Vraag
Het Satan steeds toegang tot die hemel?
Antwoord
Satan was oorspronklik een van God se heilige engele, maar hy het teen God gerebelleer en was uit die hemel gegooi (Luk 10:18). Dit was slegs die eerste fase van sy straf. Satan se koninkryk was verslaan by die kruis (Joh 12:31-32). Later sal hy vir duisend jaar gebind wees in die “onderaardse diepte” (Openbaring 20:1-3) en dan sal hy “in die poel van vuur en swael” vir ewig gegooi word (Openbaring 20:10).
Tot sy finale straf, is Satan die “owerste van die wêreld” (Joh 14:30), maar dit wil voorkom asof hy steeds beperkte toegang tot die hemel het. In Job 1:6 staan Satan in die teenwoordigheid van God. Daar is ‘n soortgelyke situasie in 2 Kronieke 18:18-21, waar ‘n “leuengees” betrokke is.
Aangesien God Heilig en absoluut sondeloos is (Jes 6:3) en aangesien Hy in Sy reinheid selfs nie na die boosheid kan kyk nie (Hab 1:13), hoe kan Satan in die hemel wees? Die antwoord sluit God se soewereine weerhouding van sonde in. In Job 1 staan Satan voor God om verslag oor homself te gee. God het die ontmoeting gereёl, die verrigtinge gelei en in absolute beheer gebly (vers 7). Die gevolg was dat Satan se mag beperk was (vers 12) en God was verheerlik.
Hier is ‘n paar ander feite om op te let: 1) Satan het nie openlik toegang tot God se teenwoordigheid nie. Hy word deur God ontbied. 2) Die besoeke is tydelik. Sy tyd voor God se troon is beperk. 3) Op geen wyse word die reinheid van die hemel besmet deur ‘n vinnige verskyning nie, deur God se beplande teenwoordigheid van ‘n sondige wese nie, “onder kwarantyn” geplaas, deur God se gereguleerde mag. 4) Satan se toegang word slegs toegestaan net voor die finale oordeel. Na die oordeel, skep God ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde (Openbaring 21:1), vee alle trane van ons oё af (vers 4), openbaar die Nuwe Jerusalem (vers 10), en beloof die totale afwesigheid van sonde (vers 27).
As ons sê, “God kan nie sonde in die hemel toelaat nie,” meen ons eenvoudig dat God nie menslike wesens wat steeds sondig, kan toelaat om in Sy teenwoordigheid te lewe nie. Maar dit is moontlik vir God om ‘n sondige wese toe te laat om tydelik in Sy teenwoordigheid te staan, om hom sodoende opdrag te gee (Jes 6), om ‘n verklaring van hom te kry (Job 1-2), of om hom te oordeel (Openbaring 20:11-15) sonder om Sy heiligheid prys te gee. God se heiligheid sal uiteindelik alle sondes verteer. Tot op daardie dag sal Sy heiligheid sonde reguleer en dit beteken dat Satan in sekere gevalle, kortliks voor Sy Skepper moet staan om verslag te gee van sy
handelinge.
English
Het Satan steeds toegang tot die hemel?