settings icon
share icon
Vraag

Is Satan in die hel? Waar is Satan?

Antwoord


Op die oomblik is Satan nie in die hel nie. Satan swerwe eerder op die aarde rond, besig om mense te soek om te verlei in sonde en sodoende van God te vervreem. 1 Pet 5:8 sê, “Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.” In Joh 14:30, noem Jesus die Satan “die owerste van die wêreld,” en die apostel Paulus verwys na hom as “die vors van die onsigbare bose magte, die gees wat daar nou aan die werk is in die mense wat aan God ongehoorsaam is” (Ef 2:2). Satan lewe nie in die hel nie; hy lewe en werk op die aarde en sirkel in die hemel rond.

Satan is “die vader van die leuen” (Joh 8:44), en hy beïnvloed en regeer die wêreld op hierdie oomblik. Satan begeer aanbidding (Matt 4:9) en hy gebruik bedrog en verwarring om die mens se fokus op homself te plaas. Die wêreld aanbid Satan op die een of ander wyse, behalwe vir hulle wat aan God se Koninkryk behoort en geroep is uit die duiwel se misleidings. As iemand nie ‘n kind van die Here is nie, is hy by gebreke ‘n kind van Satan (sien Joh 8:44; Hand 13:10). 1 Joh 3:10 vertel ons hoe om tussen die twee te onderskei: “Hiéraan is dit duidelik wie kinders van God en wie kinders van die duiwel is: iemand wat nie regverdig lewe nie en nie sy broer liefhet nie, behoort nie aan God nie.” Jak 4:4 verduidelik dat enigeen wat ‘n vriend van die wêreld is, is ‘n vyand van God.

Dit is belangrik om te weet, want spoedig sal Jesus na die aarde terugkeer en bymekaarmaak wat aan Hom behoort. Hy sal die volgelinge van Satan verslaan en Sy uitverkorenes vir Homself neem. Uiteindelik sal Satan in die vuurpoel gegooi word en “sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid” (Openbaring 20:10). Daarna sal Jesus ongelowiges oordeel volgens wat hulle gedurende hul lewens gedoen het. Enigeen wie se naam nie geskrywe is in die Boek van die Lewe nie, word in die poel van vuur gegooi, waar Satan en sy magte op daardie tydstip sal wees (Openbaring 20:13,15). Die hel en die dood word ook in die vuurpoel gegooi (Openbaring 20:14), dus, tegnies gesproke sal Satan nooit in die hel woon nie, maar hy sal permanent in ‘n baie warm plek ingeperk wees, wat genoem kan word ‘n “helse” plek, om vir ewig daar gepynig te word.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is Satan in die hel? Waar is Satan?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries