settings icon
share icon
Vraag

Hoe kan ek weet dat my redding veseker is?

Antwoord


Hoe weet jy dat jy gered is? Neem 1 Johannes 5:11-13 in ag, “En dit is die inhoud van sy getuienis: God het aan ons die ewige lewe gegee, en die lewe bestaan in ‘n hegte verhouding met sy Seun. Hy wat deel het aan die Seun, het nou reeds die ewige lewe; wie nie deel het aan die Seun nie van God nie, het nie deel aan die ewige lewe nie. Ek skryf hierdie dinge aan julle sodat julle met die wete kan leef dat julle nou reeds deel het aan die ewige lewe, julle wat aanhou glo in die persoon van die Seun van God”. Wie is dit wat die Seun het? Dit is die wat in Hom (Jesus) glo en Hom aanvaar het (Johannes 1:12). As jy Jesus het, het jy lewe. Nie tydelike lewe nie, maar ewige lewe.

God se wil is dat ons nou al versekering moet hê van ons redding, ons verlossing. Ons kan nie ons Christelike lewe lei en wonder of ons eendag gered sal wees nie. Dit is juis vir hierdie rede dat die Bybel die plan van redding so duidelik maak. Glo in Jesus en jy sal gered wees (Johannes 3:16; Handelinge 16:31). Glo jy dat Jesus jou Verlosser is, dat Hy gesterf het om vir jou sondes te betaal (Romeine 5:8; 2 Korintiërs 5:21)? Vertrou jy op Hom alleen vir redding? Indien jou antwoord ja is, dan is jy gered! Indien jy God se woord ter harte te neem, kan jy alle twyfel uitwis en versekering verkry van jou redding en die werklikheid besef van jou ewige lewe.

Jesus self bevestig die feit van jou redding; “Ek sal ook die ewige lewe aan hulle gee, en hulle sal so nimmer as te nooit verlore gaan. Niemand sal hulle uit my hand steel nie. My Vader wat hulle aan my gegee het, is magtiger as almal, en niemand kan hulle uit die hand van die Vader steel nie” (Johannes 10: 28-29). Die ewige lewe is dus net dit – vir ewig. Daar is geeneen, nie eens jouself nie, wat Jesus se God-gegewe skenking van jou kan wegneem nie.

Ons hou God se Woord in ons harte en dus sal ons nie teenoor Hom kan sondig nie (Psalm 119:11), En dit sluit hierdie sonde van twyfel dat ons gered is, ook in. Neem ter harte wat God se Woord vir jou sê, in plek van twyfel of ongeloof van jou redding kan jy nou al lewe met vertroue! Deur Jesus se eie woorde kry ons hierdie versekering van ons verlossing en ons weet dat hierdie redding van ons nooit in gedrang gebring kan word nie. Ons versekering is ook gebaseer op God se liefde vir ons, deur Jesus Christus.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe kan ek weet dat my redding veseker is?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries