settings icon
share icon
Vraag

Wat het by die Toring van Babel gebeur?

Antwoord


Die Toring van Babel word in Gen 11:1-9 beskryf. Na die vloed het God die mensdom beveel om vrugbaar te wees, baie te word en die aarde te bewoon (Gen 9:1). Die mensdom het besluit om presies die teenoorgestelde te doen: “Kom ons bou vir ons ‘n stad met ‘n toring waarvan die punt tot in die hemel reik en ons maak vir ons ‘n naam. Dan sal ons nie oor die hele aarde versprei nie” (Gen 11:4). Hulle het besluit om ‘n groot stad te bou en almal sou daar saamdrom. Hulle het besluit om ‘n reusetoring as simbool van hul mag te bou, om ‘n naam vir hulself te maak (Gen 11:4). Hierdie toring word onthou as die Toring van Babel.

In antwoord daarop, het God ‘n taalverwarring laat ontstaan, sodat hulle nie langer kon kommunikeer met mekaar nie (Gen 11:7). Die resultaat was dat mense met dieselfde taal bymekaar gekom het en toe in ander dele van die wêreld gaan woon het (Gen 11:8-9). God het die tale verwar om Sy opdrag vir die mensdom, om regoor die aarde te versprei, op hul af te forseer.

Sommige Bybelgeleerdes glo ook dat God die verskillende rasse van die mensdom by die Toring van Babel geskep het. Dit is ‘n moontlikheid, maar word nie in die Bybel genoem nie. Dit wil eerder voorkom asof die verskillende rasse reeds voor die bou van die Toring van Babel bestaan het en dat God die verskillende tale gebaseer het op die verskillende rasse. Vanaf die Toring het die mensdom volgens taal en ras gaan woon in verskillende wêrelddele.

Gen 10:5, 20 en 31 beskryf Noag se afstammelinge soos hulle oor die aarde versprei het “volgens hulle stamme en nasies, elkeen met sy eie taal.” Hoe is dit moontlik, aangesien God nie die tale verwar het voordat die Toring van Babel gebou was nie, in Gen 11? Gen 10 gee ‘n lys van die afstammelinge van Noag se 3 seuns: Sem, Gam en Jafet. Dit gee ‘n lys van hul afstammelinge oor verskeie generasies. Met die lang lewensduurtes van daardie tyd (Gen 11:10-25), strek die geslagsregisters in Gen 10 waarskynlik oor honderde jare. Die weergawe van die Toring van Babel in Gen 11:1-9 gee meer inligting oor die tyd toe die taalverwarring plaasgevind het. Gen 10 praat van verskillende tale. Gen 11 vertel ons hoe die verskillende tale ontstaan het.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat het by die Toring van Babel gebeur?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries