settings icon
share icon
Vraag

Waarheen het die Ou Testamentiese gelowiges gegaan toe hulle gesterf het?

Antwoord


Die Ou Testament leer dat daar lewe na die dood is en dat alle mense na ‘n plek van bewustelike bestaan gaan, naamlik Sheol. Die sondaars was daar (Ps 9:17; 31:17; 49:14; Jes 5:14), en so ook die regverdiges (Gen 37:35; Job 14:13; Ps 6:5; 16:10; 88:3; Jes 38:10).

Die Nuwe Testament se ekwivalent van Sheol, is Hades. Voorafgaande aan Christus se opstanding, beeld Luk 16:19-31 Hades uit, asof in twee ryke: ‘n plek van troos waar Lasarus was en ‘n plek van marteling waar die ryk man was. Die woord “hel” in vers 23 is nie ‘n vertaling van “Gehenna” (plek van ewige marteling) nie, maar Hades (plek van die dooies). Lasarus se plek van troos word “Paradys” genoem (Luk 23:43). Tussen hierdie twee ryke van Hades is “daar ‘n groot kloof” (Luk 16:26).

Jesus word beskryf asof Hy neergedaal het in Hades na Sy dood (Hand 2:27,31; Ef 4:9). Met die opstanding van Jesus Christus lyk dit asof die gelowiges in Hades (dit is die bewoners van die Paradys) na ‘n ander plek verskuif word. Die Paradys is eerder bo as onder (2 Kor 12:2-4).

In ons tyd is dit so, dat as ‘n gelowige sterf, hy/sy “by die Here” is (2 Kor 5:6-9). As ‘n ongelowige sterf, volg hy/sy die Ou Testamentiese ongelowiges na Hades. Met die Wederkoms sal Hades leeggemaak word voor die Groot Wit Troon, waar die ongelowige gestorwenes geoordeel sal word, voordat hulle in die vuurpoel gegooi word (Openbaring 20:13-15).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Waarheen het die Ou Testamentiese gelowiges gegaan toe hulle gesterf het?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries