Vraag
Het Satan die mag om die weer te beheer?
Antwoord
Die toenemende getal van natuurlike rampe en verskriklike storms laat baie mense wonder wie die weer beheer, God of Satan? In Ef 2:2 waar Satan beskryf word as “die owerste van die mag van die lug” en in 2 Kor 4:4 “die god van hierdie wêreld” is daar bietjie bewyslewering vir Satan om beheer oor die weer te hê. ‘n Ondersoek van die Skrif openbaar egter, wat ookal Satan en sy demone se invloed oor die weer kan wees, word beperk deur God se uiteindelike soewereiniteit. Die duiwel, ons “opponent,” moet ernstig opgeneem word; ons moet sy bestaan erken en sy beperkte mag oor die sekulêre wêreld. Terselfdertyd is Satan, ‘n gevalle engel, super-mens, maar nie goddelik nie, met slegs die mag wat God uiteindelik toelaat (2 Tess 2:6-11).
Indien Satan die weer sou impakteer, sou dit slegs deur God se vergunning wees en met ‘n beperking, soos in Job se geval. Satan was deur God toegelaat om Job te pynig, om hom sodoende te toets en dit het God se weerlig en vuur ingesluit, “weerlig het die kleinvee en hulle wagters doodgeslaan en verbrand” (Job 1:16). Dit was gevolg deur “’n sterk wind van die woestyn se kant af” (moontlik ‘n tornado) wat sy oudste seun se huis verwoes het en Job se kinders is toe ook dood (verse 18-19). Dus, as die vuur vanuit die hemel en die tornado op een of ander wyse deur Satan veroorsaak was, was hulle steeds onder die uiteindelike beheer van God, vir Sy doeleindes.
Dit is God, nie Satan nie, wat die weer beheer (Eks 9:29; Ps 135:6-7; Jer 10:13).
God beheer die uitspansel en die reёn (Ps 77:16-19).
God beheer die wind (mark 4:35-41; Jer 51:16).
God hou alle dinge deur Sy magswoord in stand (Hebr 1:3).
God het mag oor die wolke (Job 37:11-12, 16).
God het mag oor weerlig (Ps 18:14).
God het mag oor die hele natuur (Job 26).
God is in beheer van alle dinge, insluitende die weer. Deur Sy voorsiening voorsien God vir Sy kinders en beskerm hulle, maar Hy laat Satan, demone en die mensdom toe om hul beperkte wil uit te oefen, om sondige handelinge, boosheid en slegte dade te pleeg. Hierdie selfde wesens is ten volle verantwoordelik vir enige en alle mensgemaakte rampe en tragedies wat hulle veroorsaak. Ons weet dat God bepaal het, wat ookal moet gebeur (Ef 1:11; Rom 11:36), en dus is Sy onsigbare hand in ons pyn, selfs al kan Hy nie sondig of die aanhitser van boosheid wees nie (Jak 1:13-17).
Daar kan geen betekenislose lyding vir die gelowige wees nie, óf die lyding veroorsaak is deur die mensdom óf deur ‘n natuurlike gebeurtenis. Ons weet nie altyd hoekom bose dade of naturlike rampe plaasvind nie, maar ons kan verseker wees dat in al ons beproewings en swaarkry is God besig om alle dinge te laat saamwerk tot Sy eer en om dit vir ons ten goede te laat meewerk tot in ewigheid (Rom 8:18-28).
English
Het Satan die mag om die weer te beheer?