settings icon
share icon
Vraag

Wat is Sjintoïsme?

Antwoord


Sjintoïsme is ‘n suiwer Japanese godsdiens waarvan die oorspronge gevind is in die antieke Japanese geskiedenis. Dit is een van die wêreld se oudste godsdienste. Die Japanese mense het ‘n vurige liefde vir hul land en glo dat die Japanese eilande die heel eerste goddelike skepping was. Sjintoïsme se lering is dat geen ander land goddelik is nie, en dit maak Japan uniek in die wêreld. Geen verrassing dat Sjintoïsme nie buite Japan populêr is nie.

Die twee fundamentele Sjinto doktrines is dat Japan die land van die gode is en die mense is die afstammelinge van gode. Hierdie konsep van die goddelike herkoms van die Japanese mense, sowel as die goddelike oorsprong van die land, het ‘n houding van superioriteit oor ander lande en mense gebring. Met die uitsondering van ‘n paar sekte van Sjinto, het die godsdiens geen stigter, heilige geskrifte of oorheersende stel van geloofsopvattings nie. Aanbiddding vind plaas by een van die talle aanbiddingsplekke in Japan, alhoewel baie Japannese altare in hul eie huise het vir een of meer van die tallose gode.

Die woord “Sjinto” kom van die Chinese woord “Shen-tao” en beteken “the way of the gods.” ‘n Belangrike kenmerk van Sjinto is die opvatting van “kami”: die konsep van heilige krag in beide lewende en lewelose voorwerpe. Daar is in Sjinto ‘n kragtige gevoel van die teenwoordigheid van gode en geeste in die natuur. Die gode van Sjinto is té talloos om in in sekere hiërargieë ingedeel te word, maar die songodin, Amaterasu, word baie hoog vereer en haar deftige imperialistiese tempel se ligging is 200 myl suidwes van Tokio. Sjinto verklaar dat die Japanese mense self van die “kami” afstam.

Die godsdiens van Sjinto is heeltemal onversoenbaar met bybelse Christelikheid. Eerstens, die idee dat die Japanese mense en hul land bevoordeel word bo ander, weerspreek die Bybel wat sê dat die Jode die uitverkore volk van God is: “Jy is ‘n volk wat vir die Here jou God afgesonder is. Vir jou het die Here jou God gekies om uit al die volke op die aarde Sy eiendomsvolk te wees” (Deut 7:6). Alhoewel die Jode God se uitverkore volk is, is hulle nooit beskou as beter as enige ander mense nie en die Bybel sê nie dat hulle direk van gode afstam nie.

Tweedens, die Bybel is duidelik dat daar nie baie gode is nie, maar slegs een God: “Ek is die Here, daar is geen ander nie” (Jes 45:5). Volgens die Bybel is God nie ‘n onpersoonlike krag nie, maar ‘n liefdevolle en barmhartige Vader vir hulle wat Hom aanbid (2 Kor 6:17-18). Hy alleen het die heelal geskep en Hy alleen heers soewerein daaroor. Die idee van gode wat in rotse, bome en diere woon, verbind twee verskillende valshede: politeïsme (die geloof in baie gode) en animisme (die geloof dat gode in voorwerpe teenwoordig is). Hierdie is leuens van die vader van die leuen, Satan. Hy “loop rond soos ‘n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind” (1 Pet 5:8).

Derdens boesem Sjintoïsme trots en gevoelens van superioriteit in die Japanese mense in; sulke elitisme(elite groepe) word in die Skrif veroordeel . God haat trots, omdat dit die eintlike ding is wat mense weerhou om Hom met hul hele hart te soek (Ps 10:4). Verderaan verhinder die leringe van die basiese goedheid en goddelike oorsprong van die Japanese mense hul behoefte aan ‘n Verlosser. Dit is die natuurlike gevolg, deur te aanvaar dat jou ras van ‘n goddelike oorsprong is.Die Bybel stel dit duidelik dat “Almal het gesondig en is ver van God af” (Rom 3:23) en dat ons almal ‘n Verlosser nodig het – die Here Jesus Christus en daar is “geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie” (Hand 4:12).

Terwyl Sjinto verkondig dat die “kami” bemoeienis mag maak met hulle, wat hulself waardig gemaak het deur rituele reiniging, belowe die God van die Bybel om by elkeen teenwoordig te wees wat Hom aanroep om vergifnis. Geen hoeveelheid of vorm van persoonlike reiniging (‘n vorm van verlossing deur werke) sal ‘n persoon waardig maak vir die teenwoordigheid van God nie. Slegs geloof in die gestorte bloed van Jesus Christus aan die kruis kan van sonde reinig en ons aanvaarbaar maak vir ‘n heilige God. “Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees” (2 Kor 5:21).



English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is Sjintoïsme?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries