settings icon
share icon
Vraag

Wat is Vrymesselary en wat glo hulle?

Antwoord


Let wel, d.m.v. hierdie artikel word nie beweer dat almal betrokke by Vrymesselary kulties is nie of dat alle Vrymesselaars in al die gebruike wat genoem word, glo nie. Wat ons sê, is die volgende: Vrymesselary is in sy kern nie ‘n Christelike organisasie nie. Daar is baie Christene wat die Vrymesselary verlaat het, nadat ontdek is waaroor dit werklik gaan. Daar is ook goeie en godvresende manne, ware gelowiges in Christus, wat Vrymesselaars is. Dit is ons vermoede dat hulle nie werklik Vrymesselary verstaan nie. Elke persoon moet bid vir wysheid en onderskeiding van die Here af, of die betrokkenheid by Vrymesselary reg is. Hierdie artikel is hersien en goedgekeur vir akkuraatheid deur ‘n voormalige “Worshipful Master of a Blue Lodge.”

Vraag: “Wat is Vrymesselary en wat glo hulle?”

Antwoord: Vrymesselary, Eastern Star en ander soortgelyke “geheime” organisasies kom voor asof dit skadelose lidmaatskapsbyeenkomste is. Baie kom voor asof hulle in God glo. Tog, deur nadere ondersoek, vind ons dat die enigste geloofsvereiste nie is dat iemand in die Ware en Lewende God moet glo nie, maar eerder, dat daar geglo moet word in die bestaan van ‘n “Allerhoogste Opperwese” en dit sluit die “gode” van Islam in, Hindoeïsme of enige ander wêreldgodsdiens. Die onbybelse en anti-Christelike oortuigings en gebruike van hierdie organisasie is gedeeltelik versteek onder die uiterlike voorkoms of ‘n vooropgestelde versoenbaarheid met die Christelike geloof. Die volgende is ‘n vergelyking van wat die Bybel sê teenoor die “amptelike” posisie van Vrymesselary:

Verlossing van Sonde:

Die Bybel se Siening: Jesus het die sondaar se offerande voor God geword, toe Hy Sy bloed aan die kruis gestort het en gesterf het as versoening (betaling) vir die sondes van hulle wat ooit sal glo (Ef 2:8-9; Rom 5:8; Joh 3:16).

Vrymesselaars se Siening: Die hele proses om by die Losie aan te sluit, vra van Christene om die eksklusiwiteit van Jesus Christus as Here en Verlosser te ignoreer. Volgens Vrymesselary word iemand gered en gaan hy hemel toe, as gevolg van sy goeie werke en persoonlike selfverbetering.

Die Siening van die Bybel: Die bonatuurlike en volmaakte inspirasie van die Skrif – dat dit foutloos is en hul leringe en outoriteit volmaak, oppermagtig en finaal is. Die Bybel is die Woord van God (2 Tim 3:16; 1 Tes 2:13).

Vrymesselaars se Siening: Die Bybel is een van verskeie “Volumes van die Heilige Wet,” alles wat beskou word as ewe belangrik in Vrymesselary. Die Bybel is ‘n belangrike boek, in so verre dit daardie lede betref, wat beweer dat hulle Christene is. Netsoos die Koran belangrik is vir die Moslems. Die Bybel word nie beskou as die eksklusiewe Woord van God nie, ook nie as God se enigste openbaring van Homself aan die mensdom nie, maar slegs as een van baie godsdienstige bronne. Dit is ‘n goeie gids vir moraliteit. Die Bybel word hoofsaaklik gebruik as ‘n simbool van God se wil, wat ook in ander heilige tekste opgeteken kan wees, soos die Koran of Rig Vedas.

Die Doktrine van God: Daar is een God. Die verskillende Name van God verwys na die God van Israel en openbaar sekere karaktertrekke van God. Om ander gode te aanbid of om ander gode aan te roep, is afgodery (Eks 29:3). Paulus het van afgodery gepraat as ‘n gruwelike sonde (1 Kor 10:14) en Johannes het gesê dat afgodsaanbidders in die hel sal brand (Openbaring 21:8).

Vrymesselaars se Siening: Alle lede moet glo in ‘n godheid. Verskillende godsdienste (Christendom, Judaïsme, Islam, ens.) erken dieselfde God, maar noem Hom net op verskillende Name. Vrymesselary nooi mense van alle gelowe om te glo dat, selfs al gebruik hulle verskillende name vir die “Nameless One of a hundred names,” bid hulle tot die een God en Vader van almal.

Die Doktrine van Jesus en die Drie-eenheid:

Die Bybel se Siening: Jesus was in die vorm van ‘n mens (Matt 1:18-24; Joh 1:1). Jesus is die tweede persoon van die Drie-eenheid (Matt 28:19; Mark 1:9-11). Terwyl Hy op aarde was, was Hy volledig mens (Mark 4:38; Matt 4:2) en volledig goddelik (Joh 20:28; Joh 1:1-2; Hand 4:10-12). Christene moet bid in Jesus se Naam en Hom voor ander verkondig, ongeag of dit aanstoot gee aan nie-Christene (Joh 14:13-14; 1 Joh 2:23; Hand 4:18-20).

Vrymesselaars se Siening: Daar is geen eksklusiwiteit in Jesus Christus of die Drieënige God wat die Vader, Seun en Heilige Gees is nie; dus is daar geen doktrine van die goddelikheid van Jesus Christus nie. Dit word beskou as nie-Vrymesselaar om die Naam van Jesus in gebed aan te roep of Sy Naam in die Losie te noem. Om voor te gee dat Jesus die enigste weg na God is, is in kontras met die beginsel van verdraagsaamheid. Die Naam van Jesus is uitgelaat van Bybelverse wat in Vrymesselaarsrituele gebruik word. Jesus is op dieselfde vlak as ander godsdienstige leiers.

Menslike Natuur en Sonde:

Die Bybel se Siening: Alle mense word gebore met ‘n sondige natuur, is heeltemal ontaard en het ‘n Verlosser nodig om van sonde ontslae te raak (Rom 3:23; Rom 5:12; Ps 51:5; Ef 2:1). Die Bybel ontken dat die mensdom in homself die vermoë het om moreel volmaak te kan wees (1 Joh 1:8-10; Rom 1:18-25).

Vrymesselaars se Siening: Deur middel van simbole en embleme leer die Vrymesselaar dat die mens nie sondig is nie, net “onbeskaaf en onvolmaak van natuur.” Menslike wesens is by magte om hul karakter en optrede op verskeie maniere te verbeter, insluitende deur liefdadigheidswerke, morele lewenstyl en vrywillige uitvoering van siviele pligte. Die mensdom besit die vermoë om te beweeg vanaf onvolmaaktheid tot volkome perfektheid. Morele en spirituele perfeksie lê binne-in mans en vroue.

As ‘n Christen die eed aflê van Vrymesselary, sweer hy dat die volgende doktrines wat God aangekondig het, vals en sondig is:

Dat verlossing verkry kan word deur die mens se goeie werke.

Dat Jesus maar net een van baie soortgelyke, vereerde profete is.

Dat hulle moet stil bly in die Losie en nie oor Christus praat nie.

Dat hulle die Losie in geestelike donkerte en onkunde moet binne gaan, soos die Bybel sê dat Christene reeds in die lig is, kinders van die lig en word bewoon deur die Lig van die wêreld – Jesus Christus.

Deur opdrag dat Christene die Vrymesselaars-eed moet aflê, lei dit Christene in godslasterlikheid en sodoende verklaar hulle die Naam van die Here nietig.

Vrymesselaars leer dat die G.A.O.T.U. (Groot Argitek van die Heelal), wie hulle glo die ware God van die heelal is, verteenwoordiger is van alle gode in alle godsdienste.

Vrymesselaars maak dat Christene ‘n universele benadering in hul gebede moet hê, beveel dat ‘n “generiese” naam gebruik moet word om nie ander nie-gelowiges wat Vrymesselaar-“broers” is, aanstoot te gee nie.

Deur die Vrymesselaars-eed af te lê en deel te neem aan die doktrines van die Losie, is Christene besig om ‘n vals evangelie aan ander Losie-lede te verewig, wat opkyk na die Vrymesselaarsplan van verlossing om hemel toe te gaan. Deur hul lidmaatskap in so ‘n sinkretiese tipe organisasie (waar vermenging van begrippe plaasvind), het hulle hul getuienis as Christene ernstig onder verdenking geplaas.

Deur die Vrymesselaars-eed af te lê, stem die Christen saam om toe te laat dat sy verstand, gees en liggaam besoedel raak, deur hulle wat valse gode dien en valse leringe glo.

Soos jy kan sien, is Vrymesselary in kontras met die duidelike lering van die Skrif betreffende tallose kwessies. Vrymesselary verwag van mense om deel te wees van aktiwiteite wat die Bybel veroordeel. Ons kom tot die gevolgtrekking dat ‘n Christen nie ‘n lid van enige geheime organisasie of samelewing wat enige verband hou met Vrymesselary, moet wees nie.



English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is Vrymesselary en wat glo hulle?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries