Society voort om elke jaar onverwagse bekeerlinge in te win. Dit is die werk van bybelse betroubare Christene om voorbereid te wees om hierdie foute met suiwer doktrine te weerlê (Titus 1:9). Soos Judas ons vermaan, moet ons “stry vir die geloof wat een maal oorgelewer is aan dié wat God vir Hom afgesonder het” (Judas 3).



English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die Watchtower Bible and Tract Society?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries