settings icon
share icon
Vraag

Wat is Sikhisme?

Antwoord


Sikhisme het ontstaan as ‘n poging om Islam en Hindoeïsme te harmoniseer. Maar om Sikhisme as ‘n harmonisering van die twee godsdienste te beskou, bring nie die teologiese en kulturele uniekheid van Sikhisme na vore nie. Om Sikhisme te sien as ‘n kompromie tussen die twee godsdienste, sou lei tot ‘n belediging, wanneer ‘n Christen ‘n ketterse Jood genoem sou word. Sikhisme is nie ‘n kult of ‘n hibride nie, maar ‘n bepaalde godsdienstige beweging.

Die erkende stigter van Sikhisme, Nanak (1469-1538), was gebore uit ‘n Hindoe-vader en ‘n Moslem-moeder in Indië. Daar word vertel dat Nanak ‘n direkte oproep van God af ontvang het, om hom as ‘n ghoeroe op te rig. Hy het spoedig bekend geraak in die Punjab streek van Noordoos-Indië, vir sy toewyding en vroomheid en sy dapper gesegde, “There is no Muslim, and there is no Hindu.” Hy het ‘n noemenswaardige getal dissipels (Sikhs) bymekaar gebring. Hy het verklaar dat God een is en hy het God as die Sat Nam (“ware naam”) of Ekankar aangedui, deur die lettergrepe “ek” (“een”), “aum” (‘n mistieke klank om God uit te druk) en “kar” (“Here”) te verbind. Hierdie monoteïsme sluit nie persoonlikheid in nie en dit moet ook nie verwar word met enige soort Oosterse panteïsme (God is alles) nie. Tog het Nanak die doktrines van reïnkarnasie en karma behou, wat waarneembare leerstellinge van die Oosterse godsdienste soos Boedhisme, Hindoeïsme en Taoïsme is. Nanak het geleer dat jy die reïnkarnasiesirkel (samsara) kan ontsnap, maar slegs deur ‘n mistieke eenheid met God deur toewyding en koraalsang. Nanak was gevolg deur ‘n ononderbroke lyn van 9 aangestelde ghoeroes wat die leierskap tot in die 18de eeu (1708) behou het.

Sikhisme was oorspronklik ‘n pasifis, maar dit kon nie vir lank duur nie. Die verwerping van die oppergesag van Mohammed die profeet, was gesien as godslasterlik en het baie opposisie van die historiese oorlogagtige geloof van Islam geïnspireer. Teen die tyd van die tiende ghoeroe, Gobind Rai, ook bekend as Gobind Singh (“leeu”), was die Khalsa, ‘n wêreldbekende klas van Sikh vegters, georganiseer. Die Khalsa was gekenmerk deur hul “5 K’s:” kesh (lang hare), kangha (‘n staalkam in die hare), kach (kortbroeke), kara (‘n staal-armband) en kirpan (‘n swaard of dolk wat in die sy gedra was). Die Britte, wat ‘n koloniserende teenwoordigheid in Indië gehad het op daardie stadium, het sterk gebruik gemaak van die Khalsa as vegsmanne en lyfwagte. Gobind Singh was uiteindelik deur die Moslems vermoor. Hy was die laaste menslike ghoeroe. Wie was sy opvolger? Die Sikh heilige boek, die Adi Granth, het sy plek ingeneem, soos aangedui deur sy alternatiewe naam, Guru Granth. Die Adi Granth, alhoewel dit nie aanbid was nie, is goddelike status toegeskryf.

Ten spyte van Sikh se vreedsame herkoms, het dit bekend geraak as militant, wat ongelukkig is, omdat sulke strydlus hoofsaaklik kom vanaf geografiese kwessies buite Sikhisme se beheer. Die vurige grensgeskille van Indië en Pakistan het ‘n gebiedskeiding in 1947 tot gevolg gehad, wat direk regoor die Punjab gebied gesny het, waar die Sikh ‘n hoë graad van outonomie gehad het. Pogings om hul politieke en sosiale identiteit te behou, het dikwels misluk. Terroriste het uiterste maatreëls gebruik om ‘n Sikh-staat tot stand te bring, Khalistan, maar die meerderheid van die Sikhs is vreedsame mense.

Die Christen en die Sikh kan met mekaar identifiseer, in soverre beide se godsdienstige tradisies baie vervolging ondergaan het en beide net een God aanbid. Die Christen en die Sikh, as persone, kan wedersydse vrede en respek hê. Sikhisme en Christelikheid kan nie saamsmelt nie. Hul geloofsisteme het sekere ooreenkomste, maar het uiteindelik ‘n verskillende siening oor God, oor Jesus, oor die Skrif en oor verlossing.

Eerstens is Sikhisme se konsep van God as abstrak en onpersoonlik direk in kontras met die liefdevolle, sorgsame “Abba, Vader” God wat in die Bybel geopenbaar word (Rom 8:15; Gal 4:6). Ons God is intiem betrokke by Sy kinders, wetende as ons sit en opstaan en verstaan ons gedagtes (Ps 139:2). Hy het ons lief met ‘n ewige liefde en trek ons na Hom toe met geduld en getrouheid (Jer 31:3). Hy maak dit ook duidelik dat Hy nie met enige sogenaamde god of enige ander godsdiens versoen kan raak nie: “Voor My was daar geen God nie en na My sal daar ook nie een wees nie” (Jes 43:10) en “Ek is die Here, daar is geen ander nie, buiten My is daar geen God nie” (Jes 45:5).

Tweedens ontken Sikhisme die unieke status van Jesus Christus. Christelike Skrif verklaar dat verlossing slegs deur Hom kan kom: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe, behalwe deur My nie” (Joh 14:6). “Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie” (Hand 4:12). Wat ookal die status is wat die Sikhs aan Christus toeken, dit is nie wat Hy verdien nie en dit is ook nie wat die Bybel Hom toedig nie – Seun van God en Verlosser van die wêreld.

Derdens verkondig Sikhs en Christene dat die unieke geïnspireerde Skrif hulle s’n is. Die bron van boeke vir die Christendom en Sikhisme kan nie beide “die enigste woord van God” wees nie. Om spesifiek te wees, die Christene verklaar dat die Bybel die ware Woord van God is. Dit is geïnspireer deur God, geskryf vir almal wat soekend is om te ken en te verstaan, “het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk” (2 Tim 3:16-17). Die Bybel is gegee deur ons Hemelse Vader dat ons Hom kan ken en liefhê, dat ons mag “tot kennis van die waarheid kom” (1 Tim 2:4) en dat ons na Hom kan kom om die ewige lewe te ontvang.

Vierdens en ten slotte, die Sikh-siening aangaande verlossing verwerp die versoeningsoffer van Christus. Sikhisme leer die doktrine van karma tesame met die toewyding aan God. Karma is ‘n onvoldoende verduideliking van sonde en geen hoeveelheid goeie werke kan selfs vir een sonde teen ‘n ewige heilige God verged nie. Volmaakte heiligheid kan nie verdra om enigiets minder te doen, as om sonde te haat nie. Aangesien Hy regverdig is, kan God eenvoudig nie sonde vergewe, sonder terugbetaling van die skuld wat sonde veroorsaak het nie. God is goed en Hy kan nie dat sondige mense onveranderd in die hemel gaan nie. Maar in Christus, die God-mens, het ons ‘n offer van ewige waarde om ons skuld te betaal. Ons vergifnis was ongelooflik duur, só duur dat die mensdom dit nie kan bekostig nie. Ons kan dit egter as ‘n geskenk ontvang. Dit is wat die Bybel bedoel met “genade.” Christus het die skuld betaal wat ons nie kon bekostig om te betaal nie. Hy het sy lewe opgeoffer as plaasvervanger vir ons, dat ons saam met Hom kan lewe. Ons moet net ons geloof in Hom plaas. Sikhisme, aan die ander kant, misluk om die ewige gevolge van sonde aan te spreek, die rolle van God se goedheid en regverdigheid en die mens se totale verdorwenheid.

Om saam te vat, kan ons sê dat Sikhisme historiese en teologiese spore toon van beide Hindoeïsme en Islam, maar nie behoorlik verstaan kan word as oorwegend hibride van hierdie twee nie. Dit het ontwikkel in ‘n afsonderlike godsdienstige stelsel. ‘n Christen kan ten opsigte van sommige punte met die Sikh op gemeenskaplike terrain beweeg, maar uiteindelik kan die Christendom en Sikhisme nie met mekaar versoen nie.



English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is Sikhisme?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries