settings icon
share icon
Vraag

Wat is Rastafarianisme?

Antwoord


Die woord “Rastafarianisme” bring dikwels die stereotipiese beelde van “dreadlocks” (lang vlegsels of natuurlike haarlokke), ganja (marijuana), die strate van Kingston, Jamaica en die “reggae rhythms of Bob Marley.” Rastafariërs het geen universele erkende leiers nie, geen universele gedefinieerde beginsels nie. Dit is ‘n swart bewussynsbeweging – Afro-Karibiese – en daar is ‘n gaping tussen die godsdiens en die bygaande sosiale bewustheid, sodat mense kan waardeer wat Rastas probeer om sosiaal te doen, terwyl die godsdiens nie omhels word nie.

Die beweging kry sy naam van die titel “Ras Tafari.” In die Ethiopiese (Amharic) taal, beteken “ras” “head,” “prince,” of “field marshal,” en “tafari” beteken “to be feared.” Binne die stelsel van die Rastafarianisme, is die term ‘n verwysing meer spesifiek na Ras Tafari Makonnen (1892-1975), wat die Ethiopiese Keiser Haile Selassie 1 geword het (sy Christelike doopnaam) by sy kroning in 1930, toe Selassie gelaai was met titels soos:” Lion of Judah, Elect of God, King of Kings.” Dit het ‘n skokgolf deur die Afro-Karibiese kultuur gestuur. In die strate van Kingston, Jamaica het predikers soos Joseph Hibbert begin verklaar dat Haile Selassie die langverwagte Messias was, die Wederkoms van Christus. Dit was die geboorte van een vertakking van die Rastafari, wat na Selassie gekyk het as die lewende God en swart messias, wat die bestaande orde omver sou gooi en sou leiding neem in ‘n regering van swartes.

‘n Ander baan van die Rasta het opgespring langsaan die messiaanse groep. Hierdie groep se wortels lei na Leonard Percival Howell en het definitief Hindoe elemente. Iewers in die vroeë tot middel 1930’s, het Howell ‘n pamflet met 14 blaaie geskep, “The Promised Key,” wat die grondslag gelë het vir die tweede groep waar Rastafarianisme beïvloed is deur Hindoeïsme met Rosekruiers (Rosicrucianism). ‘n Klomp van die leiers was ook Vrymesselaars. Die resultaat was soort van Ratafariaanse panteïsme wat kyk vir “the Lion Spirit in each of us: the Christ spirit.”

‘n Samevatting van die Rastafariaanse teologie, soos waargeneem in die panteïstiese groep: die opvatting dat “God is man and man is God”; dat verlossing aards is; dat die menslike wesens opgeroep word om die lewe te vier en te beskerm; dat die gesproke word as ‘n manifestasie van die goddelike teenwoordigheid en mag (beide) kan skep en vernietiging bring; dat sonde beide persoonlik en verenig is; en dat Rasta broeders die gekose mense is om God se mag te manifesteer en vrede te promoveer in die wêreld.

Beide bane van die Rastas is in direkte kontras met die geopenbaarde Woord van God in die Bybel. Eerstens, Haile Selassie is nie die Messias nie. Hulle wat hom aanbid as sodanig, aanbid ‘n valse god. Daar is slegs een Koning van Konings, een Leeu van Juda en dit is Jesus Christus (lees Openbaring 5:5; 19:16), wat in die toekoms sal terugkom om Sy vroeë aardse koninkryk op te rig. Voorafgaande Sy koms, sal daar ‘n groot verdrukking wees, en daarna sal die hele wêreld vir Jesus “die Seun van die mens op die wolke van die hemel sien kom met groot krag en majesteit” Matt 24:29-31). Haille Selassie was ‘n mens en soos alle mense is hy gebore, het geleef en gesterf. Jesus Christus, die ware Messias, lewe en sit aan die regterhand van die Vader (Hebr 10:12).

Die panteïstiese vertakking van die Rastas is ewe vals en gebaseer op dieselfde leuen wat Satan aan die mensdom vertel het, sedert die tuin van Eden: “dan sal julle soos God wees” (Gen 3:4). Daar is een God, nie baie nie en alhoewel gelowiges die inwoning van die Heilige Gees het en ons aan God behoort, is ons nie God nie. “Ek is God, daar is geen ander nie; Ek is God, daar is niemand soos Ek nie” (Jes 46:9). Verderaan, is verlossing nie aards nie, wat ‘n ander anti-Skriftuurlike bewering is, “verlossing deur middel van werke”. Geen getal aardse werke of goeie dade kan ons aanvaarbaar maak vir ‘n heilige en volmaakte God nie, en dit is waarom Hy Sy heilige en volmaakte Seun gestuur het om aan die kruis te sterwe om die straf vir ons sondes te betaal (2 Kor 5:21). Ten slotte is Rastafariërs nie die uitverkore mense van God nie. Die Skrif is duidelik dat die Jode God se uitverkore volk is en dat Hy nog nie Sy plan vir hul redding voltooi het nie (Eks 6:7; Lev 26:12; Rom 11:25-27).



English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is Rastafarianisme?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries