Vraag
Was Satan die slang in Genesis 3?
Antwoord
Ja, die slang in Genesis 3 was die Satan. Hy het egter voorgekom as ‘n slang, beheers deur die duiwel, deur Adam en Eva te mislei, deur hulle te laat glo dat dit die slang was wat met hulle gepraat het. Slange/adders besit nie die vermoё om te praat nie. Openbaring 12:9 en 20:2 beide beskryf Satan as ‘n slang. “Hy het die draak, die slang van ouds, wat die duiwel en die Satan is, gegryp en hom vir duisend jaar vasgebind” (Openbaring 20:2). “Want die groot draak, die slang van ouds, wat die duiwel en die Satan genoem word en wat die hele wêreld verlei, is uit die hemel uit gegooi. Hy is op die aarde gegooi en sy engele saam met hom” (Openbaring 12:9).
Aangesien die Bybel nie duidelik is óf die slang opgestaan het óf nie of gestap het voor die vloek, wil dit voorkom of, soos ander reptiele, dit heel moontlik op vier bene geloop het. Dit lyk na die beste verduideliking van Gen 3:14, “En die Here God sê vir die slang: ‘omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die diere. Op jou pens sal jy seil en stof sal jy eet, jou lewe lank.’” Die feit dat die slang vervloek was om op sy pens te seil en die stof van die aarde te vreet vir ewig, is ook ‘n manier om aan te dui dat die slang vir ewig verag sou wees en op neergesien word as ‘n gemene en veragtelike kreatuur en ‘n voorwerp van veragting en minagting.
Waarom het God die slang vervloek toe Hy geweet het dat dit eintlik Satan was wat Adam en Eva in sonde gelei het? Die lot van die slang is ‘n illustrasie. Die vloek van die slang sal eendag die lot van Satan self wees (Openbaring 20:10; Eseg 28:18-19).
English
Was Satan die slang in Genesis 3?