settings icon
share icon
Vraag

Stigmata – wat is dit? Is dit bybels?

Antwoord


Stigmata is die verskyning van die wonde van Jesus Christus op ‘n persoon se lyf. Sommige sluit in die voorstellings van die wonde op Christus se rug, veroorsaak deur die geseling/kastyding en/of die kopwonde veroorsaak deur die doringkroon. Maar, tradisioneel bestaan stigmata uit vyf klassieke punte: die sy (waar Jesus met die spies deurboor was om te bevestig dat Hy dood is) en beide hande en beide voete (die wonde veroorsaak deur spykers tydens die kruisiging). Stigmata staan ook bekend as die “Vyf Wonde” of die “Heilige Wonde van ons Here.”

Verskeie individue in die kerkgeskiedenis het bewerings van wonderwerkende stigmata. Daar is egter ernstige uitdagings ten opsigte van die egtheid van hierdie veronderstelde verskynsels. Baie is bewys as selftoegepaste pogings om nagemaakte wonderbaarlike stigmata voort te bring. Nêrens gee die Bybel opdrag dat enigeen stigmata moet kry of stateer dat God stigmata sal gee nie. In Gal 6:17 sê Paulus, “want ek dra al klaar die littetekens van Jesus aan my liggaam.” Dit beteken nie dat Paulus letterlik tekens van kruisiging gehad het nie. Dit dui eerder aan dat Paulus se liggaam littekens gehad het, as gevolg van sy vaste besluit om Jesus te volg. Jesus het die wonde verdra, sodat ons nie hoef nie. Die wonde van kruisiging wat wonderbaarlik op die liggaam van ‘n gelowige kom, weerlê die feit dat ons lyding vir sonde onnodig is:” Oor óns oortredings is Hy deurboor, oor óns sondes is Hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op Hom, deur Sý wonde het daar vir ons genesing gekom” (Jes 53:5).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Stigmata – wat is dit? Is dit bybels?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries