Vraag
Kan Satan ons gedagtes lees of ken hy ons harte?
Antwoord
Eerstens is dit belangrik vir ons om te onthou dat Satan nie alomteenwoordig is nie – hy kan nie in meer as een plek tegelyk wees nie. Slegs God is oral en slegs God weet alles, terwyl Satan op sy menigte demone moet staatmaak om aan sy versoek te voldoen.
Kan Satan en/of sy demone ons gedagtes lees? Nee. 1 Kon 8:39 sê dat God alleen elke mens se hart ken. Daar is niemand anders wat daardie vermoё het nie. God weet wat ons wil sê voordat ons dit uitspreek, terwyl die gedagte steeds nog besig is om geformuleer te word (Ps 139:4). Jesus, wat God in die vlees is, vertoon die goddelike kwaliteit om mense se gedagtes te ken: “Hy het nie nodig gehad dat iemand Hom iets van ‘n mens vertel nie, want Hy het self geweet hoe mense is” (Joh 2:25; Matt 9:4; Joh 6:64).
Die Bybel leer ons dat Satan magtig is. Hy was waarskynlik die hoogste van al die gevalle engele, aangesien hy oorredend genoeg was om een derde van die engele te oortuig om mee te maak in sy rebellie (Openbaring 12:4). Selfs na Satan se val, het selfs nie Migael die aartsengel gewaag om hom te konfronteer, sonder die Here se hulp nie (Judas :9). Satan is “die vors van die onsigbare bose magte, die gees wat daar nou aan die werk is in die mense wat aan God ongehoorsaam is” (Ef 2:2b). Satan se mag het egter sy limiete en om ons harte te ken, so wil dit voorkom, is bokant sy vermoё. Dit sou alwetendheid verg van Satan en sy demone om ons harte te ken en ons gedagtes te lees, wat hulle nie het nie. God is die enigste Een wat ons gedagtes kan ken. Satan en sy demone egter observeer en versoek menslike wesens al vir duisende jare. Hulle het vir seker ‘n paar dinge geleer aangaande ons gedurende die jare. Selfs sonder die vermoё om ons gedagtes te ken, kan hulle ‘n goeie raaiskoot saamstel, beter as wat ons kan dink en dan poog om dit tot hul voordeel te gebruik. Dit is waarom ons gemaan word, “Onderwerp julle dan aan God” (Jak 4:7a), voordat aan ons gesê word, “Staan die duiwel teё” (Jak 4:7b).
English
Kan Satan ons gedagtes lees of ken hy ons harte?