settings icon
share icon
Vraag

Wat beteken dit dat Jesus die Seun van die Mens is?

Antwoord


In die Nuwe Testament word daar 88 keer na Jesus as die “Seun van die Mens” verwys. ‘n Eerste betekenis van “Seun van die Mens” is ‘n verwysing na die profesie van Daniël 7:13-14, “My nagtelike visioen het voortgeduur: daar het in die wolke iemand aangekom, iemand soos ‘n menslike wese. Hy het na Hom toe gegaan wat ewig lewe en is voor Hom gebring. Aan dié menslike wese is die heerskappy en eer en koningskap gegee sodat al die volke, nasies en taalgroepe hom sou dien. Sy heerskappy is ‘n ewige heerskappy, dit sal nie tot niet gaan nie; sy koningskap sal nie ophou nie.” Die beskrywing “Seun van die Mens” dui op ‘n Messiaanse titel. Jesus is die Een aan wie die heerskappy, eer en koningskap gegee is. Toe Jesus hierdie frase gebruik het, het Hy die profesie oor die“Seun van die Mens”aan Homself toegewys. Die Jode van daardie tyd was intens bekend met dié frase en na wie verwys geword het. Jesus het na Homself verwys as die Messias.

‘n Tweede betekenis van die frase “Seun van die Mens”, is dat Jesus werklikwaar ‘n menslike wese was. God het die profeet Esegiël 93 keer “seun van die mens” genoem. God het eenvoudig vir Esegiël ‘n menslike wese genoem. ‘n Seun van die mens is ‘n mens. Jesus was volledig God (Joh 1:1), maar Hy was ook ‘n menslike wese (Joh 1:14). 1 Joh 4:2 sê, “Hiéraan ken julle die Gees van God: elkeen wat bely dat Jesus werklik die Christus is wat mens geword het, het die Gees wat van God afkomstig is.” Ja, Jesus was die Seun van God – Hy was in Sy wese God. Ja, Jesus was ook die Seun van die Mens – Hy was in Sy wese ‘n mens. Ter opsommenderwys, die frase “Seun van die Mens” dui aan dat Jesus die Messias is en dat Hy werklikwaar ‘n mens is.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat beteken dit dat Jesus die Seun van die Mens is?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries